Mduduzi Manana bedank as LP

Mduduzi Manana buite die Randburg-landdroshof (13 September 2017) Foto: : Lindi Masinga / ANA

Mduduzi Manana, ANC-LP en voormalige adjunkminister van hoër onderwys, het Dinsdag in ʼn verklaring aangedui hy bedank uit die Nasionale Vergadering.

Die Mduduzi Manana-stigting het ʼn verklaring uitgereik waarin Manana sê die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het hom in kennis gestel dat hy nie verder vervolg sal word op die aanrandingsklag wat sy huishulp teen hom aanhangig gemaak het nie.

Maroela Media het vroeër berig Catherine Wiro, sy huishulp, het  ʼn klag van aanranding teen Manana aanhangig gemaak nadat sy beweer het hy het haar by die trappe in sy huis in Fourways afgestamp ná sy sonder toestemming die deur vir ʼn gas oopgemaak het. Sy het minder as 24 uur later die klag teruggetrek.

Dié saak het gekom slegs ʼn paar maande nadat Manana skuldig bevind is deur die Randburg-landdroshof dat hy drie vroue by ʼn Johannesburgse kuierplek in 2017 aangerand het. Hy het ná dié voorval uit sy pos as adjunkminister van hoër onderwys bedank.

Manana sê voorts in die verklaring alhoewel daar toenemende druk op hom was om uit te tree as lid van die parlement, sou dit voortydig gewees het aangesien die saak nog ondersoek is en dit soos ʼn skulderkenning sou voorkom.

“Nou dat die NVG onafhanklik besluit het daar geen saak teen my is nie, onttrek ek my lidmaatskap van byna tien jaar aan die Nasionale Vergadering vrywilliglik. Dit sal my genoeg tyd en nuwe energie gee om na die werk van my politieke organisasie voor die 2019-verkiesings, my akademiese verpligtinge asook sakebelange om te sien.”

Manana het laat hoor dat hy R1,5 miljoen van sy pensioen aan liefdadigheidsprojekte wat op geslagsgelykheid fokus sal afstaan.

Hy sal ook beurse aan vyf manlike studente toeken om genderstudie aan Unisa te studeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

pieter ·

Amazing hoe die ANCircus mense altyd hulle self laat goedlyk

Johann ·

Whahahahaaaaaa! So hy gaan vir 5 MANS betaal om te “swot”? Wonder wats die slap gewriggie vroue slaner se terrug te “betaal” verwagtinge?

Veronderstel om n skande te wees om te MOET “bedank”, maar tipies ANC LEGACY stap hy met geld en glorie weg?

SjN ·

Hoeveel pensioen kry die nar om soveel uit te deel in so kort tyd, dit is hoekom die land rommel status is, geen benul van geld en bestuur, viva anc

Joshua ·

Shawn Abrahams, MK pel van Jacob Zuma squash nog n saak teen n pel- Abrahams gaan vir Jacob nog help om vry te loop omrede hy die klagtes teen hom afwater tot niks.

Harry ·

Hoe kom hy aan so stewige pensioen ? Magtag hoeveel was sy salaris dan ? Ai

Wynand ·

Hy word voor die bus gegooi om Gerrie Nel besig te hou en wag te lok van groot sake

Johanna Botha ·

Hy bedank en Esedinenie se vrou word aangestel ….waneer word sy vervolg ! ! Sy hoort in die tronk !

Teleurgesteld ·

Lekker om so weg te hol, ek wil graag net weet as dit ‘n wit man was wat vrouens so rondgeklap het .. ook sy huiswerker HOE sou die dinge dan gelyk het? Ek voel tans is daar heeltemal ‘n wanbalans tussen die hantering van blankes se sake en die van anderskleuriges . dit is asof die hele regstelsel en dissiplinere prosesse SOWEL as die MRK oorgeswaai het en glad nie meer so onbevoordeeld is soos wat enige regstelsel/MRK/dissiplinere stelsel in enige land moet wees nie. Baie Teleurgesteld.

Robert ·

Hy is ‘n keuse gegee bedank of word vervolg. Dat die NPA besluit het om nie te vervolg agv van nie-verdoemende getuienis gaan my te bowe. Die video wys duidelik die aanval. Weereens politieke inmenging. Ek hoop hy kry sy dag in die hofdat een of ander organisasie hom aanvat. Die spul is arrogant en dink hulle is “untouchable” :-(

Elred Ferreira ·

As al die skelms in die ANC moet bedank wonder ek of hulle n volle 10 parlements lede sal oorhè…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.