Medegevangene beskerm Henri glo in tronkaanval

Henri Van Breda tydens die hofsaak (Foto: Cindy Waxa/ANA)

ʼn Medegevangene in die Pollsmoor-gevangenis buite Kaapstad waar Henri van Breda (23) tans aangehou word, het glo ingetree en Van Breda beskerm toe hy deur ander gevangenes oorval is.

Gedurende die week het Die Son verkeerdelik berig Van Breda is Donderdagoggend na die Karl Bremer-hospitaal in Bellville gehaas ná hy sy eie lewe probeer neem het. Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het egter aan Maroela Media gesê daar steek geen waarheid in die berigte nie.

Dit blyk egter dat Van Breda wel geringe beserings opgedoen het nadat hy deur ander gevangenes aangeval is.

Volgens die Daily Mail het die voorval gebeur toe Van Breda van die besoekerslokaal op pad terug was na die hospitaaleenheid waar hy aangehou word. ʼn Groep van vyf gevangenes het hom glo aangeval, maar ʼn medegevangene het ʼn kondoomhouer van die muur afgeruk en dit as ʼn skild gebruik om Van Breda kans te gee om weg te hardloop.

Die groep was glo agter die kospakkie aan wat Van Breda van sy oom, Andre du Toit, en meisie, Danielle Janse van Rensburg, ontvang het wat hom in die gevangenis besoek het.

Rapport berig Van Breda se prokureur, Lorinda van Niekerk, het gesê die aanvallers het presies geweet wie Van Breda is en hom geteiken. Volgens die koerant het Van Breda kneusings en krapmerke opgedoen.

Van Breda is op 21 Mei in die Wes-Kaapse hooggeregshof skuldig bevind aan die moord op sy ouers, Martin en Theresa, en sy ouer broer, Rudi, asook poging tot moord op sy suster, Marli.

Regter Siraj Desai het beslis Van Breda het sy gesin in Januarie 2015 in hul huis op die De Zalze-landgoed in Stellenbosch met ʼn byl aangeval. Martin, Theresa en Rudi het op die toneel gesterf, terwyl Marli kritieke beserings opgedoen het.

Van Breda is ná die uitspraak in boeie na die aanhoudingselle geneem en daarna in die hospitaalafdeling van die Pollsmoor-gevangenis opgeneem. Vonnisverrigtinge begin Dinsdag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

62 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

Gelukkig is hy gewoond daaraan om “krapmerke en kneusings” op te doen………selfs terwyl ‘n gemaskerde aanvaller sy hele gesin uitwis met ‘n byl!!! Hy sal OK wees…

Jacqui ·

Lekker lag ek vir jou skerp opmerking. Laat hom maar les opsê

Koos de Meyer. ·

Ja hy sal sy Heiland leer ken in die tronk. As jy ‘n krimineel is moet jy maar vat wat na jou kant toe kom.

What a joke! ·

Dit gaan maar gebuk gaan ou Henri so tussen die skollies…

Melt Olckers ·

Polsmoor is die ergste trunk in die land. Maar, if you want to do the crime you must be ready to do the time.

merryl ·

nou wonder ek hoekom hy nie direk tronk toe gestuur is nie maar eers hospitaal toe ? is hy dan siek met ‘n ‘aansteeklike’ siekte.

Magda ·

Hy word in die hospitaal afdeling gehou tot vonnis omdat hy depressie het en ligte epileptiese aanvalle kry was in berigte vroeër gewees.

Foxi ·

Genade tog mense! Julle kommentaar is onmenslik man! Hy het n vreeslike daad gepleeg, almal weet dit. Maar om julself so te verlustig om n mens aan te hou verneder, is smerig onmenslik! Skaam julle…..

Helene Heyns ·

Ek stem saam Foxi. Liewe genade, die mensdom is darem wraaksugtig. Die man het verkeerd gedoen maar ek gaan my nie verlustig in alle teenspoed wat hy nou optel nie.

