Mdluli vrygespreek in hooggeregshof

Richard Mdluli by die Johannesburgse hooggeregshof (Julie 2019) (Foto: Dimpho Maja/African News Agency/ANA)

Richard Mdluli, voormalige hoof van intelligensie, is op vier aanklagte van intimidasie vrygespreek ná ʼn uitspraak in Oktober in die konstitusionele hof bevind het dat sommige dele van die Wet op Intimidasie ongrondwetlik is.

Regter Rahta Mokgoatlheng het Donderdag in die Johannesburgse hooggeregshof sy uitspraak hersien wat betref die vier skuldigbevindings teen Mdluli.

Mokgoatlheng het daarop gewys dat die wet wel bestaan het totdat dit ongrondwetlik bevind is. “Die grondwetlikheid van die wet het verander. Dit beteken nie die wet het nooit bestaan nie.”

Mdluli is skuldig bevind op aanklagte wat verband hou met die ontvoering en aanranding van sy voormalige geliefde se man in 1999. Hy is skuldig bevind op vier aanklagte van intimidasie, twee aanklagte van ontvoering, twee aanklagte van algemene aanranding en twee aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Hy is saam met Mthembeni Mthunzi aangekla oor die misdrywe wat ongeveer 20 jaar gelede gepleeg is.

Mthunzi is skuldig bevind op twee aanklagte van ontvoering, twee aanklagte van algemene aanranding en twee aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Die twee mans is daarvan beskuldig dat hulle Oupa Ramogibe geïntimideer, aangerand en ontvoer het.

Ramogibe en Tshidi Buthelezi, Mdluli se voormalige geliefde, het in Julie 1998 in die geheim getrou. Ramogibe is ʼn jaar later doodgeskiet.

Mdluli het glo alles in sy vermoë gedoen om die verhouding te laat skipbreuk lei.

Aanklagte van moord is teen Mdluli en Mthunzi teruggetrek, maar staatsaanklaers kon hul saak bewys wat betref die ander aanklagte.

Niemand is ooit skuldig bevind op aanklag van Ramogibe se moord nie. Mdluli is daarvan beskuldig dat hy die ondersoek in die wiele gery het.

Albei beskuldigdes het skuld ontken op die aanklagte. Hulle is vrygespreek op aanklagte dat hulle Buthelezi se vriendin, Alice Manana, geïntimideer het en aanklagte van dwarsboming van die gereg.

Die saak duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

schaun ·

Die regstelsel is dus ook geinfiltreer en besig om soos alles in hierdie piesangrepubliek in duie te stort.

Johann ·

As DIE n voorbeeld is van hoe die kaders gaan wegkom met als, insluutende Wetgewing bloot verander, lag MEGA skurke al die pad. Onaantasbaar en Onverandeoordbaar.

Louis leeu ·

Lyk almal van hulle verhewe bo die wet, ontvoering , aanranding en intimidasie is nou reg vir party mense

Mieke ·

Goeie genade!
20 jaar terug, en nog steeds op vrye voet…….
Sekere mense kom letterik met moord weg!
Hoe is dit moontlik?

Ig ·

Dit lyk my die man is darem skuldig bevind aan ‘n paar baie ernstige klagtes. Hy is nie so verhewe bo die wet soos hy ‘n paar jaar gelede was nie.

Ja swaer ·

Die man lag darem nou lekker. Net in SA, hier kan jy wegkom met moord en so aan

Stiks ·

Beskerming van n korrupte kader net soos in Zimbabwe. Kyk waar is hulle vandag

Hendrik ferreira ·

Wat n skande almal wat Mdluli ken of al met hom te doen gehad het weet wat en wie hy is en om vry te loop na al sy dade sê nie veel meer oor die regstelsel as dit nog so genoem kan word nie

JohanL ·

Ek weet nie van wanneer af die Wet dateer nie, maar hoe is dit moontlik dat ‘n Wet op die Wetboek kom wat eintlik ongrondwetlik is?

Indien die Wet van voor 1994 af geld, dan moet ek saamstem met Johann dat hierdie spul kaders bloot ‘n Wet gaan verander, die oomblik as een van “hulle mense” skuldig bevind word aan ‘n Wet.

En so kom iemand wat ‘n ander persoon “vermoedelik” ontvoer en aangerand het, skotvry af. Maar moet tog net nie die k-woord uiter nie. Dan gaan jy summier hof en tronk toe.

Ons regstelsel wat veronderstel is om objektief te wees en die “checks and balances” in ons land te wees, is nou besig om in duie te stort. Dit is kommerwekkend.

Jacques ·

Hulle sal die wet aanpas soos dit hulle pas . Beskerm die kaders met swak verskonings . Net in Afrika .

ES ·

Watter gedeeltes van die Wet op Intimidasie is ongrondwetlik bevind en verklaar? Te gerieflik vir Mdluli… of was die Wet of Intimidasie vanaf die begin net baie swak opgestel voordat dit gepromulgeer was?

Geronimo ·

Sommige van die regsbeslissings lyk vir my eerder na loopbaanbeslissings.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.