Mdluli gedagvaar vir onredelike vertraging

Richard Mdluli tydens ‘n vorige hofverskyning. (Foto: NVG/OD-kommunikasie)

Die bedrogverhoor van Richard Mdluli, die polisie se voormalige hoof van misdaadintelligensie, is vandeesweek wéér uitgestel omdat hy nie reageer het op die staat se dagvaarding oor onredelike vertraging nie.

Die saak teen Mdluli en sy medebeskuldigdes, die voormalige verkrygingsbestuurder Heine Barnard en voormalige finansiële hoof van die Staatsveiligheidsagentskap Solomon Lazarus, is tot 11 Mei 2022 uitgestel.

Sindisiwe Seboka, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag se ondersoekdirektoraat, sê die saak is uitgestel omdat Mdluli versuim het om te reageer op die artikel 342A-aansoek wat die staat teen hom gebring het op gronde van onredelike vertraging.

Dié aansoek is gebring omdat Mdluli van plan is om ʼn hersieningsaansoek in te dien teen sy voormalige werkgewer (die SAPD) ná sy aansoek om regskoste afgekeur is. “Al die beskuldiges in die saak is deur die SAPD in kennis gestel dat die agentskap nie hul regskoste sal finansier nie.”

Mdluli en sy medebeskuldigdes staan tereg op aanklag van korrupsie, bedrog en diefstal wat met die plundery van die polisie se geheime geldfonds tussen 2008 en 2012 verband hou. Seboka het gesê die aanklagte teen Mdluli en sy medebeskuldigdes hou verband met beweringe van growwe misbruik van die polisie se geheime geldfonds.

“Dit sluit in betaling vir private reise na China en Singapoer, die private gebruik van staatsgetuies se huise, omskakeling van dié eiendomme vir persoonlike gebruik en die verhuring van Mdluli se private woning aan die staat om sy verband te betaal.”

Maroela Media het vroeër berig Mdluli het reeds vier keer tevore versuim om by die hof op te daag en het glo vorige hofverrigtinge misgeloop weens swak gesondheid. Hy het eindelik op 19 Junie 2021 in die hof verskyn nadat ʼn lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik is, maar dié is ook uitgestel. In Julie 2021 is die saak weer tot September 2021 uitgestel.

Mdluli dien tans ʼn vyf jaar vonnis uit in ʼn afsonderlike saak nadat hy skuldig bevind is aan ontvoering, aanranding en ernstige aanranding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Pietertjie ·

Wat ‘n grap! Die saak word weer vertraag omdat die beskuldigde nie reageer op die vertraging-klag nie. Zuma het iets om te leer hier…

Lourens CFG ·

Hierdie is growwe regsvereideling deur ál die partye.
Aangeklaagdes, aanklaers, hof en almal tussenin.
Van zuma, mal emma en die res.

JM ·

Zuma se vertragingspolitiek word deesdae mode onder ander aangeklaagdes. Siek!

Yvonne ·

So word elke saak hanteer….jaar in en jaar uit….die regstelsel is power verby

tierwyfie ·

Wat ‘n grap! Waarom kan die sake dan nie afgehandel as die skuldige nie opdaag nie. Ek kannie glo dat die regters val vir die siekstorie grap nie. Kyk maar ook vir Zuma, was kastig siek die Maandag toe hy in die hof moes verskyn en die Dinsdag hou hy lekker verjaarsdagparty. Daar moet ‘n einde aan hierdie sirkusse gemaak word. Dit kos die belastingbetalers baie geld.

Misky ·

As hy tans ‘n 5 jaar vonnis uitdien, is dit mos maklik om hom in die hof te kry as sy saak voorkom. Hoekom is die gereg so versigtig met die kriminele? Selfde met Zuma en sleep hom tot daar as dit moet!!!!

Jr ·

Nou is jou prokereur so stupid dat hy nie vir jou n terminale siek note by dr Shaky Shaky wat by die Zumpie Nkhandle spreekamer werk reel nie

fs ·

Nou verstaan ek nie… hy dien tans ‘n 5 jaar vonnis uit? So is hy dan nie agter tralies? Dan moet die owerhede hom mos maar net boei en bring.. nie waar? of stap hy ook rond al is hy veronderstel om ‘n vonnis uit te dien? Dit is minagting van die hof – hoekom word hy nie summier gearresteer nie – hoekom geld ander reels vir hom? Enig iemand anders wat ‘n lasbrief het word mos opgesluit…. ek ruik ‘n paar rotte hier

domheks ·

ONS REGSTELSEL IS PATETIES!!
Al die skelms trek toutjies en die howe val daarvoor! Sluit die skuim toe en kry klaar! Hoekom talle kere in hof verskyn – net om uit te stel?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.