Medelye na gesoute joernalis skielik in gimnasium sterf  

Jermaine en Michelle Craig (Foto: Facebook)

Medelye stroom in ná die dood van die gesoute joernalis Jermaine Craig.

Craig (47) het Maandagoggend inmekaargesak terwyl hy in die gimnasium was en is na die Mediclinic Sandton gehaas waar hy dood verklaar is.

Volgens Craig se familie sal besonderhede oor sy begrafnis op ʼn later stadium bekend gemaak word. “Ons vra dat julle sy vrou, Michelle, en kinders Matthew en Christian, sy ma en die res van die familie in jul gebede sal hou.” Michelle is ‘n Newzroom Afrika-aanbieder.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) het sy medelye met Craig se familie betuig.

Die beoordelaarspaneel van die Vodacom Joernalis van die jaar-toekennings het ook sy medelye betuig en gesê Craig het in 2019 by die paneel aangesluit en dat hy nog verlede Donderdag teenwoordig was tydens die bekendmaking van die nasionale wenners van die kompetisie.

“Jermaine se teenwoordigheid sal diep gemis word, maar sy nalatenskap as ʼn uitsonderlike joernalis sal voortduur,” het Mapi Mhlangu namens die beoordelaarspaneel gesê.

Van die ander paneellede het Craig as “deernisvol en met flink insig” beskryf en gesê hulle is verpletter deur die nuus van sy dood.

Craig was ʼn gesoute sportjoernalis en was voorheen redakteur van Cape Argus. Hy was ook die kommunikasiehoof van die 2010 Wêreldbeker-sokkertoernooi in Suid-Afrika en was ook SA Toerisme betrokke.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Charl Albertus ·

Ek moet erken, ek wonder self oor die onskadelike spuit…… Nou is al die slimmes stokdoof en afwesig.

Skappie ·

Sterkte aan sy gesin en almal wat hom geken het. Mag onse Liewe Heer julle almal deur hierdie moeilike tyd wat nou voorle dra.

George ·

@Riaan, nee hy het nie. Hy was inteendeel nogal vocal teen dit. Hy het onderligende probleme gehad. Gaan volg op x

Sê maar net ·

So, so jammer. Baie sterkte aan sy vrou en kinders en moeder en uitgebreide familie. Dis baie hartseer. Mag ons Hemelse Vader julle almal hierdeur dra, vertroos, versterk en uiteindelik berusting bring.

JN ·

Baie hartseer..
My oom en baie ander het begin kla van hart probleme na die Covid inenting..
Mense sterf skielik,dit gebeur en is normaal maar nou wonder ek waarvan hy so skielik gesterf het..hart probleme?Natuurlik of n besering?
Innige medelye aan die familie en vriende..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.