Mededingingskommissie-hoë in gewapende roof

Argieffoto

Die Mededingingskommissie het Vrydag bevestig dat sy adjunkkommissaris die slagoffer van ʼn gewapende rooftog was.

Sipho Ngwema, die kommissie se hoof van kommunikasie, het gesê die voorval het Donderdagaand buite Hardin Ratshisusu se veiligheidskompleks in Midrand, Gauteng, plaasgevind.

“Hy het pas uit ʼn taxi geklim nadat hy dit gebruik het om van die OR Tambo-lughawe na sy huis te ry. Dit wil voorkom of hy van die lughawe af agtervolg is ná ʼn vergadering in Botswana,” het Ngwema gesê.

Volgens Ngwema is Ratshisusu nie in die rooftog beseer nie, maar al sy besitting is tydens die “traumatiese voorval” gesteel.

“Die kommissie het al die nodige veiligheidsmaatreëls getref en is in verbinding met die polisie in dié verband,” het Ngwema gesê.

Die polisie het die voorval bevestig en is besig met ʼn ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Lee ·

Dit gebeur omtrent elke dag by die lughawe. Dit kan net “inside info” wees want hoe weet hierdie helle wie kom van waar af!!

Gatvol ·

Die afgelope week is hoe profiel amptenare aangeval, beroof en besteel nie een is seergemaak of leed aangedoen nie.Is die nie vreemd nie ? As dit wit mense was is hulle aangerand en vermoor ten tye van die misdryf wat gepleeg is.Is dit nie dalk weereens n verskoning om te se maar dit is nie net wit mense wat aangeval word nie.Was die misdade regtig gepleeg? Die ANC het n plan en dit is om plaasmoorde oor n tydperk van jare uit te voer, hullle kan dit nie op eenslag doen nie waaarvoor almal vrees,hulle plan is oor 20 jaar. Moenie nalatig wees nie as jou honde buite blaf bly in die huis,jou honde hoort in die huis.Maak julle oe oop mense

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.