McDonald’s reageer ná padda in burger

Die padda se pootjies het by die burger uitgesteek [Foto: Verskaf]

McDonald’s het nou ’n ondersoek gelas nadat ’n gesin van Secunda in Mpumalanga ’n dooie padda in een van hul wegneem-hamburgers gevind het.

Daniel Padiachy, woordvoerder van McDonald’s in Suid-Afrika, het Maandag in ’n verklaring gesê die kitskosrestaurantgroep is bewus van die onlangse voorval by sy restaurant in Secunda en het bevestig dat die voorval ondersoek word.

“Ons verbintenis om veilige kos aan ons klante te bedien, sal altyd ʼn topprioriteit in ons onderneming bly. Ons neem hierdie saak baie ernstig op en werk saam met alle partye om te verseker dit word opgelos,” het Padiachy gesê.

Maroela Media het vroeër vandag berig Willem en Angeline Bezuidenhout en hul vyf kinders het vroeg Vrydagaand ʼn paar McDonald’s-burgers bestel voordat ʼn afleweringsdiens die wegneemetes by hul huis afgelewer het.

Die padda was met mayonnaise besmeer [Foto: Verskaf]

Die egpaar se 13-jarige dogter het enkele happe uit haar burger geneem voordat sy die burger omgedraai en die pootjies van ’n padda sien uitsteek het. Die padda was met mayonnaise besmeer en reeds dood.

Angeline het eers McDonald’s se kliëntediens gebel, maar volgens haar man het dié nommer nie gewerk nie. Angeline is toe na McDonald’s waar sy die burger aan die vloerbestuurder gewys het.

“Die bestuurder was met verlof en die vloerbestuurder het telefonies met die bestuurder gesels. Die bestuurder het die vloerbestuurder in kennis gestel dat ons nie die burger se geld kan terugkry nie en dat die restaurant nie vir ons ’n vars burger kan maak nie.”

Volgens Willem het die vloerbestuurder die gesin ook nie om verskoning gevra nie en die skuld op die afleweringsdiens geplaas.

McDonald’s Suid-Afrika sê nou hy is in kontak met die egpaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

68 Kommentare

melaney ·

Ek het nog nooit eers ‘n roomys by McDonalds gekoop nie. Ek weet wat ek eet.

Koen ·

Heheeeee. Jy reken. Tensy jy al jou eie kos kweek, weet jy nie wat jy eet nie. Wie weet hoe die deeg in jou brood gemaak word. En wyn word dal met vrot voete gepars. Heheeeeeheheeeeee.

Patch ·

Jy sê jy weet wat jy eet. So jy het ook seker dan nog nooit in enige restaurant geeet nie, ook nie by feeste kos gekoop nie en ook geen ander kistkos plekke besoek nie. As jy maar weet wat in sommige aansit restaurante se kombuise gebeur sal jy, soos Koen sê, maar jou eie vleis en groete moet begin kweek. Dan praat ek nie eers van koswaentjies by markte en feeste nie. Dink daaraan, die koeke en terte by tuisnywerhede….hoe weet jy wat in die bakker se kombuis aangaan wanneer die heerlike koek en tert voorberei word. Slaghuise waar jy jou vleis koop…
Eet jy tamatiesous op jou kos? Haha…EK NIE want ek weet hoe dit in die fabriek lyk. Polony? Dink twee keer.
Nee wat, ek dink nie enige iemand weet regtig wat hulle eet nie, maak nie saak waar jy kos koop nie. As kind het ek baie gehoor, wat nie doodmaak nie, maak groot. Maar ek moet sê die padda-ding sou ook nie met my akkodeer nie. Volgende keer sal ek maar eers my McDonalds/Steers/KFC en selfs Spur burger oopmaak voor ek begin eet.

Jsgroen ·

Restaurant kos is behalwe swak, nie geld werd wat daarvoor gevra word, maw te duur.

Marius ·

Swakste kitskos restaurant ooit. Doen almal ‘n guns. Sluit hom toe en gooi die sleutels weg.

Hannes ·

McFrog Delux meal. En die “bestuurder” besluit het om hulle nie te vergoed of ‘n vars ete te gee nie… ek kan hulle nie boikot nie want ek eet nie hulle “french frog cuisine” nie.

Tiny ·

En wat gaan hulle doen. Sorry sê en dan jou ete vir jou gratis vervang……met een waarin die kombuis staff gespoeg het? En môre doen hulle dit weer met iemand anders…..

piet ·

Dit kan jy van enige voorbereide voedsel of verpakkings se wat jy in enige winkel kan koop. Daar is geen waarborg dat een of ander siek werknemer nie met die voedsel gelol het nie.

