Meat World doen ondersoek na bewerings

Foto: Facebook

Meat World, ʼn bekende kettingslaghuis met 14 winkels in Gauteng, Noordwes en Mpumalanga, het gesê hy sal ondersoek instel na bewerings dat etikette met nuwe vervaldatums op vervalde vleis en vleisprodukte aangebring word en dat bederfde vleis sodoende aan kliënte verkoop word.

Dit kom nadat Carte Blanche Sondagaand ʼn insetsel uitgesaai het waarin ʼn ondersoek deur dié nuusagentskap hierdie beweerde praktyk aan die lig gebring het. Meat World het verlede week ʼn dringende aansoek by die hooggereghof in Johannesburg ingedien om die uitsaai van die insetsel te keer, maar die aansoek is met koste van die hand gewys.

In ʼn beëdigde verklaring wat deur die betrokke Carte Blanche-joernalis by die hof ingedien is, word daar verduidelik dat Carte Blanche in Junie vanjaar deur twee werknemers van Meat World in Krugersdorp genader is wat beweer het dat talle onveilige en onhigiëniese praktyke by die winkel gevolg word. Carte Blanche het daarna sy eie ondersoek na die bewerings van stapel gestuur.

In die verklaring word beweer Carte Blanche het in minstens nege Meat World-winkels bewyse gevind dat nuwe etikette op produkte aangebring is. Volgens die nuusagentskap kon daar in 11 gevalle by vyf verskillende winkels vasgestel word dat die etikette verander is om die vervaldatum op die produk te verander. In ander gevalle was dit nie moontlik om met sekerheid te sê of die vervaldatum op die ou en nuwe etikette verskil nie.

Carte Blanche beweer hulle het ook ander onhigiëniese praktyke by Meat World-winkels waargeneem, onder meer verpakte vleis wat in winkels te koop aangebied word in vertoonareas wat nie verkoel word nie, karkasse wat vanaf die dak hang waar dit waarskynlik is dat kliënte daarteen kan skuur en vleis wat deur werknemers sonder handskoene hanteer word.

Carte Blanche het ook van die winkels se vleis en vleisprodukte na ʼn onafhanklike laboratorium gestuur om getoets te word en beweer die toetsresultate het getoon dat die miko-organisme- en bakterieëvlakke op die produkte hoër is as die aanbevole spesifikasies.

Carte Blanche het Meat World met die bewerings en bewyse genader om hul kommentaar daarop te kry, waarna Meat World hom tot die hof gewend het om die uitsending te verhoed.

Sedert die program uitgesaai is, is ʼn boodskap wat mense daarteen waarsku om by Meat World-winkels te koop wyd op sosiale media versprei.

Meat World het Maandag in ʼn verklaring gesê hy sien die bewerings in ʼn baie ernstige lig en sal sy eie interne ondersoek daarna doen. Volgens die verklaring het die groep besluit om hom tot die hof te wend om die uitsending van die Carte Blanche-insetsel te keer omdat hulle glo die prosedures wat deur Carte Blanche in hul ondersoek gevolg is, was “onregverdig en gemik op sensasie”.

Meat World voer aan hulle is min tyd gegee om die saak intern te ondersoek en op die bewerings te reageer voordat die insetsel uitgesaai is. “Hierdie eensydige benadering kan vernietigende gevolge vir die handelsmerk en die honderde werknemers van Meat World se winkels en fabriek hê,” lui die verklaring.

“Meat World is ook bewus van voorvalle van sabotasie by sommige van sy winkels. Die bestuur glo die herettiketering van produkte weens prysveranderinge word wanvoorgestel en gesensasionaliseer in ʼn poging om die handelsmerk te diskrediteer.”

Angelino Pereira, stigter en uitvoerende hoof van Meat World, het gesê Meat World was nog altyd baie betrokke by die gemeenskappe waar sy winkels geleë is deur middel van skoolgeleenthede, fondsinsamelings en borgskappe aan sportspanne.

“Ondanks die maatskappy se lang verhouding met die gemeenskap, kan Meat World nie die skade wat die program op sy reputasie gehad het ontken nie. Ons is vasbeslote om dit as ʼn geleentheid te gebruik om te verbeter,” het Pereira gesê.

Hy het gesê die interne ondersoek is reeds aan die gang, terwyl gesondheids- en veiligheidsopleiding by sy winkels en fabriek meer gereeld en intensief as ooit vantevore aangebied sal word. “Onafhanklike gesondheids- en veiligheidsinspekteurs sal voortgaan om inspeksies te doen en die prosesse by alle Meat World-winkels te monitor.”

Pereira het gesê kliënte sal op hoogte gehou word van die uitslag van sy ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

151 Kommentare

Alida ·

Oe nee daar hang altyd ‘n slegte reuke in die winkel. Nou verstaan mens hoekom !!!

Gideon ·

1. Ons het hulle Ribs gekoop en gebraai. Was so siek. Was naar gewees vir 2 dae en het voor die dood omgedraai.
2. Het ‘n agterkwart gekoop en dit het X bedrag geweeg. Toe ek by die huis kom weeg ek self die vleis en dit was 9 KG ligter.
3. Het ‘n tand gekry in die vleis wat ek gekoop het. Was ‘n dier se voor tand maar die beste was ek het ‘n agterkwart gekoop.
Meatworld se gehalte is pateties…

Linda ·

Praat van kos wat blootgestel word daaraan dat kliente daarteen kan skuur – wat van die nuutste “trend” om vars produkte op tafels uit te stal? Gaan loer by plekke soos Food Lovers Markets en kyk hulle broodtafels en biltong toonbanke ……

Jan ·

Dit is hoekom ek nog by die ou tradisionele slaghuise vleis koop en nie by die groot kettingwinkels nie. Persoonlike diens en jy kies jou eie snit vars en skoon

bollie ·

Mens kan met redelike vertroue by Pick ‘n Pay koop, hulle kontrole is goed. Wees baie versigtig vir Shoprite, ek ruik eers aan hulle vleis.