VanAfrika ·

Hi Foxi, Helene, Albetros, as dit my familie was het ek hom erger dinge toegesnou, om jou geliefdes se koelbloedige moord te sit en beplan en dink jy gaan daarmee weg kom. Hy het sy eie sustertjie se lewe vernietig, sy moet spesiale geleenthede saam haar vermoorde ouers en broer misloop, haar 21ste, haar troudag met haar pa wat haar nooit in die kerk in sal loop nie, haar ma wat haar advies moes gee deur haar swangerskappe, haar broer wat vir haar kinders n oom moes wees en haar kinders wat nooit hul ouma, oupa of oom sal ken nie. Sielkundig is daar niks fout met hom nie, hy het geweet wat hy doen, wat hulle met hom in die tronk doen en nog gaan doen is niks in vergelyking wat hy aan sy eie familie gedoen het nie. Hy het met Christelike beginsels groot geword en dat hy nie mag vermoor nie, deur sy gierigheid het drie mense met hul lewe geboet wat alle reg gehad het om te lewe, hy het n sustertjie agter gelaat wat nou in vrees vir hom lewe met n eensame toekoms wat voor haar lê. En nie een keer het hy berou gewys nie, as hy dit doen sal die mense dalk anders optree.

Wonder ·

Snaaks genoeg, by huis het hy aanvaller aangevat, in tronk hol hy weg en soek dadelik beskerming en hulp, maar daardie wrede oggend nie… Waarheid kom nou uit!

EvW ·

Dalk sal hulle hom laat onthou oor als wat hy gedoen het!!!! Hulle sal hom mooi “help”

Henk Stander ·

Dit is vir my skrikwekkend om die aanmerkings op hierdie berig te lees. Werklik dit is angswekkend om te sien hoe mense hulle verlustig in ń ander se ongeluk.

Laat hy wat onskukdig is die eerste klip gooi.

Johann ·

Henk? Ons gooi nie klippe nie, ons beaam wat die gewetenlose psigopaat toekom! Vir n begin…

As ek naby genoeg was, kon jy verseker wees ek sou hom met graagte met klippe betook….

Yankee ·

Henk, kan jou wed, niemand hierbo met hul aanmerkings het hul gesin vewoes met n byl nie.

Lerato ·

Hallo Henk
Dit vat nogal tyd om agter te kom dat die mens dié wreedste dier is

Piet ·

Ek stem Henk. Hulle skreeu vir sy bloed terwyl hul self skuldig is. Onvergewings gesind terwyl hulle hoop op vergifnis. Soos die twee wat weerskante van Christus gekruisig was. Hulle skree kruisig hom, kruisig hom terwyl hul self vrot is van sonde.

Anoniem2 ·

Kan jy jou voorstel hoe skrikwekkend sy aanval op sy gesin vir hulle moes wees??

VanAfrika ·

Henk ek is onskuldig, ek het nog nooit iemand vermoor nie en ek sal ook nooit dit in my hê om iemand so te vermoor nie. Elke dag van my lewe probeer ek die reguit pad stap omdat ek eendag vir Jesus wil sien en ken. Henri en elke ander moordenaar kon en kan dieselfde doen. Ons het nie nodig om enige iemand dood te maak nie, ongeag die omstandighede. Dis dieselfde met Oscar, die mense wat kommentaar lewe is hartseer, teleulgesteld en geskok dat sulke goed gebeur en op n manier ondersteun hulle die oorledenes want dis duidelik dat julle nie dink aan die vrees wat hierdie gesin moes deurmaak, julle besorgdheid is vir n moordenaar. Sit julle voete in die skoene van daardie pa wat probeer het om sy slapende seun te beskerm teen byl houe wat op hom neer reen en toe self vir sy lewe moes boet, sit jou voete in die ma se skoene toe sy die lawaai hoor en in die gang af stap om te sien wat aangaan net om in haar eie seun vas te loop hom in die gesig kyk toe hy haar met die byl aanrand en vermoor. Sit jou jou voete in die skoene van sy sustertjie wat vlug vir haar lewe en hy haar op die balkon inhaal en sy nie manlike krag gehad het om haarself te beskerm toe hy haar aanrand met dieselfde byl wat haar ma, pa en broer dood gemaak het nie

Hoekom? ·

Hoekom word hy in die hospitaal afdeling aangehou? Ek het dalk iewers iets gemis…?

Nicky ·

Hy is in die hospitaal eenheid agv sy epilepsie. Dis altans wat MM vroeër berig het.

Hester ·

Ek vra ook hkm, depressie en ligte aanvalle van epilepsie kan mos deur medikasie beheer word.

