Mchunu: “Vier Meyiwa se lewe”

Die Heldeakker-begraafplaas in Chesterville waar Meyiwa ter ruste gelê is. Foto: Twitter

Die Heldeakker-begraafplaas in Chesterville waar Meyiwa ter ruste gelê is. Foto: Twitter

Senzo Mchunu, premier van KwaZulu-Natal, het Saterdag ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om die lewe van Senzo Meyiwa te vier.

“Ons moet nie rou oor sy dood nie maar die lewe van ʼn held vier,” het Mchunu aan duisende roubeklaers gesê by Meyiwa se begrafnisdiens by die Moses Mabhida-stadion in Durban.

Mchunu het Meyiwa as ʼn “reus” bestempel en aangekondig dat die provinsie binnekort ʼn sokkerakademie sal bekend stel en dat hulle Meyiwa se familie sal nader vir toestemming om dit na hom te vernoem.

Mchunu het ʼn streng waarskuwing aan kriminele gerig. “Ons veroordeel die oortreders van die misdaad ten sterkste. Kriminele is nie in beheer nie, ons is. Ons sal aanhou om teen hulle te veg. Moenie paniekbevange wees nie, kriminele weet waar hulle hoort.”

Meyiwa se oorskort is na die diens na die Heldeakker-begraafplaas in Chesterville vervoer waar hy ter ruste gelê sal word. Duisende mense het die diens bygewoon.

Meyiwa, kaptein en doelwagter van Bafana Bafana en Orlando Pirates, is Sondagaand tydens ʼn vermeende rooftog by sy vriendin se huis in Vosloorus doodgeskiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Dave ·

Dit is ‘n blatante leun. Nie hulle nie maar kriminele is in beheer. Hulle probeer ook nie eens hard om beheer oor te neem nie.

Marco Pretorius ·

Dave, dis nie net ‘n blatante leuen nie, dis sommer GROOT LIEG. Sy woorde, ‘moenie paniekbevange wees nie’, hiermee verwys ek na die jongste plaasmoord, hoe kan die mense wat daaraan blootgestel was, en spesifiek die tiener wat verkrag is, nie paniekbevange wees nie.

grant ·

Why houner someone that did nothing for me. In my eyes he was just another victim and no hero. He wasn’t God just a normal person

connie Georgiou ·

Stem saam met Grant,hoekom moet ons Senzo se lewe vier? Dit is jesus wat vir ons gesterf wie se lewe ons moet vier. Senzo was maar net a sondaar en het dalk ewigheid ingegaan sonder God! A fearfull thing to fall in the hands of a Living God.

Babs ·

“Veroordeel oortreders van DIE misdaad”. Wat van moordenaars van boere en onskuldige blankes. Hoekom word hulle oortredes nie veroordeel. Tipies ANC. Ek glo net sokker ondersteuners het geweet wie hy is.

JdeW ·

Mchunu. Kom ons vier al die lewens van Boere wat vermoor is op hul plase en waaroor julle juig dan begin ons sommer by gister se boer wat dood is vir wat.

Vliegie ·

Ag die regering maak my siek. Hul denkwyse opervlakkig. Alles is n bose kringloop. Mense kry nie werk nie, omdat die regering nie nuwe werksgeleenthede kan skep nie. Hul retrench duisende blankes om vir die nie blankes die blankes se werk te gee. Dit is nie werk skepping nie maar diskriminasie. Mense wend hul dan na crime, Die mense wat nie n inkomste het nie!. Vermoor dan boere ens. Wat ook direk werkgewers is, so meer mense sit sonder werk. Dus meer en meer mense wend hul tot crime!. Down spiral na n extreme fatal crisis. Ek kan nie die regering se way of thinking verstaan nie. Makes no sense!. En jammer om te se!. Maar ek het nie n clue wie die sokker speler is nie, maar in my oe is hy beslis nie n god nie!.

Andaleroux ·

Suid-Afrika bloei oor elke lewe wat geneem word. Ons leef in ‘n donker tyd, ons leiers faal die gewone burgers op feitlik elke terrein. God het mans as leiers geskep om die samelewing te bewaak en te beskerm sodat ons almal, maar spesifiek vroue en kinders, in rustigheid kan lewe. Maar die mans het so passief geword weens die oorlog wat in elkeen van hulle se denke woed. Oorlog? Ja meneer, jy beskerm jou eie denke met ‘n staalhek sodat niemand kan weet van die vuil lewe wat jy daar voer nie! Jou denke wemel van pornografiese beelde, seksuele wellus, genotvolle ervarings, ens. Selfs godvresende mans steek toenemend hierdie morele lyn oor. Talle predikante bely hierdie gedrag. Die gevolge is brutaal destruktief: Jy word passief, want jou denke word hierdeur beheer. Mans, word wakker! Breek weg uit hierdie verslawende rituele, dis selfs gevaarliker as ‘n lyntjie kokaien. Kyk hoe vroue en kinders rondom jou ly. Kyk hoeveel gesinne is weerloos omdat daar nie ‘n pa-figuur is om leierskap te neem nie. Ons as vroue kry bitter swaar, want ons moet rolle vervul waarvoor ons nie geskep is nie. Kry asb jou lewe in orde, want God het jou as leier nodig om Suid- Afrika weer op koers te kry!

moegoe ·

Senzo was born as a STAR,en sy sport loopbaan was hoog aangeskrewe – die premier het die EERBARE gedoen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.