Cherokee ·

Dit wat Linda hierbo noem is waarom ek nie wegneemkos koop by Pick n Pay tipe winkels wat warm kos uitstal sodat mense daaroor leun, praat en wys terwyl hulle uitsoek en bestel. Ek het die bestuurder van Pick n Pay by Riverside in Durban Noord daaroor gekonfronteer en hy het beloof om te sien of ‘n langer glas toonbank aangebrink kan word. Kos kan nie gekoop word waar mense bo-oor kos praat terwyl hulle besluit wat om te koop nie.

Nici ·

Ek stem. Nou die dag staan ‘n oom en krap en nies oor die uitgetalde produkte… NEE SIES MAN!!!

Jd ·

Nee wat Bollie ek het al n paar stelle afgetrap by PnP hulle kontrole is glad nie so goed nie.

Annie ·

Die personeel by Meat World Boksburg hanteer ook altyd die biltong en droëwors sonder handskoene.

Piet Pille ·

Ek het hulle “boerwors” gekoop vir ‘n braai. Kon dit nie eet, was asyn suur en moes dit weg gooi.

Sonette ·

Ek biltong by Meat World Krugersdorp gekoop en hulle ook nie handskoene gedra nie, gelukkig maak ek nou my eie biltong, en koop def nie vleis by Meat World nie.

Pierre ·

By ons ene in Noordheuwel net toe hulle al oopgemaak het ek by die deur ingestap en deurgekyk. Was n reukie in die lig en het so niks gekoop eers nie. Nooit weer terug nie.

Fudge ·

Ek het maalvleis by Noordheuwel Meat World gekoop, dit was oud en daar was stukkies been in…

p ·

Nog net goeie kwaliteit vleis gekry by Meat World het jare by hulle gekoop by Lavenderweg in Pretoria.

Willem ·

Ek koop ook al lank by hulle vleis en nog nooit probleme gehaat nie. Wie ook al dit se en gaan kla sal n werker wees wat daar werk en hy seker gemaak dat daar n storie gaan wees….

Koos1 ·

Koop al jare daar en ek leef nog! Nog nooit ‘n probleem gehad nie.
Jammer Gerrit, miskien was jy ongelukkig?
Ek glo die praktyke vind by seker 80% winkels plaas. Gerrit, ek het my stel met SPAR en Shoprite afgetrap, en koop nie meer by daai winkels nie.
O ja, ek werk nie vir Meat World nie!

SjN ·

Dit gebeur by ook by n bekende supermark groep in n klein plattelandse dorp. Steak wat sell by date bereik word gewas met asyn en word weer herverpak en op rak geplaas, indien dan nog nie verkoop, word dit gemaal en vir wors gebruik, persoonlik self gesien. Ondersteun maar die jare lange slagter op die hoek.

Hoenderdytjie ·

Ek dink beslis almal doen dit. Ek het dit al by verskeie ander slaghuise en kettingwinkels OOK opgelet. Het al ‘n paar keer teruggegaan en vrot vleis gaan teruggee, veral spesifiek gerookte hoender, wat hulle seker dink vir ewig kan hou. Dit is GEEN nuwe tendens nie, dit word nog altyd gedoen, iemand het net hulle mes ingehad vir MEAT WORLD, ‘n werknemer wat vies was vir die bestuurder. Ja ek voel alles moet oopgevlek word ter wille van ons veiligheid, nie net Meat World se oortredings nie. Ek wil in elk geval weet hoekom word PRYSE opgesit deur labels te verander, ek weet nou hulle mag nie datums verander nie, maar hoekom pryse? As jy ‘n karkas ‘n week gelede teen ‘n sekere prys gekoop het en jy het hom opgesny en verpak en op die rakke gesit WAT maak dat jy skielik die prys kan opsit? Wat het tussen Maandag en Vrydag gebeur dat jy die skaap wat jy vir ‘n sekere prys aangekoop EN gemerk het (met jou wins ingesluit) nou skielik meer werd is? Volgens my moet geen labels verander word nie, nie vir pryse of datums nie, dit is pure oneerlikheid. Die publiek word uitgebuit en die eienaars lieg voort!

Deon ·

Het ook al biltong daar gekoop moes dit vir die honde gee. Koop gelukkig nie daar nie.

EISCH ·

Nou so naar kom amper iets oor.

Ons koop altyd by die een in Alberton en ek meot eerlik se hul dra nie handskoene as hul met die vleis werk nie.

Wonder of dit die rede is hoekom hul gevriesde vark op winskoop sit, weeg meer en hy ruik nie so erg.

O wee!!!

marous ·

Die arme mense wat so vals beskuldig word . Gister vrot goed op ‘n bestuurder van ‘n bekende ketting groep se tafel gegooi. Antwoord was , die kliente sit die goed tussen die rakke…

christo louw ·

Het al mense gesien dit doen en hulle aangevat daaroor.

Madelein ·

Ons koop by Meat World in Alberton. Dis skoon en netjies. Al die werkers dra handskoene. Ons het nog net goeie kwaliteit vleis daar gekoop.

Kay ·

Het ook al groen vleis gekoop by hulle ..nogal skaap. . boonste vleis mooi en onder groen . was amper dood .. Nie gou weer nie

maggie ·

Ek was in Noordheuwel Krugersdorp se M W,,,, die houer waarin die hoender verpak was, was vol gevriesde vrot water, die bestuurder gewys, hy het dit net gevat, ander plasties oorgesit, en terug in die yskas gesit! Die vrot water reuk was die ergtse!

Seeklong ·

Toemaar hoor, ons gaan julle nie boikot nie….daar was nog nie ‘n fight nie.

