Meat World oorweeg drastiese stappe ná bewerings

‘n Skermskoot uit die insetsel oor Meat World wat deur Carte Blanche vervaardig is.

Meat World het Woensdag in ʼn verklaring gesê hy oorweeg om sommige van sy winkels van hul franchise-regte te ontneem indien van die bewerings van onhigiëniese wanpraktyke in die winkels ernstig genoeg is.

Dit kom nadat Carte Blanche Sondagaand ʼn insetsel uitgesaai het waarin hy ʼn ondersoek gedoen het na bewerings dat sommige van die Meat World-winkels vervaldatums op vleisprodukte verleng en sodoende moontlik bederfde vleis aan kliënte verkoop.

Carte Blanche beweer sy ondersoek het getoon dat daar by minstens nege van Meat World se 14 winkels nuwe etikette op vleisprodukte aangebring word. Volgens Carte Blanche kon daar in 11 gevalle by vyf verskillende winkels vasgestel word dat die etikette verander is om die vervaldatum op die produk te verleng, in sommige gevalle tot soveel as vier weke.

Carte Blanche het ook gesê hy het van die winkels se vleisprodukte na ʼn onafhanklike laboratorium gestuur om getoets te word en beweer die toetsresultate het getoon dat die miko-organisme- en bakterieëvlakke op die produkte hoër is as die aanbevole spesifikasies vir veilige menslike gebruik.

Meat World het in reaksie op hierdie bewerings gesê ʼn grootskaalse ondersoek sal by al 14 van sy winkels gedoen word. Hy het gesê vleisprodukte sal by die nege van die winkels wat deur Carte Blanche uitgelig is van die rakke onttrek word en indien die bewerings ernstig genoeg is, kan sommige van die winkels moontlik hul franchise-regte kwyt wees.

‘n Skermskoot uit die insetsel oor Meat World wat deur Carte Blanche vervaardig is.

Meat World het ook die hulp van ʼn vooraanstaande forensiese wetenskaplike, dr. David Klatzow, ingeroep om hom by te staan in die ondersoek. “Dr. Klatzow is aangestel om die laboratoriumverslag wat deur Carte Blanche verskaf is te analiseer. Dr. Klatzow het die akkuraatheid van die bevindinge deur die laboratorium bevraagteken. Hy het ook bevind dat die algehele bakteriologiese resultate nié op ʼn sistemiese probleem dui nie,” lui die verklaring.

Angelino Pereira, uitvoerende hoof van Meat World, het gesê hy het ʼn onafhanklike gesondheids- en veiligheidsorganisasie aangestel om volledige gesondheidsoudits op elk van Meat World se winkels te doen. “Ek het hierdie besluit onmiddellik geneem toe die bewerings onder my aandag gebring is,” het Pereira gesê.

“Ek en my span is baie ontsteld oor hierdie bewerings. Ons sal alles moontlik doen om enige onreëlmatighede reg te stel. Ons kliënte is ons familie en ons neem hul klagtes ter harte.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Theresa ·

Wel, daar is baie om na te kyk en om als deeglik te lees in vorige berig se kommentare.
Baie goed dat daar daadwerklik na die beweringe gekyk word. Mense kan baie siek word van swak produklewering.

Jean ·

Dit sal goed wees om die standaarde op te knap. Dit is nie nodig om die publiek se lewens in gevaar te stel nie. Wat ek nog nooit kon verstaan nie is hoekom julle nie die vleise VRIES voordat hulle vervaldatum bereik word nie. Hou ‘n klein hoeveelheid vleis ‘vars’ en vries die ander vleise en hoenders sodat dit nie so gou verval nie. Dit is onverantwoordelik om die datums te verander SELFS om die pryse op te sit is verkeerd want jy het KLAAR daardie produk teen’n sekere prys aangekoop, hoekom nie teen daardie prys (met wins) te verkoop nie? Hoekom die prys opsit na ‘n week? Laat julle werkers rou vleis en biltong met ‘n handskoene hanteer, dit is tog nie soveel moeite nie .. ek dink nie julle is ‘n slegte groep nie, ek het al daar gekoop en ek het al BAIE LEKKER vleis daar gekoop wat niks makeer het nie, MAAR na dat ek gesien het sal ek maar tweekeer dink voordat ek dit weer doen.

