Mededingingskommissie begin ondersoek na Vodacom

Argieffoto

Die Mededingingskommissie het met ’n ondersoek begin na Vodacom vir beweerde misbruik van oorheersing nadat die maatskappy ’n eksklusiewe kontrak met die Nasionale Tesourie gesluit het om die enigste verskaffer van mobiele telekommunikasiedienste aan die regering te wees.

Sipho Ngwema, woordvoerder vir die kommissie, het in ’n verklaring gesê voor Vodacom die eksklusiewe vier jaar kontrak met die Nasionale Tesourie aangegaan het, kon alle regeringsdepartemente mobiele kommunikasiedienste van enige netwerkoperateurs koop.

Ngwema het gesê die kommissie het inligting ontvang dat 20 regeringsdepartemente onderworpe sal wees aan die nuwe Vodacom-kontrak. “Ander departemente, insluitend staatsbeheerde instellings en munisipaliteite, sal aangemoedig word om die nuwe kontrak aan te neem.”

Volgens Ngwema het die kommissie redelike gronde om te vermoed dat die eksklusiewe kontrak strydig is met die Mededingingswet en ’n uitsluitende misbruik van oorheersing deur Vodacom kan wees.

Ngwema het gesê die wet verbied ’n dominante firma om sy oorheersing te misbruik deur (1) ’n verskaffer of kliënt te beïnvloed of te verhoed om met ’n mededinger handel te dryf en (2) om ’n uitsluitingshandeling te onderneem wat ’n onderneming se toetrede of uitbreiding binne ’n mark belemmer of verhoed, tensy die betrokke firma tegnologiese, doeltreffendheids- of ander pro-kompeterende winste kan toon wat die mededingende effek van sy handeling oortref.

Volgens Ngwema is die kommissie van mening dat die kontrak Vodacom se dominante posisie in die mark verder sal verskans, meer hindernisse tot gevolg sal hê vir toegang tot die betrokke mark, mededinging in die mark sal verdraai en sal lei tot ’n verlies in markaandeel vir ander netwerkoperateurs.

Die Nasionale Tesourie het in Maart 2016 ’n tender uitgereik vir die verskaffing van mobiele kommunikasiedienste aan nasionale en provinsiale regeringsdepartemente vir die tydperk 15 September 2016 tot 31 Augustus 2020. Vodacom is as die voorkeurverskaffer gekies nadat die ander bieërs in verskillende fases van die proses uitgeskakel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

willie ·

Looi hulle! Ons gewone kliënte word lekker ingeloop met data en minute wat nie volgens beginsel van last in first out geld nie! Waarom verval ongebruikte data waarvoor jy betaal het in elk geval!

Petra ·

Uiteindelik!!!!
So 4 jaar gelede n R 10,000 aftrekking van my rekening gekry. (Op n capped rekening, wat nie veronderstel was om oor R1,500 te gaan nie). Geen hond haaraf gemaak by die wonderlike Vodacom nie. Finansieel sukkel ek nog steeds a g v die nagevolge daarvan. KRY VIR JULLE, VODACOM!!!

snoefie ·

vra ek lankal. ou data is nie nat en nuwes droog nie. so hoe kan hulle s3 watter is gebruik? ons het dit gekoop. die data,\smse\lugtyd behoort onvoorwaardelik aan ons en behoort nie tydsgebonde te wees nie.

Heleen ·

Ek kanselleer beslis my kontrak sodra die verby is met vodacom.

hennie schutzler ·

Vodacom is waarskynlik ook die skelmste van alle maatskappye! Ek praat feite en van ondervinding!!!

Basjan ·

Moenie bekommerd wees nie. Die verskillene netwerke maak beurte on swak diens te lewer.

Wilmandie ·

Is al vir jare by Vodacom, maar die laaste paar maande het ek net probleme van hulle af en hulle steel my geld. Sodra my kontrak klaar is, gaan ek oor na Cell C. Hulle het darem iets soos Whatsapp bundle.

riana ·

Dieselfde hier. Sodra my kontrak met hulle eindig in Oktober 2018 oorweeg ek dit om na Telkom oor te gaan.

Anti Vodacom ·

Wonder of hier nie weer n Gupta hand in betrokke is nie. Hul skelm streke en korrupsie strek wyd.

Oom Vodakom ·

Ek sal geensins verbaas wees as dit wel die geval is nie.

John ·

Drie raaie wie is die base van Vodacom? Studente gaan glo gratis internet-gebruik kry en net armes goedkoop lugtyd, terwyl die res moet opdok. Vandat die Afrikaanse hoof weg is, is ons uitgelewer aan base met salarisse wat skrik vir niks.

julius ·

Cell C niks beter kan my nie van syn voorsien nadad ek vir jare geen probleem gehad het nie glocell trek net arms op en se die probleem is by celll c hoe kan n mens net bly betaal

Moeks ·

Cell C maak 100% van Vodacom torings gebruik, so jou dekking sal sleg wees, want Vodacom se kliente kry voorkeur in die spektrum.

dolphin ·

ja Vodacom is so skelm betaal nie reg nie as dit soveel bedrag van die kontrakte se prys moet dit so betaal hoe kan dit ekstra betaal vir 1GB of 100 mg vir wat het soveelste gese moet kanselleer word is aspris mense.

SARIE VAN HEERDEN ·

Probleme begin kop uitsteek by Vodacom. Ek koop ‘n databondel, 4 ure later (en sonder dat ek iets gebruik het) kry ek ‘n aanmaning dat my data klaar is. Dog dis ‘n verkeerde sms aan my, stuur ‘n sms en sowaar, GEEN tadatyd! Waar kla jy? Ek is by Vodac vandat hul die dag begin het maar gaan nou “window shopping” doen vir ‘n ander netwerk.

Griki ·

Ek is al meer as 20 jaar by Vodacom, die eerste jaar op kontrak en daarna op “Pay as you Go”. Het bietjie minder as ‘n jaar gelede ‘n Vodacom-tablet gekoop, ook op “Pay as you Go”. Nog NOOIT ‘n probleem gehad nie.

jan_alleman ·

waarom moet ons betaal vir data as dit in sommige lande verniet en ander spot goedkoop is ?

bgj van der westhuizen ·

ja laat hulle gelooi word wand al die klom air time en data bevark ons nog al die tyd alles is onnodig so duur

Neil ·

Ngwema het seker ‘n aandeel in MTN en soek seker sy cut ook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.