Medelye ná raadslid sterf tydens sitting

Die foto van Mthembu is Maandag kort voor haar dood geneem.

Die foto van Mthembu is Maandag kort voor haar dood geneem.

ʼn ANC-raadslid is Maandag dood tydens die eerste sitting van die Johannesburgse stadsraad.

Die ANC in Gauteng het gesê hy is baie hartseer oor die dood van Nonhlanhla Mthembu wat ineengestort het kort nadat politieke partye kandidate vir hoofsweep en burgemeester benoem het.

Volgens die ANC het Mthembu onlangs haar 50ste verjaardag gevier en was sy ʼn aktivis en toegewyde lid van die beweging. “Sy het haar lewe daaraan gewy om die gemeenskap te dien. Sy was sedert 2011 ʼn raadslid in Johannesburg en is herverkies om nog ʼn vyf jaar lange termyn te dien.”

Die party het sy medelye aan Mthembu se familie, vriende en kollegas uitgespreek. Die oorsaak van haar dood is nog nie bekend nie.

Die DA het intussen ook sy medelye betuig. Herman Mashaba, nuutverkose burgemeester van Johannesburg, het sy inhuldigingstoespraak uitgestel tot die eerste sitting van die nuwe raad op 13 September uit respek vir Mthembu.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Penellope Jones ·

Ai, sy het gesterf terwyl sy gedoen het wat vir haar in persoon die meeste beteken het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.