Medelye ná dood van Mogale City-burgemeester

Patrick Naga Lipudi, burgemeester van Mogale City, is na ‘n kort siekte dood. (Foto: Mogale City)

Die burgemeester van Mogale City, Patrick Naga Lipudi, is Sondagoggend ná ʼn kort siekbed dood. Hy was 59.

“Namens die Gautengse provinsiale regering wil ons ons innige meegevoel betuig met die Lipudi-familie, sy kollegas in die uitvoerende raad en binne sy organisasie, asook met die ANC,” het Lebogang Maile, LUR vir menslike nedersettings, stedelike beplanning en samewerkende regering en tradisionele sake in die provinsie, gesê.

Lipudi is in Junie 2017 tot burgemeester verkies.

“Sy skielike dood is nie net ʼn tragiese herinnering dat ons as mense nie onsterflik is nie, maar sy vertrek uit die land van die lewendes beroof ook die gemeenskap van Mogale City van ʼn eerbare en nederige amptenaar wat toegewyd was aan die diens van mense,” het Maile gesê.

Die LUR sal die Lipudi-familie besoek om die regering se medelye persoonlik te betuig.

Sabelo Ngwane, administratiewe hoof in die burgemeesterskantoor, het gesê Lipudi se vrou en kinders, asook sy uitgebreide familie, is platgeslaan deur sy dood. Hy het Lipudi as ʼn steunpilaar vir sy gesin beskryf.

Besonderhede oor Lipudi se roudiens en begrafnis sal bekend gemaak word sodra die reëlings in oorleg met sy familie gefinaliseer is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Han ·

Krugersdorp. Julle wat daar bly en werk daar skep, Het die plek floreer of agteruitgegaan onder hierdie man?

Muffin ·

Mogale City beter bekend as Krugersdorp gaan ook maar met n passie agteruit soos die meerderheid van ons stede en dorpe.

Christien ·

Simpatie aan die familie van die mogalecity-burgemeester.
Die wat kommentaar lewer… Daar’s dalk omstandighede waaronder mens jou politieke frustrasies ‘n oomblik kan eenkant skuif.?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.