Medelye ná vliegtuigongeluk by Randse Lughawe

AO Willem Erasmus (Foto: Verskaf)

’n Polisiebeampte met byna 30 jaar se dienservaring was onder die vyf mense wat Dinsdag tydens ʼn vliegtuigongeluk by die Randse Lughawe in Gauteng omgekom het.

Die polisie het sy skok uitgespreek oor die dood van AO Willem Erasmus, wat reeds 29 jaar se diens in die polisiediens agter sy naam het. Hy was verantwoordelik vir die verskaffing van lugondersteuning tydens misdaadvoorkoming sowel as soek-en-reddingsoperasies.

Daar was ses mense aan boord die polisie se Pilatus PC-6 Porter-vliegtuig. Die enigste oorlewende was die senior vlieënier, kapt. Casper Swanepoel. Swanepoel het 16 jaar se dienservaring.

Kapt. Casper Swanepoel (Foto: Verskaf)

Volgens kol. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder, het Swanepoel ernstige beserings opgedoen en word hy tans in die hospitaal behandel.

Maroela Media het vroeër berig die ongeluk het omstreeks 14:30 gebeur kort ná die vliegtuig opgestyg het.

Onder die vyf oorledenes was twee polisiebeamptes. Die res was tegnici wat gekontrakteer is om die polisie se helikopters te diens en in stand te hou.

Die polisie het sy medelye met die oorledenes se familie en vriende betuig.

Die ongeluk het die aand voor die polisie se jaarlikse Nasionale Gedenkdag plaasgevind. Tydens hierdie dag word die 33 polisiebeamptes wat tussen 2021 en vanjaar hul lewens in die uitvoering van hul pligte verloor het, gedenk.

Volgens lt.genl. Tebello Mosikili, die waarnemende nasionale polisiekommissaris, is ’n ondersoek van stapel gestuur om die oorsaak van die ongeluk te bepaal.

’n Geregtelike doodsondersoekdossier is ook geopen om die oorsaak van die dood van die vyf oorledenes te bepaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Di ·

Dalk was die ongeluk juis agv iets wat skeef geloop het met die diens en instandhouding van die helikopter. Menslike foute gebeur wel

pompies ·

Dilie lees die artikel weer dit was n vastevlerk vliegtuig wat geval het, van die mense in die vliegtuig was helikopter tegnici.

Jsgroen ·

Ervare vlieëniers maak selde foute. Ek vermoed ook tegniese probleme. Sal graag wil hoor wat die oorsaak was. Sterkte aan die families. Onnodige lewens verlies.

SwartBees ·

Vlerk het afgeval terwyl die tuig opstuig van die vliegtuig.

Casper ·

Hoe lees jy die berig.Dit was ‘n Pilatus PC 6 Porter vliegtuig nie ‘n helikopter nie,ek dog ek sê maar net.

Swerwer ·

Meegevoel met die oorledenes se familie, vriende en kollegas. Hoop daar word ook foto’s geplaas waar Hoed die oorledenes se families sal besoek en finansiële bystand aan hul families sal gee.

Delia ·

So wat van die name van die ander oorledenes. Daar was nie net die 2 in die vliegtuig. Hoop die vlieënier gaan vir berading.

Zoey ·

Op hierdie stadium bid die lede van SAPS vir sy herstel. Hy het ernstige beserings opgedoen. Ek glo die name van die ander oorledenes sal bekend gemaak word. Dalk wil hul families dit nie op hierdie stadium bekend gemaak hê nie.

quartus ·

Kom om ” tydens ” n vliegongeluk. Ek dog mens se “in ” n ongeluk

Casper ·

Hulle het omgekom met ‘n vliegtuig en derhalwe praat hulle van ‘n vliegongeluk.’n Ongeluk kan selfs met ‘n fiets wees.

Hennie ·

Baie hartseer dat hierdie kundiges hul lewens só verloor het. Sterkte aan die families!

Sop ·

Daar was n oog getuie wat gese het die vlerk het afgekom. Dit betekin die vliegtuig was of buite sy veiligheids marge gedruk of daar was n onderhouds probleem. Ieder geval, sterkte aan die families. Tragies.

Harley Davidson ·

Tragies,en wat vir my ook tragies is AO Erasmus het 30 jaar diens en is in daardie tyd net 2 keer bevorder, maar dan kom jy by ‘n klagte kantoor en ‘n 20 jarige kaptein kan jou nie help want hy kan nie jou van spel nie dit maak dan sin hoekom die polisie is waar hulle is.

piet ·

Ek praat gister by die bank met ‘n man wat die polisie so ‘n paar jaar terug verlaat het, as ‘n kaptein. Hy vertel my toe dat hy eers by ‘n ander eenheid gewerk het en dat ‘n ander polisiebeampte as sersant onder hom daar gewerk het. Toe kom die kaderontplooiing en word hierdie sersant tot brigadier bevorder. Kan jy dit glo, hy’t blykbaar nie eers ‘n offisierskursus gedoen nie. Die kaptein het toe by ‘n ander eenheid gaan werk en eendag loop hy weer vir glorified brigadier raak. Hy se hy was uit die veld geslaan om te sien die sersant is nou ‘n brigadier maar die ergste was toe Meneer Brigadier hom aanspreek en vra hoekom hy hom nie salueer nie. Bid jou dit aan, die vermetelheid. Hierdie storie is raar maar ek het geen rede om te glo dat die ou nie die waarheid praat nie, hierdie dinge het gebeur. Die man werk nou by FNB en beklee ‘n hoe pos so ek dink nie hy sou sommer vir my jok nie.

Anel ·

Ek hoor presies wat hy sê, maar hy was verkeerd. Maak nie saak hoe jy ‘ n persoon haat nie, jy salueer nie vir hom nie, maar die rang. Alhoewel die lot glo hulle word gesalueer. Baie jare terug toe ek nog ‘n jong konstabel was het ek ‘n luitenant, toe ons nog van hulle gehad het, gesalueer. Hy het my in die oë gekyk en aan beweeg. Net daar vererg ek my, draai om en dpreek hom aan. Hy het so geskrik, hy het nie geweet wat om te sê nie. Maar ja, my man het ook die ding oirgekom waar ‘n klerk net aangestel is en toe hy weer sien sien die ou ook ‘n brigadier van ‘n baie belangrike eenheid. Maar my man kon ook nie beverder word nie. Hy af as een van die oudste A/o’s. Maar nou ja. Dit is baie hartseer dat die polisie so ‘n ervare persoon so moes verloor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.