Medelye stroom in vir geliefde sakeman van Bethlehem

Gerard de Boer (Foto: Hoërskool Witteberg/Facebook)

Gerard de Boer (45), ʼn bekende sakeman in Bethlehem in die Vrystaat, is Saterdag dood aangetref by sy onderneming.

Konst. Puleng Lebakeng, woordvoerder van die polisie, het gesê De Boer se pa Henk, en sy vrou, Lize, het ondersoek ingestel nadat hy nie teen die gewone tyd terug was by die huis nie. “Sy vrou was besorg en het haar skoonpa gekontak. Hulle het besluit om De Boer by sy werk te gaan soek en daar het hulle op sy liggaam afgekom.”

De Boer was die eienaar van Solomons Mica. Die polisie en paramedici is na die hardewarewinkel ontbied en De Boer is dood verklaar. “Hy is vermoedelik verwurg. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord.”

Hy laat sy vrou en vyf kinders agter.

Intussen stroom boodskappe van medelye in vir De Boer op sosiale media.

André Smith, skoolhoof van Primêre Skool Jordania, waar De Boer jarelange beheerliggaamvoorsitter was, het die nuus op die skool se Facebook-blad bevestig. “Ons innige meegevoel aan sy vrou Lize, die kinders en al die ander familie en vriende. Hy het diep spore by Jordania getrap en altyd meer as sy deel gedoen. Sy nalatenskap by die skool en aandeel in die skool se suksesse is enorm. Hy gaan beslis gemis word.”

Die hoof van Bethlehem Akademie, Peet Booysen, het gesê as iets só tragies gebeur, raak dit ʼn hele gemeenskap. “Ons innige simpatie aan die De Boer-gesin met die heengaan van Gerard de Boer. Hy was ʼn groot deel van die gemeenskap en sal gemis word. Mag God hierdie gesin omvou met sy almagtige krag.”

Die Hoërskool Witteberg het ook hul medelye uitgespreek. “Dit is met groot hartseer en emosie, ‘n gevoel van onwerklikheid, dat ek namens die Wittebergfamilie ons innige meegevoel met Lize, Hendré, Franco, Gérard, Christiaan en Lia betuig met die skielike heengaan van Gérard,” het Coenie Venter gesê. “Ons woorde ontbreek om te vertroos of sin te maak van jul groot verlies. Ons eer sy nagedagtenis in die wete dat hy nie net as oudskolier, vriend en beheerliggaamslid nie, maar werklik as mens, ‘n reuse en tasbare verskil by Witteberg gemaak het. Sy nalatenskap sal in jare wat kom die stille getuienis wees van sy omgeehart, sy oop hand en sy diensbare gees. Ons vertrou ons Here vir Sy vertroosting, berusting en omarming van jul as gesin. Gérard de Boer ons sal jou mis!”

Dana Roothman het ook op ʼn Facebook-plasing reageer. “Dit is so onnodig! ʼn Ramp vir ons dorp. Die De Boers was en is deel van die gemeenskap vir soveel jare en het net goed gedoen nie net in besigheid nie maar aan sovele in gemeenskap. Ons diepste meegevoel aan sy ouers en gesin en familie. Mag GOD julle deur hierdie tyd van beproewing dra en versterk.”

Amanda Reinecke van Bénédictions Décor het ook haar meegevoel betuig. “Dit was werklik heerlik om saam met jou ʼn pad te kon stap. Jy was regtig ʼn ongelooflik man. Ons gaan jou baie mis.”

Enigiemand met inligting word versoek om met kapt. Screamer Tshabalala kontak te maak by 083 713 7076.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Helene ·

En so gaan dit net aan en aan! My innige meegevoel aan sy familie en vriende!

Linda Blaauw ·

Seker weereens vir geld. Simpatie metgesin.Die Liewe Vader sal hulle deur die tyd van smart dra.????Nog n sinnelose moord.

Laetetia Rademeyer-Basson ·

Ai Lize, in die hartseer tyd dink ek aan jou en jou kinders en familie. Baie sterkte! Ons bid v julle. Juf. Basson

c ·

Ek woon waar ek altyd wou woon. Ek het gewerk daarvoor om hier te kon aftree. Ons woon op ‘n skiereiland met die oseaan sowat 250 meters voor ons woonstel en die hawe selfs nader aan die agterkant. Langs ons vaar die reuse wat die oseane oorkruis in, met ‘n helikopter wat hulle begelei. Ons het die see voor ons en agter ons met die klank van branders en die soutreuk van die see. Vir jare het ek hier kruideniers gekoop en gewens om dit altyd te doen. Vir netsoveel jare het ek langs die see gery en gewens om altyd hier te woon. Vir byna twee dekades nou, woon ons hier. Sedert 2004. Nou wil ek move! Nou kyk ek Internet deur. Waar gaan ons heen? Australië? Soos dit is het ons al vriende daar wat nie eens mekaar ken! En vriende wat volgende maand na Aus gaan.
Na England? Die Boer-moornaars? Daar waar … vergeet dit.

lewies ·

Baie dankie Sune’ vir die inhoud van hierdie artikel. Jy is beslis ‘n ware mens, mens.