Coenie ·

Praat vir jouself die klomp weeg jou biltong in n skaal wat deurdrenk is van bloed dan is hulle verontwaardig as jy dit nie meer wil hê nie

Leahim ·

Hierdie is totaal onaanvaarbaar was die vleis en sit vars marinade op ,net om n groter produk te maak ten koste van die kliënt…..Ek koop van nou af net by Maders

Peet Schabort ·

Nou waar is die gesondheidsinspekteurs van o.a. munisipaliteite wat geld kry (nie verdien) om absoluut NIKS te doen? Dis hoekom ook riool- en vullisstorting nie is wat dit behoort te wees.

A ·

Gesondheids inspekteurs van munisipaliteit ken nie verskil tussen vars en vrot hoor.

Louis ·

Ek’t al hoeveel kere vleis & biltong by meat world Centurion gekoop. Nog nooit ‘n enkele probleem gehad nie. Die plek ruik en lyk altyd skoon & netjies. Die personeel is baie vriendelik en die pryse is so billik soos vleis pryse maar kan wees…
Ek kan nie praat van die ander takke nie; Maar as daar probleme gekry was by die Centurion tak; dan was dit staged…

Nicolaas ·

Jy was nog net gelukkig. Ek het al verpakte vleis by Centurion se Meat World gekoop wat onderin vrot was. Hulle biltomng is ook swak, Food Lovers Market langsaan se biltong baie beter kwaliteit. Meat World se pryse het ook die hoogte in geskiet die laaste paar maande

Haha ·

Koop lankal nie meer by hulle of ‘Food lovers market” nie.. Ek haat die reuk van vleis wat af is of miggies wat om groente of vrugte draai… sies man skaam julle!

Jodi ·

En dan is die personeel in rustenburg meatworld ook nog ongeskik.

Hannetjie Harvie ·

Ek kla lankal oor Meat World se vleis, dan se my man ek is vol nonsens. Maar ek stem saam met Jan, koop my vleis by n kleiner familie slaghuis. Vleis is duur, ek betaal liewer meer, eet n kleiner porsie, maar geniet dit tot op die laaste stukkie.

Schalk Barkhuysen ·

Ek koop al jare by Comaro Crossing, Alberton en Verwoerdpark en het nog nooit enige problem gehad nie. Miskien iemand wat ge-fire is wat sulke bewerings maak – miskien was ek net lucky

Julita ·

Meat World se gesindheid oor die aangeleentheid is mooi ten spyte van die publisiteit. Ek glo dat hul iets positiefs gaan doen. Hulle kan net verbeter.

Andrew ·

Die eienaar sit ooglopend en lieg op die Carte Blanche video… mooi gesindheid? Sak Sarel.. Ladrao!

riana ·

Ja dis skokkend maar ek dink die gesondheid inspekteure moet maar by al die kettang winkels n draai maak en nie met Biltong onder die arm uit stap nie dan sal hulle baie dinge sien wat aan gaan. As n slaghuis eers n reuk het binne sorry dan koop ek nie daar nie en gerookte vleis is gewoonlik vleis wat af is dan doen hulle dit met die vleis. En ek het ook al Lovers Market se vleis gekry wat nie goed was nie so moet maar bietjie daar ook n draai gaan maak. Almal se diens word swakker omdat die goed se duur is en wil niks verloor nie want gaan mos om geld geld. En so betaal ons vir vrot goed en swak diens.

Jakalas ·

Ek keer net ‘n vrot Eisbein (hy was vrot op die been) by ons Meat World gekoop. Hom terug gevat. Hulle het groot onverskooning gevra en sommer vir ons ‘n lam bout gegee wat hulle sommer vir ons klaar gaar gemaak het, saam met die nuwe Eisbein om jammer te sê. Dit was die eenigste geval. Verder het ek net goeie diens van hulle af gekry.

Jan B ·

Jakalas hoekom dink jy het hulle vir jou die bout gaargemaak en nie rou gegee nie? LOL

Anoniem ·

Ek glo hul sal iets positief wil doen om n beter gehalte vleis te verkoop. Hulle moet ophou karre uitloot en eerder na hul vleis pryse kyk en van wanneer af regverdig borgskappe en fondsisameling jou om vrot vleis te verkoop. Carte Blanche moet sommer ander winkels ook ondersoek want ek glo nie Meat World is die enigste handelaar wat swak produkte verkoop.

A ·

Hulle se nie dis swak produkte of swak gehalte nie, hulle se dis vuil!!

Ja neh ·

Ek koop gelukkig net by meat mecca, koop nie by Meat World nie….. dankie tog daarvoor

urghhhh! ·

Ek koop nie by Meat World nie en het nog nooit nie, maar glo my dit gebeur in baie slaghuise en ook by PnP en Checkers. My pa het jare terug self ‘n slaghuis besit en ons alty d gewaarsku vir vleis wat gemarineer is en wat vacume verpak is. Hy het beweer, en daar kom die bewys uiteindelik uit, dat hulle iets wil verdoesel. So, ons koop nooit gemarineerde vleis nie asook nie vacume verpakte vleis nie

Ja neh ·

Meat World in Boksburg se groente en vrugte is ook maar baie treurig!

M C Du Preez ·

Myns insiens, betaal die Klient met geld en verwag ‘n gesonde en goeie produk. Niemand wil vrot vleis eet nie!. Dit is hoogtyd dat Gesondheid Inspekteurs ingryp. Vroeer jare was dit ‘n vereiste om gereeld besoek te kry van Gesondheid Inspekteurs. Dis nooit te laat om hierdie maatreel weer in te stel nie. Sal nie weer by Meat World koop nie en ook nie my Kinders nie.

