McBride vs Phahlane in die parlement

Robert McBride Foto: Werner Beukes/SAPA

Die spanning het Dinsdag hoog geloop in die parlement toe die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Khomotso Phahlane, teen die polisiewaghond-hoof Robert McBride te staan gekom het.

Matthew Sesoko, hoof van ondersoeke by die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat (Opod), het gesê dit sal in die belang van geregtigheid wees om Phahlane te skors of om hom met vakansie te stuur terwyl ʼn ondersoek oor sy verhouding met diensverskaffers afgehandel word.

Sesoko het na drie doodsdreigemente verwys wat via SMS aan Opod-hoof McBride en privaatspeurder Paul O’Sullivan gestuur is, die klaers in die ondersoek teen Phahlane.

Hy het gesê een van die fone waarvan die doodsdreigemente gestuur is, word verbind met ʼn polisiebeampte wat by OR Tambo Internasionale Lughawe gestasioneer is. “Dit is moontlik dat getuies, net soos Opod-lede, geïntimideer kan word of dat hul lewens bedreig sal word.”

Sesoko beweer verder dat Phahlane ʼn span saamgeroep het, onder leiding van genl.maj. Ntebo Mabulu, om die Opod-ondersoek direk teen te staan. Hy het gesê lede van die span word deur Opod onder andere ondersoek vir moord, marteling en aanranding.

Hy het gesê Phahlane en sy span se optrede is “nadelig” vir die onafhanklikheid van Opod. “Die optrede [van genl. Phahlane en genl. Mabula se span] is krimineel en ondermyn die parlement.”

Phahlane het egter enige inmenging met Opod se werk ontken en sy span verdedig teen bewerings van marteling. Hy het bygevoeg Opod is disfunksioneel en sy onafhanklikheid “bestaan glad nie”. “Onder die huidige omstandighede kan dit eerder ‘O’Sullivan se polisieondersoek-direktoraat’ genoem word,” het die waarnemende polisiekommissaris gesê. “Ons kan nie toelaat dat Opod gebruik word om iemand se persoonlike agenda te dryf nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

CHRISTA ·

Hulle moet ondersoek instel om te kyk of die polisiebeampte by OR Thambo ook nie dalk weet wie betrokke is by die moord wat vandag daar gepleeg is nie . . . .

NCIS Gauteng ·

En wie se skoothondjie is Phalane? Wie se persoonlike agenda dryf hy?
Phalane is ‘n mooi ene om te praat…

Schalk van der Merwe ·

Hoekom is Pahlane bang vir enige ondersoek, privaat of nie?

marous ·

OPOD vol winter … waneer die wyn bitter word is dit glad nie lekker om te sluk nie . Magoos Bar spook gaan nog lank hier wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.