Mdluli, Barnard weer aangekla

Mdluli (links), Foto: Werner Beukes/SAPA

Mdluli (links), Foto: Werner Beukes/SAPA

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Vrydag bevestig dat aanklagte teen Richard Mdluli, geskorste hoof van die misdaadintelligensie-eenheid, en kol. Heine Barnard weer ingestel gaan word, het Netwerk24 berig.

Volgens die berig is Mdluli en Barnard meegedeel dat hulle op 1 April in die Pretoriase handelshof moet verskyn. Velekhaya Mgobhozi, woordvoerder van die NVG, het aan Netwerk24 bevestig dat albei se regspanne sowel as regsverteenwoordigers van Freedom under Law ingelig is dat die vervolging teen Mdluli voortgaan.

Netwerk24 het berig dat Mdluli en Barnard, ook van misdaadintelligensie, op die aanvanklike aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery sal verskyn. Volgens die berig het Mxolisi Nxasana, nasionale direkteur van openbare vervolging, besluit om die aanklagte weer in te stel.

Mdluli en Barnard het tereg gestaan op aanklagte van bedrog ná die beweerde misbruik van ʼn misdaadintelligensiefonds. Die bedrogsaak het onder meer verband gehou met bewerings dat twee motors vir die eenheid gekoop is.

Netwerk24 berig die bedrog beloop ongeveer R1,28 miljoen, volgens die klagstaat. Die saak teen Mdluli en Barnard is in Desember 2011 teruggetrek sonder dat daar enige redes verskaf is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

lorayne ·

Ek wonder net HOEVEEL van ons belasting geld word spandeer aan hier die hekse jagte wat jare aanhou en net mooi boggerol oplewer?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.