Tanya ·

Hierdie is mos nie nuwe nuus nie. Daar het al voorheen ‘n hele paar bewerings die lug gesien. Koop eerder by Woolies. ‘n Paar rand duurder, maar kwaliteit gewaarborg. Ek hoop van harte dat CB seker gemaak het van hulle feite voordat hulle hierdie perd opgesaal het…

Riaan ·

Jy dink seker Woolies het hulle eie slagpale, hulle verkoop ook maar vooraf verpakte vleis, kyk maar as Woolies n plaker op plak wat se 50% afslag.

Henk ·

Ek het al vrot hoender en vis hier by Woolworths in Kimberley gekoop. Die gehalte is nie meer wat dit was nie.

Johan ·

Die ondersoek behoort gou afgehandel te word, want van die CEO tot by die skoonmakers weet presies wat daar aangaan, nou wil hulle kamtig ondersoek? Hahahaha!!

Kosie ·

Ons koop by Comaro Crossing. Die enigste probleem was dat my nefie `n paar maande gelede deur die ou omie in die winkel beskuldig is van winkeldiefstal. (`n Ou tannie het glo aan hom vertel my nefie steel.) Toe ons die omie konfronteer, kon hy nie die bewyse lewer nie. Sy dogter het vir my nefie in die bres getree en gese ons is goeie, eerbare mense, en gereelde klante. Maar nog steeds, elke keer as ons daar instap, voel ons ongemaklik. Ons wou `n saak van crimen injura maak, maar het besluit om net weg te stap.

Alida ·

Ek lag lekker vir al die ekommentare. Ek het al vrot sosasies by Spar, vrot steak by P&P, vrot hoender by MW en vrot hoender by Woollies gekoop. Waar gaan dit beter? Moet in die lewe nie sosaties by enige supermark koop nie dit ou vleis wat gemarineer word en in ‘n sousie verdoesel word. Siesa

E.K. ·

Die wat hie bo noem dis seker ‘n ongelukkige werknemer wat somemr net gaan kla het – julle het dan seker nie Cate Blache gekyk en gesien dat hul hul eie ondersoek gedoen het nie. Hulel sal nie somemr so iets op hul program hê as daar nie bewyse is nie. En as ek kyk hoe baie mense ook hierbo kla – dit is dus nie ongelukkige werknemers nie. Nee wat ek bly ookmaar liefs weg van sulke plekke.

Dr Elize ·

Tanya Woolies nie altyd so goed nie, het al 2 keer hoender daar gekoop wat af was

JohannJohann ·

Ek en van my familie het al ‘n paar keer by Woolies hoender gekoop wat af was. Ek koop glad nie meer hoender by hulle nie.

Carel ·

Eienaars van BOMA in Pretoria is uiters geldgierig en glimlag slegs wanneer hulle bevoordeel word.

Thinus ·

Ja nee Carel jy wen die prys want Boma en Meat World is mos dieselfde ding…

Johann Malan ·

Persoonlik koop ek nie by MW nie. Die 2 winkels wat ek al besoek het, het gestink. Dalk is ek maar vol viemies… Ek vermoed ook dat hie’n meer algemene praktyk is as wat ons wil glo en dat ons as verbruikers nou meer daarop sal let dat ons nie ook by ander kettingwinkels so gevang kan word nie. Die CB span se ondersoek het die leemte duidelik vertoon dat die gesondheidsinspekteurs nie hul werk na behore doen nie. Dalk moet daar opgetree word teen die mense wat die inspeksies gedoen het om te verseker hul doen hul werk behoorlik in die toekoms…

Jac ·

Hoe wil jy optree teen die inspekteurs? Verwag jy hulle moet 24/7 elke liewe pakkie vleis bekyk? Daardie ouens doen baie meer as net om vleispakkies uit te snuffel. Gaan gerus na jou munisipaliteit en gaan vind meer uit wat hul als doen. Carte Blanche en hul spanmaats, is natuurlik almal gekwalifiseerd om die werk te doen?? Wie gee hul in elke geval magtiging om monsters te neem. Het hul die wetlike kriteria gevolg. waarom het niemand hul probleme nie by die gesondheidsowerhede aangemeld nie?? Was daar ‘n geskiedenis opgebou deur hierdie vleishandelaar dat hy enige gesondheidswetgewing oortree? Klink weer na verdagmakery en sensasie, iets wat deesdae ons swaksinnige volkie oorheers.

Gerrit ·

Jac ,Carte blanche het dit nie self in die ateljee getoets nie dit is by die universiteit deur kundiges getoets en ek is baie bly meat world se onverantwoordelike optrede is bekend gemaak hulle kan krimineel vervolg word omrede hulle die labels vervang of daarmee gepeuter het en hulle het die produkte gekoop wat dit wettiglik hulle eiendom maak.

Jac ·

Daar is sekere wetlike vereistes wat nagekom moet word as jy enige voedselmonsters neem, bv temperatuur, tipe houers, ens, ens…Carte Blanche het geen bevoegtheid as inspekteurs, in terme van wetgewing nie, en onmiddellik is daar GEEN saak nie.

Paul ·

Ek kon dit verwag het van Meat World. Ek het ‘n paar maande gelede in Meatworld Centurion gesien hoe hulle ‘n blinde persoon met gidshond uit die winkel jaag. Hulle het geensins probeer om hom op enige manier te help of te akkomodeer nie. Ek het ‘n e-pos geskryf aan Meat World waar ek vertel het van wat gebeur het het, maar het absoluut geen reaksie gekry nie. Sedertdien vermy ek die winkel soos die pes self .

Anoniem ·

Checkers Hyper en Frot&Veg is ook skuldig daaraan. Ek het al hoevele kere gekla.

Jan ·

Koop by n slaghuis waar jy persoonlik welkom voel. Vleis word opgesny soos jy daarvoor vra en dus nie vooraf verpak nie.Kan n voorbeeld noem van n baie goeie slaghuis in Pta met die naam van Tileba…jy sal nie daar vrot of slegte vleis kry nie.

m ·

Ek dink daar word ma orals so vuil met die kos gewerk ons weet ma net nie daarvan.

