Medelye ná moord op kranige sportman van Noordhoek

Wesley Sweetnam (30) se dood is as ‘n tragedie beskryf. (Foto: Facebook)

Die polisie is steeds op soek na die moordenaar of moordenaars wat ʼn bekende inwoner van Noordhoek in die Kaapse Skiereiland in sy huis doodgeskiet het.

Wesley Sweetnam (30) is Sondag omstreeks 05:50 in sy huis oorval, het kol. Andrè Traut, provinsiale polisiewoordvoerder, gesê.

“Die motief vir die moord is vermoedelik roof,” het hy gesê.

Sweetnam is die eienaar van Doggy-Style Grooming, Boarding & Doggy Daycare in Noordhoek.

Tientalle boodskappe van medelye is op Sweetnam se Facebook-bladsy geplaas.

Hy is beskryf as ʼn “gelukkige en pragtige siel” wat vir omtrent enigiets kans gesien het.

“My medelye aan Wesley se familie. Hy was ʼn werklik merkwaardige man,” het Shakierah Tille Hendricks geskryf.

“Jou lus vir avontuur en die buitelewe was absoluut aansteeklik en jou goedgesindheid sonder gelyke. Ons mis jou stralende glimlag, maar kan reeds voel hoe jou gees voortleef deur die uitwerking wat jy op diegene om jou gehad het,” het Tegan Child-Villiers gesê.

Sweetnam was ʼn kranige sportman met ʼn groot liefde vir diere.

“Wesley Sweetnam was een van daardie skaars mense wat alles beter gemaak het net omdat hy ʼn deel daarvan was. Ons veldroetes was beter omdat Wesley daar deur was, ons wildernisse is beter omdat hy dit besoek het. Die wêreld is ʼn beter plek omdat hy geleef het,” het Otter African Trail Run geskryf.

Sy dood is as ʼn tragedie beskryf.

Volgens die polisie is niemand nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

toy ·

Mag hulle die moordenaar(s) vinnig kry en verewig toegesluit word, hulle het hom beroof van sy lewe op aarde. Dit is verskriklik hoe dit gaan in die land.

Zelda ·

Hulle gaan aanhou moor. En die moordernaars gaan NIKS oorkom soos gewoonlik nie

Elméne ·

VB ek stem volkome saam met jou!! Dit is so hartseer en tragies maar soooo waar.

Dries B ·

Maak die wet n oog vir n oog ,anders kom hul vry en doen dit weer.

Feite ·

RIP Wesley Sweetnam. Terwyl meer intensiewe positiewe veldtogte geloods word om mense in SA te hou, bly SA steeds een groot hartseer tragedie vir diegene wie deur misdaad, korrupsie, intimidasie en diskriminasie getref word. Om toenemend die ware stand van sake te versag en te probeer verdoesel is glad nie baie wys nie, al reken die organiseerders van positiewe veldtogte so. Daar is absoluut niks positiefs aangaande die ANC/eff se rewolusionere ideologiee en denke wat jaloesie, haat, wraak en misdadige vergelding aanspoor teenoor anti-rewolusioneres nie!

Mariaan ·

SKOKKEND…ek lees nog met skok vd een moord…dan is hier alweer n vlg een….o nee…vrot..stink..land!! Wens so ons kan hier uit!

Gert van Wierdapark ·

Die flippen baarbare loop los rond om the roof en te motor!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.