Mduduzi Manana: ‘Ek het myself, elke SA’ner in steek gelaat’

Mduduzi Manana. Foto: Flickr/Governmentza.

Mduduzi Manana, adjunkminister van hoër onderwys en opleiding, het Saterdag tydens ʼn toespraak om verskoning gevra en gesê daar is “geen woorde” om sy “teleurstelling in homself” te beskryf nie.

Die voormalige adjunkminister het Saterdagoggend aangekondig dat hy as minister bedank het.

Manana het gesê hy het nie daaraan geslaag om ʼn voorbeeld te stel vir Suid-Afrikaners nie en dat hy die kern van die Grondwet nie nagekom het nie.

“Die situasie wat die afgelope twee weke ontvou het, het my blootgestel. My ware leierskap is getoets en ek het die toets misluk. Geen verskoning in die wêreld is goed genoeg om ooit te regverdig wat ek gedoen het nie en al is ek hoe beskaamd oor my daad, gaan dit nie oor my nie.

“Dit gaan oor al die vroue wat daagliks deur mans mishandel word – mans wat veronderstel was om na hulle te kyk. Dit is tot my groot spyt dat ek my mede-Suid-Afrikaners teleurgestel het. Ek het baie besin oor hoe ek dinge reg kan maak – vir die vroue wat ek in die steek gelaat het en natuurlik vir die nasie in die algemeen wat meer van my as leier verwag.”

Manana het in sy toespraak gesê dit is juis om dié rede dat hy besluit het om as adjunkminister van hoër onderwys en opleiding te bedank.

Hy het gesê dié besluit sal hom kans gee “om te fokus op die regsgeding wat voor die Randburgse landdroshof aanhangig gemaak word, terwyl die goeie werk van die regering ongestoord laat loop”.

Manana sê sy keuse om te bedank as minister is in die beste belang van die land, aangesien hy steeds Suid-Afrika se beste belange op die hart dra.

“ʼn Verantwoordelike leier is een wat verantwoordelikheid neem en reg optree tydens ʼn krisis. In daardie geval kies ek om my land eerste te stel en nie toe te laat dat ʼn slegte skaduwee die werksaamhede van die regering gedurende hierdie tydperk oorskadu nie.”

Hy het gesê sy daad het die ANC groot skade berokken waaroor hy veral baie spyt is omdat hy al vir sowat 15 jaar ʼn vrywillige lid van dié party is.

“Dit is duidelik dat ek introspeksie het om te doen. Ek moet by die kern van die rede kom waarom ek so opgetree het, en dan enige onderliggende kwessies wat my optrede veroorsaak het, aanspreek. Ek glo dit is die regte ding om te doen – vir die land, vir my organisasie en vir my.

“In die tydperk wat voorlê gaan ek professionele hulp kry sodat ek as ʼn  sterker en beter persoon daaruit kan kom. Ek moet hierdie probleem hanteer sodat ek my mense in alle opsigte as ‘n doeltreffende lid en leier van ons gemeenskap kan dien. Ek onderneem ook om alle hulp moontlik te bied aan die gesinne wat ek leed aan gedoen het. Ek beloof om pligsgetrou en ywerig saam te werk met alle wetstoepassingsagentskappe wat die saak ondersoek.”

Manana het die president, die regering en sy familie bedank vir hul ondersteuning gedurende sy termyn én in dié tydperk.

“Aan my mede-Suid-Afrikaners: Julle het die volle reg om kwaad te wees vir my. Ek verdien julle woede hieroor, want dit maak nie saak hoe jy daarna kyk nie, my dade was in alle opsigte verkeerd. Ek vra onvoorwaardelik om verskoning en neem volle aanspreeklikheid daarvoor. Ek belowe dit sal nooit weer gebeur nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

zoom zoom ·

Moet nie kommer. Zuma sal sorg sdat jy n lekker job kru as n ambasade

Jacques Venter ·

Jys reg zoom zoom
Hulle gaan hom hard slaan met n ambassadeurs pos, nes die ou wat die Guptas toegelaat het om op aWaterkloof te land

Kiepie ·

Dis nie eers nodig nie zoom-zoom. Alhoewel hy bedank het as Adjunk-Minister bly hy steeds ‘n lid van die parlement (MP). Dis soos om geskors te word met volle betaling, alles oëverblindery.

Adri ·

Dit is die tipe optrede wat gaan verseker dat hy môre in ‘n ander belangriker pos aangestel word.

hennie schutzler ·

Ja-nee! Bedank eerder en stap met sakke vol geld weg ipv ‘n afdanking en hy verloor al sy voordele. Sy dramatiese apologie? Onaanvaarbaar!!! Dis net om ‘n duistere rede gedoen….gestroop van enige opregthed!!

Sputnik ·

Ek’t vandag by die restourant waar hy die vrou aangeval het, verbygestap en net my kop geskud. Wel, wat sy apologie betref: Daarmee moet ek hom gelukwens. Hy erken sy tekortkominge, wil beter anderkant uitkom en doen die eerbare. Zuma kan BAIE by hom gaan leer.

Adoons ·

Ek haal my hoed af – nie seker of dit vir die individu of vir die ANC is nie, maar feit is: daar is oortree en die oortreder se kop het gerol. Waarom nou, soos 90% van ons Maroela-lesers, sinies wees hieroor??

Cedz ·

Sy kop het nie gerol nie, dit was hy wat self bedank het. As sy kop gerol het sou hulle hom afgedank het… nietemin, dink ek dat hulle vir hom die opsie gegee het om te bedank en dalk n ander pos te kry of hulle moet hom afdank… Maar ons sal nooit weet nie.
Dink wel die ander mense baseer hulle gevolgtrekking op geskiedkundige gebeure.

lol ·

‘Die goeie werk van die regering” O genugtig! what a joke!

Leahim ·

Hy het darem die eerbare ding gedoen maar ek glo hy sal n stewige goue handruk gekry en verseker n ambassadeur pos iewers

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.