Chris Ws ·

Ons sal Rustenburg se Meat World steeds ondersteun.Koop al jare daar sonder enige probleme.Ook nog nooit onaangename reuke daar geruik nie.Lance en sy span verdien volpunte vir hul diens!

Stephan ·

Ek ken die Span by Meat World Valley View (Krugersdorp) persoonlik en het nog net goeie diens en produkte daar gekry en sal hulle bly ondersteun, ongeag die negatiew publisiteit wat Meat World kry. Laat Carte Blanche SPAR en Checkers en Pick and Pay en Woolworths se Vleis afdelings ook ondersoek en kyk wat hulle dan kry. Miskien sal Meat World dan soos n Champion lyk.

Cherokee ·

Wanneer die kompetisie se produkte nòg swakker is as joune gaan dìt jou beslis nie in ‘n kampioen verander nie.

Anmari ·

Ek stem!! Ek het ook nog net kwaliteit vleis gekry by hulle. Sal hulle bly ondersteun.

Gert ·

Stem saam Stephan, ek koop weens die rede geen vleis meer by Checkers nie.

Daan Erasmus ·

Die eerste teken van ‘n skuldige is om ‘n kundige te kry en op ‘n tegniese punt foute in die verslag uit te wys. Die eerste wat jy MOET doen is om na die bestaande verslag te kyk. Jou foute reg te stel.
Dit is soos katolieke Priesters wat net hul gedrag aanpas dat hul nie uit gevang word nie. Maar stop nie die verkeerde gedrag nie.

Ja nee ·

Carter laag se stories maak al jare nie meer sin nie . Hulle doen halwe werk so ek steur my nie aan wat hulle te se het nie

Tokkie ·

Stem saam. Al 3 keer by ????Hyper in Klerksdorp vleis met ‘n reukie gekoop.

Ouma ·

Ek dink Meat World sal nou meer op hul tone wees. Ek het ook al vleis daar gekoop wat effe “af” was. Ek kon sweer die maalvleis was met iets anders gemeng. Veral die vooraf verpaktes. Ek koop eerder by die toonbank. Sal eerder die tak se naam nie noem nie.

Johan ·

Ag Mnr Pereira, gaan vertel vir die berge jy is ontsteld. Ek het nie die program nodig gehad om agter te kom julle produk is gereeld benede aanvaarbare standaarde nie. Sommer self agtergekom. Gelukkig koop ek en my familie nou al n hele ruk nie meer by jou winkels nie.

BLOM ·

Nie net Spar nie, ek het by twee ander groot kettingwinkels ook al vleis gekoop met ‘n “reukie”.
Die een se naam begin met ‘n “C” en die ander een met ‘n “F”.

Jac ·

Weet nie waarom Carte Blanche se bevindinge enigsins iets beteken nie. Dit het geen waarde in enige hof nie, want watter bevoegdhede het hul onder die Voedselwet? Nul! Wie sê dat die betrokke slaghuise die skuld moet dra vir die hoë bakterie-telling. Al gedink dat die besoedeling begin die oomblik as die dier geslag word?? Daar is ‘n lang roete, vanaf die slagpale tot by jou kospot. Waarom nie die probleme of bekommernisse direk aanmeld by die plaaslike owerheid se gesondheidsbeamptes nie? Hierdié mense weet mos bietjie meer as die pseudo-inspekteurs en pseudo-mikrobioloë. Tipies SA…groot histerie en verdagmakery, sonder dat die regte pad gevolg word.

Grietjie ·

Koop nie meer vleis da nie. Op die rakke lyk die vleis oud. Het eerder by toonbank gekoop maar is nie smaaklik nie. Dis goed dat hulle inspeksies gedoen het. Ek koop eerder vars vleis as pakkies vleis.

