Mcebisi Jonas bedank ook as LP

mcebisi-jonas-pravin-gordhan

Mcebisi Jonas (middel). Foto: GCIS

Mcebisi Jonas, voormalige adjunkminister van finansies, het as ANC-LP bedank.

Die kantoor van die ANC-hoofsweep het in ‘n verklaring bevestig Mcebisi het bedank met onmiddellike effek van 31 Maart. “Jonas het met absolute onderskeid en toewyding as adjunkminister en LP gedien,” het Nionceba Mhlauli, woordvoerder van die ANC-hoofsweep se kantoor, in ‘n verklaring gesê.

Jonas is saam met Pravin Gordhan, voormalige minister van finansies, die trekpas gegee toe pres. Jacob Zuma verlede week sy kabinet geskommel het.

“Ons wil namens die ANC in die parlement vir Jonas dankie sê vir sy onbaatsugtige diens as openbare verteenwoordiger. Ons is seker dat hy sal voortgaan om die land en ons beweging in ‘n ander kapasiteit te dien in die toekoms. Ons wens hom alle sterkte toe.”

Jonas se bedanking volg kort op die hakke van Dipuo Peters wat ook bedank het nadat sy as minister van vervoer die trekpas gekry het.

Lungisa Fuzile, direkteur-generaal van finansies, se bedanking is ook Woensdag deur die Tesourie bevestig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Vincent ·

Ag asb ANC. Jul hom swak behandel en nou bedank jul hom. Jonas begin jou eie party. Goeie mense soos jy hoort nie daar nie.

AL ·

En die sogenaamde intelligensieverslag teen hom uhm? Jul lieg so jul weerspreek julself hê hê hê!
Jonas jy en die ander ANC uitgewekenes, kies vir jul n politieke party wat ons land saam beter en sterker maak vir ons kinders en kleinkinders.
Jul is ons helde van integriteit.

humor ·

huh Met absolute onderskeid en toewyding gedien. Onbaatsigtige diens ens. ens. En tog is hy op n laakbare wyse onder die jis geskop. Konsternasie op die stasie en niemand wil die fluitjie blaas nie. Hoe bring jy die dinge bymekaar.

Chris ·

Sou dit nie meer sin gemaak het om eers teen zuma te stem die 18de April, voordat hy bedank het nie?

oumie ·

Ek dink hul word met die dood gedreig of iets dergliks en een van die dae is daar baie boeke op die rakke om te koop elkeen met sy kant van die storie en almal se storielyn gaan Zuma bevat

Johann ·

Skaamtelose gewetenlose ANC! Lieg so goed en as standaard dat hul hulself glo! Raak ontslae van wie ook al durf integriteit of bekwaamheid wys. Maar nou ja…so hang die bloedhond homself aan sy eie paar mazambas op! Glo ek in my naiewe binnekamer.

piper ·

chris, ek wonder nou ook. sy stem is dalk net daardie een stem wat nodig mag wees.

Chris ·

Ek kry maar die idee, dat al die antie zuma LP’s, een na die ander uitgewerk word. Hy omring homself, slegs met die wat hy vertrou. Ek moet erken, ek het zuma onderskat, baie uitgeslape. Ek kan egter nie sien dat zuma sal gaan, sonder dat daar bloed gaan vloei nie.

Dafer ·

Is dit miskien moontlik dat hierdie bedankings eerder te doen het met die ‘golden handshakes’ as enigiets anders?

Ramkat ·

Absolute hipokriete.
Prys hom ten hemel vir goeie werk gedoen, maar ontslae hom om onbekende redes sonder dat hy geleen their gegee word om homself te verweer.

Elke.keer as ek weer n leuen uit een van hulle se monde hoor.wil ek soek word. Sal moet ophou lees om dehidrasie te voorkom.

Anton ·

…help my indien ek verkeerd is…goed is sleg by die ANC en sleg is goed by die ANC…

Rina Kotze ·

Klip in die bos!

wat van nuwe regering!

Thuli Madonsela as president, Gordan, Jonas en almal wat integriteit getoon het as mede-kabinetslede?

En miljoene Suid-Afrikaners daagliks in gebed vir ons land se herstel. Thulie sal verseker korrupsie uitroei!

Viva SA!

Alida ·

Hulle weet as hulle nie nou bedank nie gaan hulle dalk nie hulle pensioen kry nie want by die tyd dat hulle aftreeouderdom bereik is die staatskas leeggesteel. Gryp nou wat jy kan kry en gaan tree op ‘n rustige plek af LP’s.

oumie ·

Alida daai is n saaitjie wat by my ok lê om geplant te word na 30 jaar het ek nog vier hoor oor voor pension moet ek nou my pie vat en waai vier jaar kan dalk net te lank wees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.