Tokkolos ·

Jy is n gelukkige ou dat daar iemand was wat jou kon beskerm Hoe word daar gesê “die duiwel sorg vir sy kinders “

Lize ·

Wat hy gedoen het is verkeerd en dat hy sy straf moet uitdien is reg maar hier is darem mense wat vreeslike goed kwyt raak…. Ek hoop regtig julle is verseker dat julle kinders nooit so iets Sal doen nie….

Daarom ·

“Hoekom”,
Henri word in die hospitaal afdeling gehou want hy ly glo aan ‘n ligte vorm van epilepsie.

Koos ·

Henri het mooi geleer by Selebi, Schabir, Krecjir en Oscar. Baie lekkerder in die “hospitaalafdeling”. Hy’s tog sooo sieklik ewe skielik. Anders as ‘n paar weke terug toe hy by die lughawe opgemerk is…

Peet J ·

Ek hoop en vertrou dat die skuldigbevinding deur die hof op deeglike bewyse berus en nie net op spekulasie nie. Indien wel, waarom het die geregtelike ondersoek versuim om die enigste lewende persoon van die familie , nie onmiddellik aan die nodige toetse te laat onderwerp nie. Om jou hele gesin uit te wis en dit met ‘n byl, maak nie vir my sin nie.
‘n Normale persoon sal nie tot so-iets instaat wees nie.

Piet ·

Regter (nogal)

Matteus 7: (1) “Moenie oordeel nie, sodat oor julle nie geoordeel word nie; (2) met dieselfde oordeel waarmee julle oor ander oordeel, sal oor julle geoordeel word, en met dieselfde maat waarmee julle vir ander meet, sal vir julle gemeet word.

Romeine 2: (1) Daarom is daar vir jou geen verontskuldiging nie, vir jou, mens wat ‘n ander veroordeel, wie jy ook al is. Deurdat jy oor ‘n ander ‘n oordeel uitspreek, veroordeel jy jouself, want jy wat veroordeel, doen dieselfde dinge.

Nel ·

Om jouself te verlustig in iemand se leed, maak jouself skuldig – miskien nie volgens die wette van die staat nie, maar beslis volgens die wet van God”. Lees Rom. 12.

SjN ·

Staat is korrup Nel, wat probeer jy sê of bewys deur jou stelling? Hy moet boet, eintlik gehang word.

Wonder net ·

Die oordeel kom ons nie toe nie tereg. Elkeen wat egter nie sy vader en sy moeder eer wat gaan met daardie persoon gebeur? Die gebod stel dit duidelik. Dit wat nou met Hrnti van Breda gebeur is suiwer sy eie toedoen wat moontlik veroorsaak was deur “wonderlike natuurlike geneesmiddels” ek sal altyd wonder oor die misbruik van enige vorm van medisyne. Meeste medikasie word misbruik.

Koos ·

Korrektiewe Dienste sal seker ‘n tydjie vat om agter die kap van die byl te kom….

Derik ·

Die mense se kommentaar wat hulle so verlustig in wat met hom gebeur, is die gevolg van die doodstraf wat ontbreek!

Sjoe ·

Ek glo vas Henri is skuldig en eerbiedig die regter se vonnis. Indien Henri in die tronk aangerand word, sal ek myself regtigwaar nie daarin kan verlustig nie (al wil ek ook). Ek voel hy moet sy vonnis uitdien soos n man. Dat die inmates erger is as die gevangenisstraf self, is ongelukkig ‘n wrede werklikheid. Mag Henri vergifnis ontvang vir sy wrede, verkeerde dade – net soos Paulus dit ontvang het.

Willem ·

Hulle moet die drie musketiers, dis nou die een van jaar of twee gelede, hierdie ene en die een wat die twee meisies vermoor het in dieselle sel sit.

Sputnik ·

Ai, aan die een kant kry ek sulke musketiers jammer want hulle is eintlik hul eie slagoffer – byna soos ‘n klein katjie/hondjie wat sy eie stert jaag. Om darem byna alles so mooi in jou guns te hê en dan ALLES met ‘n absolute onbesonne daad te verwoes!

Wenner ·

En so ” vermoor” jul elkeen hom met jul verskriklike veroordeling. En weet jul dat daar nie groot of klein sondes is nie? Jul “byl” is jul gedagtes wat hierdie verskriklike gedagtes op skrif sit!

