Mdluli-verhoor wéér uitgestel

Richard Mdluli tydens ‘n vorige hofverskyning. (Foto: NVG/OD-kommunikasie)

Die bedrogverhoor van Richard Mdluli, die polisie se voormalige hoof van misdaadintelligensie, is Vrydag weer in die hooggeregshof in Pretoria uitgestel.

Mdluli en medebeskuldigdes Heine Barnard en Solomon Lazarus staan tereg op aanklagte van bedrog, korrupsie en diefstal wat met die plundery van die polisie se geheime geldfonds verband hou.

Lazarus is die voormalige finansiële hoof by die misdaadintelligensie-eenheid en Barnard is ʼn voormalige verkrygingsbestuurder.

Sindisiwe Twala, woordvoerder van die ondersoekdirektoraat (OD) van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê die saak is tot 20 Julie uitgestel.

“Dit bied Mdluli die geleentheid om by die staat navraag te doen of hy finansiële hulp van die staat gaan kry. In Mei het die hof Mdluli 30 dae tyd gegee om aansoek te doen. Mdluli se prokureur het aan die hof gesê dat ’n aansoek ingedien is, maar ’n direktief oor hoe ver die proses gevorder het, was nog nie beskikbaar nie.”

Mdluli het om finansiële hulp by die staat aansoek gedoen aangesien hy meen die oortredings waarvan hy beskuldig word, het plaasgevind terwyl hy nog in diens van die polisie was.

Twala het gesê die aanklagte teen Mdluli en sy medebeskuldigdes hou verband met beweringe van growwe misbruik van die polisie se geheime geldfonds. “Dit sluit in betaling vir private reise na China en Singapoer, die private gebruik van huise van staatsgetuies, omskakeling van dié eiendomme vir persoonlike gebruik en die verhuring van Mdluli se private woning aan die staat om sy verband te betaal.”

Mdluli dien tans ’n vonnis in ’n afsonderlike saak uit. Hy het vorige hofverrigtinge misgeloop weens swak gesondheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Persheks Adri ·

Geen regdenkende mens sal haar goedkoop gemors rook nie eish

Willem ·

Nou wil hy hê ons belasting betalers moet vir sy skelm dade betaal

Willem ·

Mdluli word aangekla van diefstal by die Staat. Hy verwag dat die Staat sy regskostes moet betaal!!?? Nou het ek álles gehoor…

Jack ·

Zuma het weggekom met die taktiek so hoekom nie hy nie. Go for it ndluli

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.