McKinsey gaan byna R1 miljard aan Eskom terugbetaal

Argieffoto (Foto: baptisteh, Pixabay)

McKinsey, ʼn internasionale konsultasiemaatskappy, die nasionale vervolgingsgesag (NVG) se batebeslagleggingseenheid en Eskom het Vrydag ʼn ooreenkoms bereik wat inhou dat McKinsey ingestem het om sowat R902 miljoen aan die nasionale kragvoorsiener terug te betaal.

McKinsey het in ʼn verklaring gesê dié ooreenkoms is nou finaal en dat dit nie ʼn skulderkenning van sy kant is nie.

“Die terugbetaling is ʼn gevolg van Eskom se nie-ooreenkoming van die relevante verkrygingswette en nié as gevolg van enige ongerymdheid of skulderkenning van McKinsey se kant nie,” lui die verklaring.

Die betaling sal luidens die verklaring binne vyf kalenderdae plaasvind.

Eskom het gesê die ooreenkoms is deel van ʼn veldtog om alle geld wat hy in oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur betaal het terug te kry.

Maroela Media het vroeër berig Suid-Afrikaanse owerhede wou McKinsey, wat deur sakevennote van oudpres. Jacob Zuma beheer word, verplig om R1,6 miljard terug te betaal wat die maatskappy verdien het uit ʼn kontrak met Eskom.

Ondersoek is ingestel of McKinsey willens en wetens geld van die kragvoorsiener na die finansiëledienstemaatskappy, Trillian, herlei het as ʼn manier om die kontrak met Eskom te verseker.

Eskom het glo destyds die geld aan McKinsey betaal vir werk wat gedoen is aan ʼn omkeerprogram.

McKinsey is in dié tyd bestuur deur Ajay, Atul en Rajesh Gupta, wat almal noue bande met Zuma het.

ʼn Woordvoerder vir McKinsey het destyds gesê die maatskappy sal sy samewerking aan die owerhede gee in sy ondersoek en is bereid om ongeveer R1 miljard terug te betaal wat aan McKinsey betaal is vir sy dienste aan Eskom.

Die batebeslagleggingseenheid het ʼn bevriesingsbevel op die betrokke fondse bekom terwyl die partye ʼn ooreenkoms beding het.

Phakamani Hadebe, hoof van Eskom, het in ʼn verklaring gesê Eskom is dankbaar dat die moeilike en lang tog nou positiewe resultate gelewer het. “Ons is net so dankbaar vir die ondersteuning en samewerking wat ons van die eenheid en McKinsey ontvang het. Dit demonstreer nou verder dat ons ernstig is oor gevolgebestuur en streef na ʼn nuwe kultuur van verantwoordbaarheid en goeie regering wat noodsaaklik is vir ons volhoubaarheid.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

stella ·

Stem saam. Hoop die geld gaan direk vir Eskom en nie weer in ander se sakke nie.

snorkel ·

as hulle nou nog onwettige verbindings ook aanspreek kan ons mos n prysverlaging kry

Alida ·

Daar is nog baie sulke skelm transaksies wat oopgevlek moet word as die name Gupta en Zuma verskyn.

Dafer ·

Soos ek die berig verstaan is daar nog die klein bedraggie van R700 000 000,00 uitstaande!

Oom Piet ·

Verbeel my Eskom se persverklaring het gelui dat die onwettige/verkeerde betalings wat Eskom (se Finansieele Hoof ) direk aanTrillian betaal het uitgesluit is van die McKinsey skikking, en dat Eskom derhalwe en onverwylt Trillian se aandeelhouers en Eskom se voormalige Finansieele Hoof hof toe kan/ gaan sleep om die vele honderde miljoene met makimum regskostes plus opgehoopte rente , ipso tanto, van hulle gaan opeis.

humor ·

Slim beteken dit nou dat die Guptas en ou Jakop vry is?????

B ·

Ja McKinsey, ek het julle as totaal gewetenloos opgesom met ons ontmoeting gedurende die vroeë 90’s by Iscor toe julle so arrogant en vol van julself was.
Nou het die wiel gedraai…

Sieg ·

Ja dit is nie enige ongeruimdheid nie, dit kom nog as die geld weer aan esdom terug betaal is. Korrupte staatinstansie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.