Coenie ·

Hoe weet jy dit daar is bewyse teen meat world hoe kan almal nou onder een kam geskeer word dit is n asumption en my pa het n gesegde gehad oor asumption wat ek nie hier kan noem nie.

anoniem ·

Gelukkig eet ek nie vleis nie, so ek het niks om my oor te bekommer nie

Rudolph ·

Ek het ook al gesien BOMA se werknemers word baie sleg behandel. Geen genade vir hulle nie, ek glo dit gaan maar net oor die eienaars se wins.

Kom Ons Boks ·

As dit beteken vleis word reg hanteer dan ondersteun ek BOMA se disipline volstrek. Hul kwaliteit is altyd tops en min slaghuise kan met BOMA vergelyk word.

Natasha ·

Wel persoonlik koop ek al meer as 10 jaar lank vleis by meat world en sal tot die einde toe hulle ondersteun…ek het al by ander slaghuise gekoop swak gehalte vleis ek het nog net die beste vleis by meat world gekry dankie vir julle puik diens meat world in Wonderboom…

Gerrit ·

Natasha geniet dit na die konkrete bewyse van CB sal ek nie meat world se produkte vir my kinders gee om te eet nie omrede ek n goeie ouer vir hulle is en hulle nie sal benadeel of siek maak met die informasie tot my beskikking.

Coenie ·

Ek stem saam n mens se gesondheid is op die spel en die feit dat jy ten duurste daarvoor moet betaal maak dit soveel erger

Kom Ons Boks ·

Ons moet ook onthou dat die bestuur van ‘n slaghuis (enige besigheid astware) die eindresultaat/ondervinding ongelooflik beinvloed. Ek was al by Hokaai winkels wat fantastiese kwaliteit en diens verskaf en ander winkels van dieselfde groep wat nie vergelyk kan word nie. Ek is seker daar is MeatWorld’s wat onbetwydeld nog klient-sentries is.

Leahim ·

Dit het tyd geword om weer die klein slaghuise te ondersteun en n goeie verhouding met jou slagter aan te gaan betaal bietjie duurder maar kry kwaliteit vleis as wat jy goedkoper vir vleis betaal wat hoë vlakke van ekoli bevat soos deur die CB bevindings

Leighche ·

Ek het al 2 keer so gevalle gehad, een met onbeskryflike suur bacon wat ek daar gekoop het wat hul self verpak, en toe so maand trug moes ek n hele boks patties trug vat wat ook helemal suur was. Ek het op Helopeter gan kla daaroor en toe eers n reaksie gekry. Nee wat ek sal maar eder in toekoms my vleis by enige ander kleiner slaghuis koop.

Alida ·

In Standerton is ‘n BAIE goeie slaghuis. As julle daar deurry koop jou vleis daar en bring dit stad toe. Supermarkvleis is maar nie lekker nie.

Curt ·

MW Rustenburg is excelent. I have only ever got good quality and good service from Lance and his team.

Let them do their investigation before chastising all the branches.

Henry 59 ·

Ek stem saam. Mooi en skoon slaghuis. Nog nooit n probleem gehad met hulle gehalte vleis in Rustenburg nie. Lance en Yul albei baie goeie mense, jammer Carte Blance was nie hier nie, dan was darem een MW wat die toets sou slaag. Net jammer Lance weet nie baie van Rugby nie…..

J ·

Ek koop ook net Meat World Laveder straat vleis gekoop en jy ruik sommer is af. Nou maak dit vir my sin soms kry.jy eers die reuk sodra jy gaarmaak

K ·

Ek self het al stelle afgetrap by MW Wonderboom.
Tileba in Pta Noord stink weer na amoniak

Morné ·

Koop al jare by Meat World in Wonderboom Pretoria en sal ook nog jare verder.. Goeie vleis en diens. As jy sensasie soek sal jy dit kry by Pick & Pay, Shoprite, Spar en ooral waar mense met kos werk

Boet Fasie ·

As mense so skelm kan wees met ou vleis wat hulle her-verpak kan hulle donkie en perde vleis ook aan die publiek verkoop venaamlik in die boerewors en maalvleis.

Theresa ·

Wou nog nooit vegetariër wees nie – maar wragtie soms wonder mens…

Leahim ·

Hulle het al ek dink dit was food lovers market wat hulle waterbuffel en perde vleis in die wors gesit het. Die ondersoek het bevind jy mag dit doen jy moet net die kliënt daarvan inlig

Cherokee ·

‘n Vark vreet vleis. Dit is kanabalisties. Tog word lippe afgelek vir varktjops en varkrib. ‘n Perd en donkie verorber slegs gras. Verduidelik julle nou asseblief waarom ‘n vark geëet kan word maar nie ‘n perd nie.

Linda ·

Koop al vir jare by Oakdene Meat World en het nog altyd goeie gehalte vleis ens. daar gekry. Pick n Pay se kos het my al siek gehad.

Martin ·

Meatworld Comaro Crossing hanteer ook biltong en droë wors sonder handskoene direk nadat hulle met rou vleis gewerk het.

Theresa ·

Nou voel ek nie meer so alleen om te weet mense sien, hoor en ruik goed by vleisverkope nie! Het byna die aapstuipe gekry toe ek eendag instap by ‘n plekkie (langs ‘n supermark) en sien hoe 3 klante se skouerpunte, toe die kop van die een ou, teen die “heerlike” droë wors wat nie in ‘n toe glas of gaas bedecking hang nie. Net daar my hele lus verloor en verslae gesien hoe hierdie mense ook voel-voel aan die biltong. My mond het letterlik oopgehang… Die vrou (sy is al JAAAARE by die plek – dink dit behoort aan haar) het glad nie omgegee nie. Toe hul uit is en ek haar vra of sy nie dink dis beter vir Health en Safety doeleindes dat sy maar die goed hoër ophang en selfs liewer toemaak op ‘n manier nie – toe wip sy haar liederlik en sê niemand het nog ooit gekla nie. Sy sien my nie weer nie. Sies.

