Mdluli weer onder vergrootglas

Richard Mdluli. Foto: Werner Beukes / SAPA

Richard Mdluli. Foto: Werner Beukes / SAPA

Die appèlhof het Donderdag beslis dat aanklagte van bedrog en korrupsie teen die voormalige baas van misdaadintelligensie, Richard Mdluli, heringestel moet word.

Die nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV) is op 23 September verlede jaar aangesê om weer kriminele aanklagte teen Mdluli in te stel.

Die hooggeregshof in Pretoria het vroeër ʼn besluit van die NDOV om kriminele klagte teen Mdluli terug te trek, tersyde gestel. Die hof het ook ʼn besluit om Mdluli weer in sy pos as nasionale kommissaris van polisie en hoof van misdaadintelligensie aan te stel, tersyde gestel. Mdluli, die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het teen dié uitspraak geappelleer.

Die NDOV se besluit volg nadat die regsorganisasie Freedom Under Law ’n aansoek by die hof ingedien het waarin hulle versoek het dat die tersydestelling van aanklagte wat teen hom onttrek is, hersien moes word, nadat hy onlangs op dié aanklagte vrygespreek is. Hulle het ook gevra dat ernstige bewerings van moord, ontvoering, korrupsie, bedrog en magsmisbruik ondersoek moet word.

Die NVG het ná die uitspraak gesê hulle gaan eers die appèlhof se uitspraak bestudeer alvorens hulle kommentaar gaan lewer. Lees meer hier.

Lees ook:
Mdluli-aansoek slaag
Mdluli weer in hof vir appèlaansoek
Nuuskommentaar: Murphy’s law vir Richard Mdluli
“Richard Mdluli moet teregstaan”
Mdluli: Nog ʼn spyker in die doodskis
Mdluli-hofsaak tot 21 Junie uitgestel
Hof beslis teen Mdluli
Mdluli hol na arbeidshof
Mdluli vir die tweede keer geskors
President ontken gerugte oor Mdluli-brief
Mdluli-skuif los nie probleem op nie, sê AfriForum
Mdluli uit sy amp “geskuif”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.