Boet Fasie ·

Meeste van die groot supermarkte doen presies dieselfde Meat World, saans as die winkel toe is word die vleis ontrek en die wat verval net weer opgekikker en kry nuwe etiket en siedaar geen verlies vir die winkel. Van die vleis, hoender en maalvleis word sommer verwerk vir die volgende dag se klaar gekookte disse – die wat se reuk ‘n bietjie van ‘n sterk klankie het word deeglik gewas in asyn water en word gekook as die dag se kerrie gereg. Lekker eet, as julle gedink het restaurante mors met die kos, dink weer.

Veronica ·

Oky , kan Carte Blanche asb n ondersoek ook loots by ons Drankwinkel om die hoek ….
Eks seker van daai labels is ook vervang om die produk n langer rak lewe te gee . lol

Theo ·

Veronica wow stop dit net daar. Ek het weer agter gekom hoe langer hy op die rak staan hoe lekerderr proe hy

Dereck Le Roux ·

‘n Mens wonder baie keer op watter gebiede word die verbruikers ook op dieselfde manier uitgebuit, ek het gehoor dat ‘n mens moet baie versigtig wees veral die dag as ‘n slaghuis wors en maalvleis op ‘n buitengewone prys borendag kom want die verbruiker weet nie hoe lank dit in die koelkaste le nie of wat daarin is nie.

JOHAN ·

EK GLO NIE NET HULLE DOEN DIT NIE TRUST ME , JY SAL VERBAAS WEES DAN NIE AMPER AL DIE SLAG HUISE EN SUPWERMARKTE DIT DOEN NIE ?????

Alida ·

Ek dink dit is bietjie laat om nou wakker te skrik. Mnet sal nooit so iets uitsaai as hulle nie 100% seker is van hul feite nie. Tenminste kan ons nou vars vleis verwag vir n paar maande tot die stof gaan le het.

Anika ·

Ongelukkig is dit waar! Ek het vanoggend fotos geneem van die produkte wat ek by Meatworld Elarduspark gekoop het – vervaldatum n maand aangeskuif!!!

Heleen ·

Gelukkig koop ek net by slaghuis..Euro butcher of Berliner..of woollies vleis..

Leahim ·

Ek sal nooit weer n produk wat van MW af kom kan geniet sonder om te dink aan die CB program nie maar sterkte aan die wat weer of aanhou om hulle te ondersteun hoop vir julle die plek verbeter hulle higiëne.

SP ·

Was voorheen betrokke by die inspeksies vd slaghuise en supermarkte se slagtoerusting,koop sedertdien nie eens n snytjie polonie by n supermark nie! Dis verskriklik vuil,om nie eens van die aangepakte sny en saagmasjiene te praat nie. Om van naar te word. So hierdie is nie van gister af nie,reeds oor baie jare n probleem.

Alida ·

Ons het nog nie vergeet van die wurms in die vleismeulens nie. Was n paar jaar terug ook op TV. Lewendige wurms word saam met die vleis gemaal. ARGG siesa

bgj van der westhuizen ·

wel hulle het een plek getoets miskien moet hulle alle plekke wat vlies en kos verkoop en maak begin toets gee hulle toe dat hulle dadelik in plan van aksie in gestel het nie soos ford wat gewag het dat mense eers moet dood voor op getree word as mense weet hoe kos gemaak word en mee gewerk word sal jy niks meer koop nie en ook nooit gaan uit eet nie baie winkels en eet plekke is nie so skoon soos ons dink nie

Domvraag ·

Wanneer so iets aan die lig kom is dit gewoonlik net die oortjies van die seekoei en nou sal probeer word om CB se bevindings te bevraagteken terwyl eerder gekyk moet word na strenger kontrole en inspeksies??

Gert ·

Stem saam Stephan, ek koop weens die rede geen vleis meer by Checkers nie.

Derek ·

Die storie is waar-het dit 3 maal by Centurion MW gekry dat hulle vark ribbetjies n reuk het en ook n swarterige kleur /vlekke het- dit was oneeetbaar en het terug geneem. Koop nie meer baie vleis daar nie

pietpompies ·

Algemene praktyk.Al telkemale dit gesien.
En heel laaste word dit gemaal en vir wors gebruik. Koop my vleis direk van abatoir-beste vars steaks (ryp gemaak),maalvleis,wors ens.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.