Faraway ·

Sabotasie . . . Kom McDonald’s trek n “padda” uit die hoed!

Jannie van Niekerk ·

Nou wonder ek wat regtig gaan gebeur. Seker ook maar doodgeswyg word soos Spur en Kentucky sake.
En die konsessiehouer van die spesifieke tak? Gaan hy suy konsessie verloor sonder dat hy hy terug vergoed word daarvoor en gaan die bestuurder en vloerbestuurder van die soesifieke tak onstlaan word of gaan die kliënte nou rassiste genoem word?

KatjieDeKat ·

Ek eet nooit van MacD nie, om die waarheid te se nie eens by Wimpy of Steers nie. Het al genoeg gril stories gehoor van kombuiswerkers by sulke plekke, wereldwyd. Daar is gereeld besprekings op Amerikaanse forums oor hoe sleg die higiene is, en watter blapse plaasvind. Kos wat op die vloer val en op die klient se bord terug gesit word, veel erger dinge ook. En onthou almal nog die Spur stories. Nee dankie.

Hermann ·

Sê nie dis die keer die geval nie, maar ek dink baie keer plant die verbruiker ook snaakse goed, net om dalk ń verniet ete of geldjie te kry. Padda en Mayo op ń bun, nie vir my nie. Gelukkig is ek nie ń Mcdonalds fan nie

Hermann ·

Ja regtig! Weet anyway nie wat ek gesê het wat jou so pla nie. Dink jy regtig dat alles wat altyd in kos gekry word, so van die winkels af kom, of is daar nie maar n kans dat mense iets sal stage vir media reaksie of ń refund nie. En toe sê ek net dat ek nie ń Mcdonalds fan is nie. Lees mooi wat ek gesê het.

Tubac ·

Ek betwyfel wel jou verwysing na dat dit geplant word. Darem te dik vir n Daalder.

Christine ·

Ag nee hel, wie doen al daai moeite om met die duur petrol terug te ry, oproepe te maak vir ‘n burger wat jy reeds gehad het en teruggee het.

Herms ·

LOL LOL LOL LOL LOL LOL. In China is Froglegs op die menu. Jy is reg Rooikat.

Miena ·

En in Frankryk ook… froglegs is “frog”duur daardie kant!!! en dan is daar nie eers veel vleis aan nie. O rol ek nou my oe, gooi my kop agtertoe en sug!!

Clifford ·

Gee dit nog so 5-10 jaar dan gaan meeste mense in SA besef wat honger is.

Martie Smartie ·

En van alle dinge, MacFrog se woordvoerder is mnr Daniel ….. Padiachy ! he he

Miena ·

Skerp so vroeg in die oggend …Padda – Paddiachy… selfde poeding ander sous reken ek!

Flip ·

Ek het nou al vir 22 jaar nie n sent op mcdonalds uirgegee nie. Na die bewyse aan die lig gekom het van mcdonals in Zambesi rylaan gedurende 2000 waar hulle in die wit kinders se melkskommel ge urineer het en die wit grootmense se burgers gespoeg het, het ek n belofte aan myself gemaak om hulle nooit weer te ondersteun nie. So hulle is al lank terug deur my ge “spur”

Logan ·

jy moet dan maar liefs ophou kos koop oor die algemeen, slefs by PnP…

piet ·

Ek het eenkeer ‘n groot stuk harde plastiek in ‘n pak skyfies gekry. Hierdie padda is egter met opset in die burger geplaas. Seker iemand se idee van ‘n siek grap. Ek het ook al gehoor dat werknemers wat in kos spuug glad nie so ‘n ongewone verskynsel is nie.

Johan ·

Daai is duidelik iemand wat McDonald’s groot skade wil gee nie ‘n manier dat die persoon wat daai burger gemaak het dit nie kon raak sien nie of ‘n werker of die aflewer mense daai padda daar geplant

Nicky ·

Ek koop ook glad nie daar kos nie – als is vir my baie plastiek en smaakloos

VannieBaai ·

Hoekom moet mens jouself eers tot sosiale media wend voordat daar iets aan ‘n klagte gedoen word. Mcdonalds Suid-Afrika ondersoek nou die saak en dit nadat die bestuurder via haar vloerbestuurder dit duidelik laat blyk het dat daar niks aan die saak gedoen gaan word nie. Ek hoop die bestuurder/es gaan ook aangevat word. Maar waar is kwaliteit beheer gewees???? Toemaar, ons almal weet hoe gaan dit by dié tipe kitskosplekke. McFroggie……..ek wag nou vir Nando’s om iets te doen lol!!!!!

