McDonald’s sê jammer ná padda-voorval

Die padda was met mayonnaise besmeer [Foto: Verskaf]

McDonald’s het die Bezuidenhout-gesin van Secunda, Mpumalanga – wat ’n dooie padda in een van hul wegneem-burgers gevind het – om verskoning gevra oor die manier hoe die restaurant die voorval hanteer het.

Dít nadat die restaurant die aand van die voorval nie die gesin vir die besmette burger wou vergoed nie en ook geweier het om ’n vars burger te maak.

Die kitskosrestaurantgroep het vroeër die week telefonies met die gesin kontak gemaak en erken dat die betrokke restaurant die situasie beter kon hanteer het. Die restaurantgroep het ook beloof om die volle koste van die gesin se ete terug te betaal.

Volgens Willem Bezuidenhout het die restaurantgroep ook aan hom gesê dat die blaarslaai op die burgers direk van die verskaffer af kom en dadelik gereed is om te bedien. “Hulle het erken die blaarslaai word nie gewas voordat dit op die burgers geplaas word nie,” sê hy.

Willem sê die restaurant het die gesin egter nog nie om verskoning gevra oor die padda wat sy 13-jarige dogter in haar McChicken gekry het, of erken dat dit hulle skuld is nie.

Maroela Media het vroeër berig die tiener het verlede Vrydag enkele happe uit haar burger geneem voordat sy die pootjies van ’n padda sien uitsteek het. Die padda was met mayonnaise besmeer en reeds dood.

Willem se vrou, Angeline, het eers McDonald’s se kliëntediens gebel en is toe na McDonald’s, waar sy die burger aan die vloerbestuurder gewys het, maar geen antwoorde of hulp gekry het nie.

Volgens Willem het die vloerbestuurder die gesin ook nie om verskoning gevra nie en die skuld op die afleweringsdiens geplaas.

Die restaurantgroep het intussen ’n ondersoek na die voorval gelas en Vrydag aan Maroela Media gesê die ondersoek is nog nie afgehandel nie.

McDonald’s het Willem laat weet dat hulle Vrydag die burger – wat tans in die gesin se yskas gehou word – sal kom haal.

Die restaurantgroep het in ’n e-pos aan Willem verduidelik in die geval van klagtes waar ’n “vreemde voorwerp” in ’n produk gevind word, word die produk ingesamel vir verdere ondersoek. Sodoende sal die restaurant die bron van die vreemde voorwerp probeer identifiseer.

“Gevalle waar ‘vreemde voorwerpe’ in die kos gevind word, is egter baie skaars binne ons stelsel,” lui die e-pos vanaf die restaurantgroep, wat Maroela Media onder oë gehad het.

Willem het ’n inskrywing oor die voorval op Facebook gemaak en sê die reaksie op dié plasing het sy verwagtinge oortref.

“Die oorgrote meerderheid van die mense op sosiale media vind aanklank by die debat oor voedselveiligheid in die kitskosbedryf en lewer ’n positiewe bydrae tot die onderwerp.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Manie ·

Versprei die nuus orals, op elke moontlike platvorm. Stuur dit ook aan Ramaphosa wat die SA Franchisor is.

Jannie van Niekerk ·

Die berig begin: “McDonalds het die gesin om verskloning gevra/…” maar mnnr Bezuidenhout sê McDoalds het NIE om verskoning gevra vir die padda in die burgner nie. Watter deel van die berig is nou korrek?

Tersia ·

Jannie van Niekerk, so ver ek kan aflei het McDonald’s hoofkantoor om verskoning gevra, maar die tak waar hulle die burger gekoop het, het nog nie.

Misky ·

Laasweek en vroeër die week, het hulle geswyg en nou, vanoggend eers omverskoning gevra. Byna week na die voorval.