Cherokee ·

Niemand het nog ooit gekla nie? Jy het vergeet om haar daarop te wys dat jy iemand is. Dit gaan immers nie oor niemand maar oor iemand.

Gert ·

Al die supermarkte vermy ek, as dit by vleis, vrugte en groente kom. Ernstige bedenking oor die samestelling van hul wors en maalvleis. Koop maar by ‘n ordentlike slagter, waar jy jou vleis kan uitsoek. Skandalig om te sien watter kwaliteit voedsel supermarkte aan ons probeer verkwansel. Wind brode, oorryp of grasgroen vrugte en groente. Verpakkings raak ook al hoe kleiner, maar prys styg konstant. Steeds is ons te gemaksugtig om nie meer selektief te koop en meer te protesteer oor kwaliteit van voedselprodukte nie.

Charmaine ·

Ons koop letterlik al jare by Lavender Weg vleis by meat world en nog nooit enige probleme gekry nie. Hulke ken ons soos al hulle ander kliente baie goed en hulle is vriendelik en behulpsaam. Baie dankie meat world julle is tops.

Marisa ·

Almal moet ‘n slag vir ‘n tydperk in Suid-Korea kom woon. Hier kan ‘n produk nie eers deur die ‘teller’ opgelui word as die vervaldatum bereik is nie. Hulle kan ‘scan’ tot hulle blou in die gesig is. En ook is daar hewige boetes ingeval produkte ‘verkoop’ word waarvan die vervaldatum bereik is. Elke produk word haarfyn gemonitor.

Eduard Mostert ·

Alle handelaars moet ondersoek word.Ons word al baie lankal be—-rd en n rat voor die oe gedraai.Ons as verbruikers wil nie meer vleis produkte eet wat GE-BOTOX is nie.Ons verloor baie geld as verbruiker.Ons wil regte egte vleis eet.

BoereBikerBaby ·

ag almal is maar skelm. dink Food lovers is die ergste waar die vleis so oop le en die vliee en mense hang oor die vleis. Al ooit gedink hoeveel mense hoes en nies oor die kos as hul daardie lekker wings ens in hul bakkie skep om geweeg te word. dit is baie sif… dink ‘n slaghuis is duurder maar die kwaliteit is baie beter en die vleis is tenminste vars want dit word nie in baie groot maat gekoop soos supermark winkels nie… Hoop almal het lekker MW wors gebraai met heritage day! :-)

Stollie ·

Koop glad nie meer by hulle nie.Het gesien hoe die her-pakking plaasvind by die by Elarduspark tak,spesifiek hoender stukke en “flatties”

Toppie ·

Paar jaar terug was daar ‘n saak op Oudtshoorn waar daar donkie vleis , biltong en droe wors aan die publiek verkoop is as bees en wildsvleis, so wees maar versigtig

Cherokee ·

Eet jy vark? Het jy geweet dat ‘n Large White maklik haar eerste werpsel opvreet? Donkies doen dit nie; hulle vreet slegs gras.

marianna ·

Hou op met vleis eet dis die goedkoopste en veiligste!!!!!!

Chevy ·

Ek het so rukkie gelede ook n lekker stuk malse vleis gekoop wat ek op n bord gesit het om te kruie maar voor ek nog kon begin toe kruip daai selfde mals vleisie die kombuis deur uit maar wat was nou die geval, my freezer het moeg geword dus vleisie vrot maar ek het niks geruik nie want ek was boonop verkoue.

Boere meisie ·

Vars geslagte bees, skaap en hoender vir my dankie. Lekker groente en vrugte uit die tuin is mos beter as ‘n mengelmoes van kieme. Die ou kinderstorie van Bak en Terie is ‘n werklikheid, jy sien sonder moeite die ou twee’tjies dans op die produkte in ons supermarkte. Wha ha ha haaaa.

Oe-la-l-a-a ·

So baie plekke waar gekonkel word, laat my wonder waar is owerhede se gesondheids inspekteurs!

Arie ·

Het jy al moeite gedoen om enige van die die probleme by n gesondheidsowerheid aan te meld? Is jy bereid om as getuie in n hof te gaan staan, as die owerheid dink daar is meriete met die gekonkel waarna jy verwys? Dink jy die “gesondheidsinspekteur” se pligte is beperk tot die deursoek van elke liewe voedselverpakking in elke winkel, in sy area van jurisduksie? Dink jy, dit is realistiese verwagtinge wat jy en ander hier koester? Dink jy dit is die inspekteur se skuld as besighede aanjaag, omdat hy nie 24 uur van elke dag nie daar was om hul praktyke waar te neem nie?

Piket ·

Ek koop gladnie by supermarket vleis nie, nooit soos in NOOIT!

Hulle gebruik 80/20 trimmings in hulle wors asook graad C knuckles!

Die goed kos R 36 of R40 per KG, en so maak hulle die gewig op.