Kim ·

Ek hoop regtig Henri draai sy Hart om en gee dit Vir God. Soos ons almal maar oordeel (want ons net mens) kom die groot oordeel die dag as ons almal voor God moet staan.

anton ·

Ek dink daar is Groot sondes en kleiner sondes.
Groot sondes is die onvergeefbare sondes, die sonde teen die ”Heilige Gees”.
Die res is ”kleiner” want dit kan/mag wel deur God vergeef word.
En eintelik veroordeel ons nie hom(Henri) nie maar die gruwelike sonde wat hy gepleeg het.
Sy naam is/word wel ongelukkig gekoppel aan die sonde.

ChristaT ·

Wraak en oordeel kom niemand van julle toe nie, dit kom God aleen toe. Onthou wat jy hier met jou woorde saai sal jy eendag maai. Hy is in die tronk en geregtigheid sal geskied, pasop hoe julle oordeel en veroordeel, julle het ook groen koring op die land (hetsy kinders of kleinkinders)

SjN ·

Kondoom houer van die muur afgeruk om hom te beskerm, dit is n tronk, nie n ontspanning plek nie, dit is hoekom die eens pragtige land rommel status geniet

Petro Benade ·

Ek stem saam Kim want die Here het vir Barnabas wat n moordenaar was en langs hom aan n kruis gehang het vergewe. Kom ons vertrou dat dieselfde met hierdie jong man gebeur.

Chantonique Pretorius ·

Ek verstaan iets nie lekker nie !!! Die mede gevangene het n “kondoom houer” gebruik as n skuld om hom te beskerm?? Is ek di enigste een wat dink dis vreemd dat daar vir hulle kondome beskikbaar gestel word?? “kyk – verkrag makaar – maar ag Herman” vat tog n ou kondoompie voordat jy met die daad voortgaan.. What!!!

RUTH ·

GENADE,wat se die heilige woord van God oor mense wat vinger wys na ander en vergeet van die soveel wat na hulle terug wys,wie van ons is sonder sondes,wie is ons beter
GOEIE GENADE MENSE,GOS IS IN BEHEER VAN ONS LEWENS,

RUTH ·

HERE SKANK AAN ALMAL DIE KLIP GOOIERS GENADE,HULLE WIE SO OORDEEL OOR ANDER SE SONDES,EK HOOP DIT KOM NIE OP EEN VAN SE PAD NIE

AMEN

Netnognouer ·

As n pa van n probleem kind kan ek vir julle sê dat as sy pa en ma kon sou hulle nog steeds vir hom bid en dat ons Verlosser niemand wil laat verlore gaan nie. Verder is ons gewetes die ergste tronk en as jy in die nag wakker lê kom juis daai spoke op wat jou nooit met rus sal laat nie so my grootste wens is dat Henry tog genade sal ontvang en eendag sal besef watse onreg hy in die proses aan almal maar die meeste aan homself gedoen het

kas ·

Ek glo nog steeds Henri is onskuldig.Hoe kon hy die moorde gepleeg het as hy ‘n aanval gehad het.Ek glo dit kon ‘n aanvaller gewees het.Die aanvaller het weggehardloop toe Henri bygekom het.

Cas ·

Waar was jy gedurend die hofsaak, die knaap is so skuldig soos Don. Baie gerieflik dat hy ná sy moorde gediagnoseer word. Hy hoort nie in die hospitaaleenheid nie, maar saam die ander koelbloedige moordenaars van Polsmoor.

AH ·

Kas, waar was jy tydens die hofsaak? Waar kry jy jou inligting? As jy iets weet wat die aanklaers en verdediging nie van bewus was nie moes jy mos gepraat het……….Jou bewyse kon hom dalk uit die tronk gehou het!

kas ·

Johann,niemand van ons kan klippe gooi nie veral nie as jy in ‘n huis van glas bly nie.Dit sal makliker vir ‘n kameel wees om deur ‘n naald se oog te spring as wat dit sal wees vir ‘n mens om in die koninkryk van God te kom.Die bybel se so

kas ·

Die aanval waarna ek verwys was in sy verduideliking genoem deur sy advokaat.Sy epilepsie is ook genoem en hy word nou vir epilepsie in die gevangenis behandel,hoekom gebeur dit dan.Hoekom het die staat hom nie verwys vir psigiatriese waarneming nie aangesien die regter beweer die aanvall was onmenslik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.