Fran ·

Kom ons probeer weer MM…..Toe Macdonalds SA toe gekom het was dit ‘n vereiste dat geen blanke ‘n eienaar mag wees nie. Wegneemplekke stel glad nie blankes aan nie. Daar het jy dit. Waarheid. MM, ek daag julle uit om hierdie te plaas.

Perdeby ·

En wat sal jy doen sou dit met jou gebeur?? Vra maar net.

Jr ·

Eers as dit in die pers kom, wil julle Mc Froggie iets doen. Julle het in my familie vyf customers verloor. Swakste burgers in die land

Perdeby ·

Dink jy nou vir een oomblik hulle gaan lang die pad stop en ‘n dooie padda soek en op die burger sit. Ag asseblief kry ‘n lewe.

Perdeby ·

Ek wonder of die persoon wat dit moedswillig gedoen het weet wat met hom of haar gaan gebeur? Vra die ou van McDonalds in Montana omgewing wat op ‘n burger gespoeg en op FB gespog het daarmee. Hy is 3 weke terug 2 jaar tronk toe gestuur.

Sandra ·

Dis hoekom ek altyd se, in sulke gevalle as jy nie hulp kry by die plek self nie, wend jou tot sosiale media. Die probleem sal van daar af opgelos word.

Chillipit ·

Of die padda nie genoeg is nie… ek is net so verbaas oor die blaarslaai se kwaliteit wat hulle op die burger sit. Wat de hel ???

Toy ·

Gelukkig eet ek nie McDonalds nie, hou gladnie van hulle kos nie, hoender proe gladnie soos hoender nie en beef ook nie soos beef nie.

Pietertjie ·

Waar’s die spin-dokters? “Mac is só lekker selfs die paddas eet hulle dood daaraan!” Die waarheid het mos nie meer staanplek op hierdie ondermaanse nie.

Jakes ·

Die padda wou gaan opsit in die burger ha-hum. Ek koop maalvleis by my slagter en maak my eie burgers. Spandeer nie sent by enige kitskos franchises nie want jy sal geen blanke werkers daar vind nie.

Patch ·

Ek glo nie so nie. Die burgers word verpak in die houers en dan in die bruin papiersak vanuit die winkel. En die padda was reeds dood en het mayonnaise opgehad.

Logan ·

Dit is maar net omdat dit ‘n kitskos plek is dat die nou sensasie veroorsaak, maar om eerlik te wees jy koop elke dag seker groente êrens en tog vat jy elke keer ‘n kans daar ook dat jy ‘n slak of een of ander gogg gaan kry. Kyk na die woolworths padda destyds… Dis nog swak van McD’s om nie die skuld te wou aanvaar nie, ek hoop daardie bestuurder kry ‘n dissipliner. Wie gaan nou kos koop net om ‘n padda op te sit en in te ry vir ‘n nuwe burger?

Ronél ·

Ek koop geen wegneemetes nie…werkers werk nie higiënies nie, in géén kitskosrestaurant nie.

...M... ·

Nou dat die storie die hele SA rondloop, nou wil hulle met die gesin praat?
Lagwekkend!!

Miena ·

Oooh eh eh – McD: die koeel is klaar deur die kerk… of liewer die padda is klaar deur die mayo

Schalk ·

Hoe amper klink die woordvoerder van Mcdonalds se van na Padda …..LOL.

absoluutgatvol ·

Die toppunt is… “Die bestuurder het die vloerbestuurder in kennis gestel dat ons nie die burger se geld kan terugkry nie en dat die restaurant nie vir ons ’n vars burger kan maak nie.”

Heinrich ·

Dis dieselfe probleem met alle kitskos restaurante: die grootkoppe probeer ‘n besigheid hardloop, maar die klaase op grondvlak wat aangestel is met graad 6, die ‘n regte geboortelike kenmerke en burgers pak vir ‘n lewe voel vere en soek net sy salaris aan die einde van die maand; maak nie saak as daar ‘n paar pote uit die patty uitsteek nie. Van kliëntediens weet hulle niks.

Joseph ·

Ek het al gebraaide kokkerot onder in my skyfies gekry. Toe ek dit vir hulle wys wou hulle vir my nuwes gee wat ek natuurlik nie wou hê nie.

Sulke plekke moet baie goeie beheer toepas.. Hulle hanteer verseker nie die probleme met die nodige erens nie.

Hoe gaan die aflewerings maatskappy nou ‘n padda binne in die pappier sak veroorsaak??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.