Eet maar liewer minder vleis maar gehalte.

christo louw ·

Beeste gesien wat nageboorte opvreet sodat ongediertes nie dit kan ruik nie

Vleis vies ·

Ek het by Centurion Meat World hoender gekoop vir ‘n welsyns dag vir kinders. Ek moes R2 000 se hoender weggooi anders het ek ‘n klomp siek kinders gehad en dalk nog eise teen my ook. Sal nooit nooit weer by enige Meat World koop nie. Ek het gister uit ‘n Spar en Pick ‘n Pay geloop omdat ek die reuk by hulle vleis afdeling net nie kon hanteer nie. Slaghuis of Woolies is tonne beter. (Woolies is met party vleis snitte goedkoper as P’nP)

Louw du Plessis ·

Vier keer vantevore by MW in Northcliff stelle afgetrap. Twee keer het die biltong na chemikalië gesmaak en terug geneem. Toe was dit die “cleaners” se skuld. Die “vaue-added” vark tjops met honeyglaze was behoorlik vrot toe ons dit wou braai – pasop vir al die vleis wat hulle met souse verdoesel. Slfes ‘n brommer in die “vacuum packed” broodjies/buns gekry – dit word glo deur ‘n buite leweransier verskaf. Wees ook versigtig vir die vacuum-packed koue vleise – best before dates, en smetterigheid in die pak. Dit het ook by Checkers Northcliff gebeur met sogenamde Champion wors wat ‘n erge klank gehad het. Die Bestuurder wou dit omruil toe toe het ek maar kontant laat terugbetaal. Ongelukkig doen die Gesondheidsdepartemente van die owerhede en Bestuurders van sulke winkels nie hulle werk nie en nog minder sal hulle weet wat is “goeie vleis” . Ek het in Suidwes Afrika/Namibië op ‘n plaas grootgeword en ken vleis. Dit is hoogtyd dat meer sulke inspeksies/verassingsbesoeke gedoen word.

Ruby ·

Ja-nee kyk, as ek so almal se kommentaar kyk is dit duidelik, jy peuter nie met ‘n Suid Afrikaner se vleis want ons hou van braai lol.

Het ‘n paar keer in Alberton se MW gekoop, hulle vars vleis is regtig skoon en vars maar het 2 stelle afgetrap…1 vacuum packed chicken….2 vacuum packed pickled pork. Dit was verby suur!! eeww as ek net daaraan dink ruik ek dit :-(

Frans de Kock ·

Ek dink ek gaan van nou af by meatworld koop. Hulle is uitgevang en sal nou in hulle spoor trap. Dieselfde kan nie van die ander handelaars gese word nie. LOL

Amanda ·

Ek bly in ‘n baie klein dorpie met net 1 winkel en dit is Spar. Ek het al so baie ‘n stel af getrap met ons Spar en vleis. Het al hoender daar gekoop wat so gestink het, “club steak” wat vrot is met die datum wat wys dit is dieselfde dag verpak, vrot wors, maalvleis wat op die oog af mooi rooi lyk net om by die huis te sien dit is net die boonste lagie wat mooi rooi is die res van die pak was bruin. Vat jy die vleis terug is die bestuur so misluk en staan letterlik en stry met jou alhoewel hul duidelik kan sien en ruik die vleis is af.

Theresa ·

Sou wragtie vir die stryendes gevra het of hul nie dadelik ‘n stukkie van die pakkie vleis wil proe nie. Die arrogantheid van ‘n skuldige…

Tommie ·

Ek wil nou net noem dat die tak I Rustenburh is altyd skoon nekies en hulle vleis is volgens my makeer niks, die peraoneel en staff hier is ook baie vriendelik, miskien is dit n’ manier van iemand om die handelsmerk te teiken omdat hulle nie die bee rigting volg nie miskien omdat hulle afrikaaners onderateun, ek kan nie komentaar lewer oor die ander takke nie maar Rustenburg se tak is puik…

magdaleen ·

Terwyl dit nou warm is wil ek graag by Meat World so paar vragies vra.
Wors dit is nie lekker nie mens kan dit nie in jou liggam inwurg nie daar is senings in bitter baie vet en water. Julle sal moet kyk na jul resep.
Viskoekies regtig mense dit is pateties as jy julle viskoekies bak die driehoekige een en terwyl jy bak breek die ding op in stukke af hoor af
die reuk wat in jul winkel hang is nie lekker nie
die storie kaal hande is die waarheid ek het dit self gesien.
Die karkasse is twak dit agter ‘n glas venster
die biltong is ok die droe wors se vet proe soms sleg
maar heel in die begin as jy inkom daar is die ou vleis gewoonlik is dit R40 pakkies wat gemerk is. Ek het toevallig een gisteraand gaargemaak en die vleis het bedompig geruik daai gerookte hoende is af eenvoudig af dit proe snaak mens is te bang om dit te eet en het so funny smaak.
So kyk maar na jul probleme sal ‘n goeie ding wees maar jammer voor die ding gebeur het het ek en my man besluit dit is nou net karoo skape vir ons en wors van boere direk dit is eetbaar. So plaasmarkte hier kom ons

christine ·

As jy ‘n hond wil slaan sal jy wel ‘ n stok kry… komaan mense hoeveel van julle koop daai lekker ryp (matured) 1 duim dik kruisskyf (rump steak), gooi dit op die warm kole vir sekondes en smul so lekker dat die bloed spat aan die “VROT” vleis ?? ha ha ha ja toe nê … slim vang sy baas.

Mike ·

Ek het vir jare slaghuis besit en hierdie groot handelaars het ons dood gedruk. Vir hulle gaan dit oor omset meer as kliente diens. Hoeveel slaghuise bestaan nog op die hoek van straat. Hoekom is hulle weg want mense is prys gedrewe en sal eerder by groot handelaar koop voordat hulle gehalte koop. Mense dink vir julle self gesondheid is baie belangrik en vleis inspekteurs is nerens te vind nie, Die groothandelaar gebruik lae graad vleis en indien jy by slaghuis kom wat A graad verkoop trek ons ons neus op vir prys. Leer julle gehalte vleis ken en vra net vir A2 of 3. Julle moet self besluit waar julle koop maar ek weet waar ek koop!!

carinfrench ·

Where is the meat inspectors.do they look the other way

Dirk01 ·

ons het desember laas jaar hoender dytjies by mw in ednvale gekoop en onmiddelik agtergekom dis vrot en die vorige keer was dit lieflik…………dit is hoe die ouens in besigheid bly, tricks of the trade. Ek dink daars duisende slaghuise daar buite wat ook so bietjie geskrik het na sondag aand se carte blanche . Met die mal pryse van vleis word daar seker baie goed gemarinade na hulle nie gekoop word en groen word op rak

Anti-Meat World ·

So Meat World, waarom wou julle die uitsending keer as julle nie skuldig is nie? Lekker wins gemaak hoop julle winkels word gesluit. Gelukkig het ek nog nooit daar gekoop nie. Ek het ook die boodskap aan al my kennisse gestuur. Ons boikot jou soos die Spur en KFC. Koebaai! en hoekom wil Mnr Pereira sy produk verbeter? dan was hy mos bewus? Hy noem ook die plekke wie hy borg, dit verander niks aan die saak nie.

