Medelye ná jong konstabel dood gevind is

Thinus Swart. Foto: Facebook

Medelye stroom in op sosiale media ná ʼn jong konstabel die naweek dood in sy woonstel gevind is.

Thinus Swart (29), ʼn lid van die Tshwane-metropolisie (TMPD), is omstreeks 11:00 Saterdag dood in sy woonstel in Hercules, Pretoria, gevind.

Volgens die metropolisie is Swart se liggaam deur ʼn kollega gevind. “Hy was veronderstel om Saterdag vir diens aan te meld, maar het nie opgedaag nie. Sy kollegas het verskeie oproepe gemaak om hom in die hande te probeer kry maar sonder sukses,” het die TMPD in ʼn verklaring gesê.

ʼn Kollega wat in dieselfde kompleks woon, het besluit om ondersoek in te stel. “Hy het die konstabel se lewelose liggaam in ʼn plas bloed aangetref met sy dienspistool langs hom. ʼn Geregtelike doodsondersoek is deur die polisie begin, maar die moontlikheid van selfmoord word nie uitgeskakel nie.”

Volgens die TMPD was Swart ʼn toegewyde werker en passievol oor sy werk. “Hy het ten tyde van sy dood in ʼn dwelmeenheid by die misdaadvoorkomingsafdeling gewerk. Die TMPD is geskok en hartseer oor sy dood. Ons wil ons innige meegevoel betuig met sy familie, vriende en kollegas.”

Swart laat sy dogtertjie, ouers en suster agter. Medelye stroom intussen op sosiale media in vir Swart.

Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om die SAPD of die TMPD by onderskeidelik 012 358 7095/6 of 012 358 2124 te nader.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Stem saam ·

Ek stem 100% saam, wens net mens kon daar wees, mense wat goed is en goed is in hul werk is soooo skaars. Om van die dogtertjie wat met al die vrae moet grootword en agterbly is dit net nog meer sad.

Marianne ·

Mag God die familie en die kollegas van die jong man genadig wees en krag gee.
EK hoop hulle vind “closure” dat by dalk ‘n boodskap gelos het…

Beatrix ·

Sterkte aan die Familie en almal wat deel was van Thinus se lewe… Depressie kan n groot oorsaak wees, geen een sal die antworrd kan gee, behalwe die een wat dit gedoen het… dit is jammer hy kon dit nie op n ander manier hanteer… dit is n hartseer saak

Chris-Mari ·

Ek weet nie of dit noodwendig net gewone depressie is nie – die dinge wat arme polisiemanne soms beleef en sien dink ek dryf hulle ook na dit. Daar is so baie korrupte lede maar daar is net soveel goeie lede wat regtig swaarkry en verskriklik min geld verdien

Theresa ·

Innige simpatie en krag aan sy familie en vriende – dis tragies.

leser ·

is daar niemand wat ‘n slag (skoot) gehoor het nie. dit is in ‘n kompleks ??????. tragies en sterkte aan vriende en familie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.