Medelye stroom in ná Zuma-seun sterf

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS

Medelye stroom uit verskillende oorde in ná die nuus dat een van voormalige pres. Jacob Zuma se seuns dood is.

Maroela Media het vroeër berig Vusi Nhlakanipho Zuma is Sondagaand in die Milpark-hospitaal in Johannesburg dood. Vusi se dood volg op ʼn kort siekbed, maar meer besonderhede oor die oorsaak van sy dood is nog nie bekend nie.

Die EFF het in ʼn verklaring op Twitter gesê dié party betuig sy diepste medelye aan Zuma en die res van sy familie.

“Wanneer die dood aan die deur klop is dit nooit aangenaam vir enigiemand nie veral nie as die persoon jonk was en sy lewe voor hom gehad het nie. Ons gebede en gedagtes is met die Zuma-familie.”

Die ANC het ook sy stem by die koor gevoeg en gesê die party is diep hartseer oor Vusi se “ontydige afsterwe”.

Pule Mabe, nasionale woordvoerder van die ANC, het gesê Vusi Zuma was ʼn toegewyde en nederige aktivis. “Sy dade van goedheid en sy sagte siel sal vir altyd in ons harte bly.”

Pres. Cyril Ramaphosa, het gesê dat hy namens die regering en alle Suid-Afrikaners “ons diepste medelye met die voormalige president en die Zuma-familie betuig oor die afsterwe van hul geliefde seun. Woorde kan nie die pyn om ʼn jong familielid te verloor beskryf nie. Ons gedagtes en gebede is met die familie en ons wens is dat die Here vir voormalige pres. Zuma krag sal gee.”

Vusi was een van vyf kinders wat verwek is uit die huwelik van Zuma en sy derde vrou, Kate Mantsho. Die tweeling Duduzane en Duduzile Zuma is Vusi se broers. Mantsho het in 2000 haar eie lewe geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Kapenaar ·

En wat gebeur met blankes wie se ouers of familie vermoor word…. niks… hulle klink seker ‘n glasie wyn daarop!!

Estelle van der Merwe ·

Boere word elke dag vermoor maar daaroor word nie ‘n woord gerep nie.

Conus ·

Dit is tyd dat aanvaar word dat “our people” en nie almal deel van die “aanvaarbare” SA is nie

GM ·

Ek voel jammer vir sy verlies, hy bly immers op die ou einde van die dag ‘n ouer wat ‘n kind aan die dood moes afstaan. Ongeag al sy slegte dade, kan mens bietjie simpatie betoon met sy verlies, al voel hy ‘n veer vir joune. Waarvan ek nie hou nie, is dat die president dink hy kan namens ons almal praat, maar wanneer boere uitgemoor en gemartel word, is hy doodstil.

Groot simpatiseer ·

Ek simpatiseer met alle mense wat kinders verloor het as gevolg van die man se korrupsie en skade gerig aan die geregsisteem en gesondheidsorg.

White Rhino ·

Waarom geen medelye vir vermoorde wit boere nie? O ja ek het vergeet – ons is mos nie deel van SA nie.
Ek sien op RT = Russian News dat die mense daar regdeur ramapaddapot sien.

Basjan ·

“Mantso het in 2000 haar eie lewe geneem.” Zuma se derde vrou. Wonder nou net wat was die rede daarvoor?

Lana ·

CR sê “ons wens is dat die Here vir Zuma sal krag gee”. Hy sê ook “ons gedagtes en gebede” is met hulle.
Glo hulle REGTIG in God dié Almagtige? Indien wel, is hulle optrede heeltemal onvanpas.
Dade spreek harder as woorde.

Vonkprop ·

Ek wens hulle wil ophou sê namens ALLE Suid Afrikaners. Ek sal vir my self praat baie dankie.

Jammer ·

Ek is jammer vir waardeur hy moet gaan……dood van kind…..onbeskryflik seer. God het wel n doel……met almal….en als?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.