Phillip ·

Dis maklik – Die restaurant se hoofkantoor het jammer gesê oor hoe die plaaslike tak die situasie hanteer het. Hulle het EGTER nie jammer gesê oor die PADDA op die patty nie.

piet ·

Hulle het verskoning gevra oor hoe die tak die situasie hanteer het. Hulle het nog nie verskoning gevra oor die padda nie want dit word nog ondersoek.

jou gewete ·

soos ek verstaan het hoofkantoor verskoning gevra vir die manier waarop die situasie hanteer is en belowe om geld terug te gee maar niemand het verskoning gevra vir die padda se verskyning nie

Wielspore ·

Groen gewasse, insekte, wurms en paddas is deel van die natuur se habitat, as die mens dit wil verander moet hy nodige voorsorg maatreels tref deur kwaliteit en beheerpunte te implementeer. As kwaliteit en beheerpunte nie werk dan kom ongewenste gediertes by kos uit.
McDonalds kan verduidelik soveel hulle wil, kwaliteit en beheer is nie na behore toegepas en hulle moet maar die bullet bite.
Die verbruiker het met regte geld betaal en hy vewag in ruil daarvoor die produk wat hy gekoop het.

HJvdb ·

Ons eet lank al nie meer kitskos nie. Jy weet nie hoe skoon die hande is of waar die hande laas gevat of gevryf het nie. Teveel voorvalle die laaste paar jaar aangemeld. En ek glo 90% van wat gebeur in die kombuis en hoe jou kos nateer word weet jy nie eers van nie……..

marius ·

Korrek . Maak self burgers met my eie patties . Dalk bietjie duurder maar ten minste voel ek nie naar as ek daarna kyk nie .

Henry ·

Hulle verloor seker baie verkope
Dit is hoekom hulle eweskielik die geld wil terug betaal.

jou gewete ·

moenie glo nie, dalk so n paar verkope maar kitskos sal meeste mense koop

Vanessa ·

Nee wat, ek sal nooit weer kos koop by hulle nie. As dit ek was sou ek nie eers ‘n ander burger gevat het nie. Ek gril my dood.

Swerwer ·

So dankbaar ons het jare gelede al besluit na die voorval waar daar op kliënte se kos gespoeg was dat daar nie meer McDonald’s of enige ander wegneem etes gekoop gaan word nie. Ons eet ook slegs by Restaurante wat ons ken en weet wie die kos voorberei.

Alta Alleman ·

Ek sê weer….daai padda is daar geplant. Die persoon wat die burger gemaak het moet asb verduidelik en as dit nie hy/sy is nie dan is dit onmoontlik om n burger te bedien sonder om hom te sien.

Peony ·

Absoluut…ek stem 100% saam met jou. Hoe op dees aarde mis jy ‘n padda op die blaarslaai?

melaney ·

Stem 100% saam met jou. Die persoon wat daardie burger aanmekaar gesit het, het met opset die padda daar gesit. Dit is so duidelik.

Martie ·

Hulle moet daardie vloerbestuurder PLUS die wat een wat die burger gemaak het sumier afdank, hoe blameer jy die aflewerings diens? Kyk hulle nie wat hulle op die burgers sit nie???

Willempie ·

McDonalds die bron van die “vreemde voorwerp” is ‘n proses genaamd “voortplanting”…. m.a.w. Pa-padda + Ma-padda = “vreemde voorwerp ” = nog ‘n padda.

Nie Verbaas ·

“Gevalle waar ‘vreemde voorwerpe’ in die kos gevind word, is egter baie skaars binne ons stelsel,” Behalwe vir die gemors wat op die kos spoeg. Koop niks meer by McDonald’s nie.

Papsak ·

Hou verskonings daar word morsig gewerk met kos MC DONALDS maak julle plek skoon en kry beter mense wat met kos moet werk hou verby ek eet glad nie take aways nie lelike goed al gehoor van dit

Papsak ·

Padda daar in gesit want as jy kyk wie werk met die kosse kan jy dit verwag hulle morsig goed val op grond jy sien dit nie en word opgetel en op jou kos gesit sies !!!!!!!!!

Linda ·

By een spoeg hulle in jou McFlurry en neem dit op video op. By die ander bedien hulle padda op mayonaise en reken sulke voorvalle gebeur maar min. Nee dankie, hou maar verby . Wat van al die gevalle wat ons nie van weet nie?

