Mededingingskommissie ondersoek 100 sake van ‘kartelgedrag’

Ebrahim Patel, minister van ekonomiese ontwikkeling (Foto: ANA)

Die Mededingingskommissie sal deur die loop van hierdie finansiële jaar 100 sake van kartelgedrag ondersoek, het Ebrahim Patel, minister van ekonomiese ontwikkeling, Donderdag gesê.

Patel het tydens sy begrotingsrede ʼn opsomming gegee van huidige en toekomstige ondersoeke, wat die kommissie sal hanteer.

“Ek verwag om vanjaar nog die uitslag van drie noemenswaardige ondersoeke oor privaat gesondheidsorg, die kruidenierswarebedryf (insluitend winkelsentrums en spazawinkels) en oor datakoste in die parlement bekend te maak,” het hy gesê.

Die kommissie sal ook ongeveer 400 samesmeltings ondersoek en nog twee sake aanvaar van moontlike wangedrag by “dominante maatskappye in die ekonomie”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Frikkie Geld en huis ·

Ek hoop van harte die mededingingskommissie kom by voertuitgversekering uit. Dit behoort ook nie moeilik te wees om die versekeraars uit te vang nie.

Cherokee ·

En by voertuiglisensies. Kyk wat kos die hernuwing van jou lisensie hierdie jaar.

Sê net ·

Hier gaan nog baie goggas uit kom. Goed waaraan ons nog nie eers gedink het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.