Medelye stroom in vir geliefde sakeman van Bethlehem

Gerard de Boer (Foto: Hoërskool Witteberg/Facebook)

Gerard de Boer (45), ʼn bekende sakeman in Bethlehem in die Vrystaat, is Saterdag dood aangetref by sy onderneming.

Konst. Puleng Lebakeng, woordvoerder van die polisie, het gesê De Boer se pa Henk, en sy vrou, Lize, het ondersoek ingestel nadat hy nie teen die gewone tyd terug was by die huis nie. “Sy vrou was besorg en het haar skoonpa gekontak. Hulle het besluit om De Boer by sy werk te gaan soek en daar het hulle op sy liggaam afgekom.”

De Boer was die eienaar van Solomons Mica. Die polisie en paramedici is na die hardewarewinkel ontbied en De Boer is dood verklaar. “Hy is vermoedelik verwurg. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord.”

Hy laat sy vrou en vyf kinders agter.

Intussen stroom boodskappe van medelye in vir De Boer op sosiale media.

André Smith, skoolhoof van Primêre Skool Jordania, waar De Boer jarelange beheerliggaamvoorsitter was, het die nuus op die skool se Facebook-blad bevestig. “Ons innige meegevoel aan sy vrou Lize, die kinders en al die ander familie en vriende. Hy het diep spore by Jordania getrap en altyd meer as sy deel gedoen. Sy nalatenskap by die skool en aandeel in die skool se suksesse is enorm. Hy gaan beslis gemis word.”

Die hoof van Bethlehem Akademie, Peet Booysen, het gesê as iets só tragies gebeur, raak dit ʼn hele gemeenskap. “Ons innige simpatie aan die De Boer-gesin met die heengaan van Gerard de Boer. Hy was ʼn groot deel van die gemeenskap en sal gemis word. Mag God hierdie gesin omvou met sy almagtige krag.”

Die Hoërskool Witteberg het ook hul medelye uitgespreek. “Dit is met groot hartseer en emosie, ‘n gevoel van onwerklikheid, dat ek namens die Wittebergfamilie ons innige meegevoel met Lize, Hendré, Franco, Gérard, Christiaan en Lia betuig met die skielike heengaan van Gérard,” het Coenie Venter gesê. “Ons woorde ontbreek om te vertroos of sin te maak van jul groot verlies. Ons eer sy nagedagtenis in die wete dat hy nie net as oudskolier, vriend en beheerliggaamslid nie, maar werklik as mens, ‘n reuse en tasbare verskil by Witteberg gemaak het. Sy nalatenskap sal in jare wat kom die stille getuienis wees van sy omgeehart, sy oop hand en sy diensbare gees. Ons vertrou ons Here vir Sy vertroosting, berusting en omarming van jul as gesin. Gérard de Boer ons sal jou mis!”

Dana Roothman het ook op ʼn Facebook-plasing reageer. “Dit is so onnodig! ʼn Ramp vir ons dorp. Die De Boers was en is deel van die gemeenskap vir soveel jare en het net goed gedoen nie net in besigheid nie maar aan sovele in gemeenskap. Ons diepste meegevoel aan sy ouers en gesin en familie. Mag GOD julle deur hierdie tyd van beproewing dra en versterk.”

Amanda Reinecke van Bénédictions Décor het ook haar meegevoel betuig. “Dit was werklik heerlik om saam met jou ʼn pad te kon stap. Jy was regtig ʼn ongelooflik man. Ons gaan jou baie mis.”

Enigiemand met inligting word versoek om met kapt. Screamer Tshabalala kontak te maak by 083 713 7076.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

22 Kommentare

jongste oudste gewildste
Helene

En so gaan dit net aan en aan! My innige meegevoel aan sy familie en vriende!

c

Ek woon waar ek altyd wou woon. Ek het gewerk daarvoor om hier te kon aftree. Ons woon op ‘n skiereiland met die oseaan sowat 250 meters voor ons woonstel en die hawe selfs nader aan die agterkant. Langs ons vaar die reuse wat die oseane oorkruis in, met ‘n helikopter wat hulle begelei. Ons het die see voor ons en agter ons met die klank van branders en die soutreuk van die see. Vir jare het ek hier kruideniers gekoop en gewens om dit altyd te doen. Vir netsoveel jare het ek langs die see gery en gewens om… Lees meer »

lewies

Baie dankie Sune’ vir die inhoud van hierdie artikel. Jy is beslis ‘n ware mens, mens.

Sarel Strydom

Wanneer gaan die Regering ophou om Politieke speletjies te speel om populariteit te bevorder en iets doen om die misdaad is hierdie land te stop. Hulle kan nie en weet nie hoe nie,

Se maar net

so val ons een vir een – hoe onnodig!!!!!!! vat wat julle wil maar laat ons lewe!!! nee jissie ek lees nie een dag maroela wat daar nie ‘n moord op is nie hoe bly ‘n mens positief??? Land uit gaan is vir my nie meer ‘n opsie weens my ouderdom nie maar glo my ek sal alles in my vermoe doen dat my kind kan gaan, vlug ons? miskien, wie kan aangaan om elke dag so in vrees vir jou lewe te leef. Dis mos nie ‘n lewe nie, elke dag sien ons al hoe meer hoe ons mooi… Lees meer »