Anita ·

Ek koop al jare vleis en nog meer by Meat World, Verwoerdpark, Alberton en nog nooit het ek enige probleme of “af” vleis by hulle aangekoop nie…hierdie storie is tien teen een deur oud werkers wat suur druiwe het aangehits..

Liezel Blom ·

Ek het al met my eie oe gesien hoe hul dit by Fruit Lovers doen. Ek het die werker gevra hoekom hy dit doen, en gese dit is so aan hom gese. Ek het al 4 hoenders die jaar weggegooi wat ek eenvoudig nie tyd gehad het om terug te ry nie. Dit is ‘n skande as ons sien wat ons betaal en wat ons kry. My kinders 5 en 8 vra al vir my mamma is mamma seker dit verval nie. Een voordeel hul kan beide nou al ‘n vervaldatum lees en glo my hul se dit nou al klip hard in die winkel as iets verval. My enetjie van 8 se vir my: “Hoekom moet almal deesdae oneerlik wees.” en my seuntjie se “My juffrou se ons moet gesond eet …. is vrot vleis gesond mamma?” vra hy met daardie ongeloofwaardige uitdrukking op sy gesig.

The Oracle ·

Hulle eie ondersoek… Dis die grap van die jaar. Die instruksies kom nog die hele tyd van bo af… Het nog nooi en sal nooit by Vrot World koop nie!

The Oracle 3 ·

Ondersteun jou “local” slaghuis en hou op om by supermarket te koop. Hulle is almal skelm!

Jou beurt is jou beurt ! ·

Dit is miskien n ent om te ry, maar die BESTE vleis, beste diens, skoonste slaghuis, BESTE eienaars, is MEAT MECCA in Springs…….!!!!
Hulle verpak alles vir jou en niks is te veel moeite nie.
Probeer gerus !!

SARIE VAN HEERDEN ·

Rukkie gelede het Carte Blanche Meat World op program gehad na ‘n ondersoek na hul. Mense het gesien hoe hervepakking van ou vervalle vleis gedoen word. Ekself het ‘n voorafverpakte halwe lam gekoop by Elarduspark, gevries afgeneem kus toe, toe ek daar kom en dit oopmaak was dit nie net sleg nie, die vleis was vrot! Ek het dit NET SO gevries teruggebring Pretoria toe met my bewyse. Hulle het sonder EEN WOORD gevra of ek die vleis wil vervang of my geld wil terughe. Ek het die geld gevat. Toe hoor ek verskeie mense se probleme en dit was my laaste koop van hulle. Monumentpark het ‘n goeie slaghuis en as jy in aanmerking neem dat jy na die goedkoper slaghuise moet RY dan koop ek liewer by hulle.

SARIE VAN HEERDEN ·

Wanneer my dogter voorafverpakte vleis koop druk sy met haar vinger ‘n gat deur die plastiese omhulsel en ruik of dit vleis reg is of nie. GOEIE PLAN.

Ruby ·

Ag eeewww dan moet ander mense dit koop met ‘n gat in die plastiek?

Michelle ·

Ek dink die man moes van die begin af gesorg het dat sy winkels skoon is, dat dit higenies is en dat die werkers die nodige beskerming klere aangehad het. hoeveel van die vuil vleis is in resturante of op straat hoeke verkoop. Egoli maak dood kom jy by die hospitaal weet hul nie wat fout is nie, maar dis die tipe voorvalle. Ons het reeds genoeg vreemde siektes in die land wat niemand al van gehoor het nie. Maak die soort plekke Meat World, Shoprite & Checkers toe of sit baie streng reels neer en sorg dat dit opgevolg word, dis kos en dit is ons gesondheid.

Theresa ·

In goeie gees wil ek net noem, Michelle – ek het nou so lekker gelag so te midde al hierdie naarmaak stories van vleis (waaroor ek mal is!). Maar dis E.coli en nie Egoli nie. Egoli beteken Plek van Goud (as ek reg is) maar dis nie dit doodmaak kiem nie. Weet presies wat jy bedoel – maar dit was nou die regte medisyne op hierdie oomblik!

Kom Ons Boks ·

Johannesburg (Egoli) is ook uiters gevaarlik deesdae…

Chris Ws ·

Ons het jare al ‘n goeie koop ondervinding by Rustenburg se Meatworld.Nog net goeie skoon vleis daar gekry en die tak het slegs witmense op AL sy tille en agter die toon bank.Daar was nog nooit enige onaangename reuk nie.Ek beveel hulle beslis aan.Terloops ons ry 75km om by hulle te kan koop!Praat van vrotvleis reuk – Choppies!Ons kom gladnie daar nie!

Matilda ·

Koop by Hokaai … beste vleis gewaarborg. Bietjie duur maar hul is tops!

Kom Ons Boks ·

Nie al hul takke nie jong. Ek kan wel hul tak in Lynwood Pta aanbeveel.

Sue ·

Hoekom kla niemand oor Makro se vrot vleis specials nie???Makro Silver lakes… moes al n paar keer vleis terug neem…

louie ·

ek groot liefheber van pick and pay vleis koop geen ander hoender nie

louie ·

ps ondersoeke altyd te laat waarom nie kwaliteit kontrole nie hulle maak gtoot geld uit vleis

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.