Daniel Padiachy, woordvoerder van McDonald’s in Suid-Afrika, het Maandag in ’n verklaring gesê die kitskosrestaurantgroep is bewus van die onlangse voorval by sy restaurant in Secunda en het bevestig dat die voorval ondersoek word.
“Ons verbintenis om veilige kos aan ons klante te bedien, sal altyd ʼn topprioriteit in ons onderneming bly. Ons neem hierdie saak baie ernstig op en werk saam met alle partye om te verseker dit word opgelos,” het Padiachy gesê.
Maroela Media het vroeër vandag berig Willem en Angeline Bezuidenhout en hul vyf kinders het vroeg Vrydagaand ʼn paar McDonald’s-burgers bestel voordat ʼn afleweringsdiens die wegneemetes by hul huis afgelewer het.
Die egpaar se 13-jarige dogter het enkele happe uit haar burger geneem voordat sy die burger omgedraai en die pootjies van ’n padda sien uitsteek het. Die padda was met mayonnaise besmeer en reeds dood.Angeline het eers McDonald’s se kliëntediens gebel, maar volgens haar man het dié nommer nie gewerk nie. Angeline is toe na McDonald’s waar sy die burger aan die vloerbestuurder gewys het.
“Die bestuurder was met verlof en die vloerbestuurder het telefonies met die bestuurder gesels. Die bestuurder het die vloerbestuurder in kennis gestel dat ons nie die burger se geld kan terugkry nie en dat die restaurant nie vir ons ’n vars burger kan maak nie.”
Volgens Willem het die vloerbestuurder die gesin ook nie om verskoning gevra nie en die skuld op die afleweringsdiens geplaas.
McDonald’s Suid-Afrika sê nou hy is in kontak met die egpaar.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
68 Kommentare
Bel vir Rhama-parra…hy is mos die eienaar van McDonalds
Goodbye McDonalds you won’t see me!!
Ek het nog nooit eers ‘n roomys by McDonalds gekoop nie. Ek weet wat ek eet.
Swakste kitskos restaurant ooit. Doen almal ‘n guns. Sluit hom toe en gooi die sleutels weg.
McFrog Delux meal. En die “bestuurder” besluit het om hulle nie te vergoed of ‘n vars ete te gee nie… ek kan hulle nie boikot nie want ek eet nie hulle “french frog cuisine” nie.