Medebeskuldigde ook in hof oor bedrog by munisipaliteit

Argieffoto (Foto: Maroela Media)

Tumahole Jeffrey Mokoena (42), direkteur van Pit Dog Trading, het Woensdag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn op aanklag van bedrog en vervalsing.

Hy is die medebeskuldigde in die saak teen Nkabi Andrew Hlubi (43), ʼn voormalige munisipale bestuurder van die Mafube- plaaslike munisipaliteit (Frankfort) in die Vrystaat, wat Vrydag reeds in dieselfde hof verskyn het op aanklag van bedrog en korrupsie.

Kapt. Christopher Singo, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), sê Mokoena is vrygelaat op borgtog van R7 000.

Mokoena en Hlubi moet op 6 Oktober weer saam in die hof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig Hlubi het na bewering tydens 2015, toe hy die waarnemende munisipale bestuurder was, tenders toegeken aan Pit Dog Trading.

Mokoena word daarvan beskuldig dat hy in daardie tyd vervalste dokumente by die Ontwikkelingsraad vir die Konstruksiebedryf (ORKB) ingedien het om ʼn hoër ORKB-gradering te kry.

Ná elke betaling van die munisipaliteit aan Pit Dog, het Mokoena na bewering ʼn deel van die geld, vanaf sowat R1 miljoen, aan Hlubi oorbetaal.

Die tenders se totale waarde beloop R21 miljoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Frederik C ·

Uiters suksesvolle diewe, maar andersins………………….geen verdere vermoëns nie.

Charl ·

Dan wil hulle voortdurend die plaaslike munisipaliteite se name verander na een of ander ”vryheidsvegter” toe….seker maar gepas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.