Tubac ·

Eenvoudig. Ek Spur hulle en al my vriende doen nou dieselfde. Sedert die wegneem ete bedryf in onbekwame hande beland het, is daar net probleme .Die wat hulle nog wil ondersteun gaan gerus voort. Eet maar lekker aan GOED voorbereide voedsel!

Di ·

Net 1 keer is genoeg om mense se besluit te verander – Ek sal ook nie weer MC donalds koop nie – Die kwaliteit van die kos het baie agteruit gegaan

sophial ·

Dit kan wel die aflewerings persoon wees, wie gereeld daar aflewer en volgens hom /haar nooit goeie fooitjies kry nie. Mense praat met jong mense wie in restaurante gewerk word julle sal skrik as julle al die stories van kokkerotte wat saam met pizza’s gebak is.

Dit word net afgehaal en jy eet jou pizza onbewus van wie het die pizza met jou gedeel. Moet ook sê dit gebeur selfs met funksies waar die hele skinkbord uitpak slaai val dan moet hulle alles optel en net seker maak daar is nie gras of grond by nie. Wat die oë nie sien nie huil die hart nie oor nie.

Witwax ·

As jy n besigheid het, is hy net goed soos die mense wat vir jou werk. Hulle kan jou besigheid maak of breek.
80% van kits kos resturante in SA se diens is uiters swak.
Ons almal weet hoekom.

JohanR ·

Het die padda,,,,,kwaak…..in die Burger gespring of het iemand hom aspris IN die Burger gesit. Ek het al van gevalle gelees waar iemand ‘n groot greenie in jou milk shake sit omdat jy en hulle harde woorde gehad het.

Waarnemer ·

Daardie padda is volgens die foto darem regtig te groot om per ongeluk saam die blaarslaai op die burger te beland het.Iets klink net nie vir my reg nie..Hierdie padda,is hy gebraai of nie?
Verskeie scenarios is hier moontlik……
1)Die franchise was nalatig en het nie agtergekom die padda hop op die burger nie en het toe maar ge mayonise en die padda het gedood agv die mayonise of….
2)Die outjie wie die burger afgelewer het, het die padda gevang oppad na die aflewerings adres,dit dood gewurg en binne die burger versteek(onder die mayonise of…..
3)Die klient wil n paar rand ui die franchise maak en het die hele ding gestage.
Net my beskeie opinie…..

WILLEM ·

Foute kan insluip by enige besigheid, MAAR dis skokkend die manier wat die restaurant se bestuur dit gehanteer het. Ek vertrou dat die Hoofkantoor disiplinere aksie sal neem!! Die swak beeld na buite gaan die restaurant seer maak.

Porseleintjie ·

Toe sy die burger OMGEDRAAI het, het sy die padda gesien. Die burger word tog in n boksie verpak? Dus, iemand in Mcdonalds se kombuis is hoog die wetter in vir sy/haar werkgewer of vir die aflewerings persoon. Niemand gaan weet wie presies die burger gemaak het nie, maar beslis wie dit afgelewer het.

Andrew ·

Na n ander ou gevang spoeg het moet mens wonder oor die gehalte van werknemer wat McDonalds in diens neem

Perdeby ·

Ek wonder of die bestuurder en vloerbestuurder iets mee gaan gebeur??? Seker nie!

Koen ·

Baie jare gelede (in die 1960’s) was daar ‘n roadhouse in PE wat bekend was vir sy lekker haaspasteie. Mense het van heinde en verre gekom om te koop. Later aan die lig gekom dat hulle katvleis gebruik. Lekker, man. Lekker.

Deon ·

Die “Reputational Damage ” is totaal meer as die aanvanklike finansiële implikasie. “Ek is baie jammer, ek verstaan jy is ontsteld, kom ek kyk hoe ek jou kan help” is die goue woorde in kliente klagtes.

Miskruier ·

Ondersteun eerder my kerk met etes en waar ek help en dus kan sien wat ek eet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.