McBride weer in hof oor beweerde aanranding

Robert McBride Foto: Werner Beukes/SAPA

Robert McBride, hoof van die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat (Opod), het Maandag sy tweede verskyning in die Pretoria-landdroshof gemaak vir die beweerde aanranding van sy tienerdogter.

Die saak is tot 24 Oktober uitgestel vir verdere ondersoek.

McBride staan tereg op aanklagte van kindermishandeling en aanranding met die doel om ernstig te beseer. Hy is op 10 Augustus op borgtog van R10 000 vrygelaat.

Jaco Hamman, vir McBride, het gepoog om ʼn aansoek te bring om die hof te noop om ʼn finale uitstel te gee aangesien die saak gereeld vertraag word. Die landdros het egter die aansoek van die hand gewys en gesê dit is nog te vroeg daarvoor en dat die kwessie by McBride se volgende verskyning ondersoek sal word.

Tefo Mokgoatsane, die staatsaanklaer, het aangedui die uitstel is as gevolg van beeldmateriaal wat nog uitstaande is.

Die landdros het klem gelê op McBride se borgtogvoorwaardes dat hy nie kontak mag maak met enige getuie of hulle deur ʼn derde party mag kontak nie. McBride het die hof deur ʼn ander deur verlaat om die media te vermy.

McBride het vroeër gesê hy wil hê die verhoor moet begin omdat hy sy naam in ere wil herstel.

Maroela Media het vroeër berig die aanklag teen McBride volg nadat sy tienerdogter beweer het haar pa het haar aangerand en probeer wurg. In ʼn verklaring wat McBride onmiddellik ná die voorval uitgereik het, het hy gemeld dat hy haar slegs vermaan het.

“Ek erken dat ek een van my dogters vir wie ek baie lief is, vermaan het. Sy het ten tyde van die voorval reg agter my in die motor gesit. Dit sou onmoontlik wees vir my om te bestuur, haar terselfdertyd ‘aan te rand’ en te ‘wurg’. Sy het ook nie beserings gehad toe ek haar by die huis agtergelaat het nie,” lui die verklaring.

Die tiener het egter aan die media gesê dié aanval was nie geïsoleerd nie en “gebeur die heeltyd”.

McBride het bygevoeg hy is glad nie verbaas oor die aantygings nie omdat dit “waarskynlik van sy teenstanders afkomstig is wat hom nie vroeër as hoof van Opod kon verwyder nie”. McBride insinueer die ondersoek teen Kgomotso Phahlane, voormalige waarnemende hoof van die polisie, is een van die redes waarom die saak teen hom oopgemaak is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Buitestander ·

Gaan hy die keer weer so maklik los kom as die bomontplofing in Durban?

HPV ·

Maak ‘n bomplanter teen onskuldige mense die hoof van OPOD, dan wonder mens hoekom die land so lyk.

Tiger ·

Dan praat ons nie van Cyril Ramaphosa nie!Hys ‘n Kremlin opgeleide saboteur(bomplanter) wat nou wil staan vir president!

Afrikaanse Knaap ·

Hy maak belasting betalers bang, en nie misdadigers nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.