Sarel Strydom ·

Wanneer gaan die Regering ophou om Politieke speletjies te speel om populariteit te bevorder en iets doen om die misdaad is hierdie land te stop. Hulle kan nie en weet nie hoe nie,

Se maar net ·

so val ons een vir een – hoe onnodig!!!!!!! vat wat julle wil maar laat ons lewe!!! nee jissie ek lees nie een dag maroela wat daar nie ‘n moord op is nie hoe bly ‘n mens positief??? Land uit gaan is vir my nie meer ‘n opsie weens my ouderdom nie maar glo my ek sal alles in my vermoe doen dat my kind kan gaan, vlug ons? miskien, wie kan aangaan om elke dag so in vrees vir jou lewe te leef. Dis mos nie ‘n lewe nie, elke dag sien ons al hoe meer hoe ons mooi land net meer en meer ten gronde gaan en dit gaan nie stop nie, maar regering amptenare het mos dosyn + lyfwagte om hulle dag en nag hoe sal hulle weet wat vrees is. Innige simpatie aan gesin ;-( maak mens net bitter

Grassie ·

My innige meegevoel met die naasbestaandes van die slagoffer. Hierdie eens pragtige land het werklik in ‘n helhool ontaard. Baie dankie aan Suné vir die puik beriggewing en mooi skryfstyl.

Koos Nel ·

Waar is die ander winkels om die hardeware se CCTV beeldmateriaal…meeste Mica winkels het hul eie CCTV stelsels…..?

Koos ·

Hierdie is ‘n losstaande gebou met geen winkels direk by die winkel nie. Vertrou hulle het hul eie CCTV beeldmateriaal.

Dr. Jacques van den Berg ·

Die prys raak te groot om aan al hierdie boosdoeners blootgestel te wees. Kosbare en mooi lewens word verkwis. Ons sal ‘n nuwe staat moet vorm. Ons het nie veel meer tekens nodig dat die keerpunt verbygesteek is nie! Ek rou oor een van die beste mense wat ooit op hierdie aarde gebore is–op ‘n dorp waar ek ook 79 jaar gelede die eerste lewenslig gesien het.

toy ·

Sinneloos! Hoop die persoon of persone wat dit gedoen het se gewete ry hulle, hoop julle voel siek vir dit wat julle aan hom en sy familie gedoen het.

magda ·

Kom ons hoop dat daar kring televisie materiaal beskikbaar is om die skuldige/s vas te trek. Sterkte aan sy vrou en 5 kinders – my hart gaan uit na julle.

Frans C ·

Partykeer vul dit vir my asof dieselfde lot ons getref het het as die bannelinge wat teruggekom het om die verwoeste Jerusalem te herbou.
In Klaagliedere 5 bekla die digter sy lot en skryf ondermeer:
“15Daar is nie meer vreugde oor in die lewe nie. Ons vrolike dans het in begrafnisliedere verander. 16Ai tog, dit gaan sleg met ons. Ons het oortree en nou is alles weg waarop ons trots was.
17Ons knieë het lam geword en ons oë het dof geraak 18omdat Sion ’n verwoeste en verlate plek geword het waarin jakkalse rondsluip om te aas. Is U dan vir altyd kwaad?
19U hou nooit op om te regeer nie, Here. U sit op u koningstroon en U regeer van een geslag tot die ander.
20Hoekom lyk dit dan of U geheel en al van ons vergeet het? Hoekom is dit dan nou al so lank dat U ons aan ons eie lot oorgelaat het? 21Lei ons weer terug na U toe sodat ons weer vrede met U kan maak. Maak alles tussen ons weer soos dit vroeër was. 22 Of het U ons nou vir altyd weggegooi? Gaan U regtig vir altyd vir ons kwaad bly? “

Fear is the opposite of Faith ·

Miskien sit jy vandag hier en daar is iets waaroor jy werklik baie ontsteld is.
Dinge en gebeure in jou lewe hou jou vas in enorme vrees.
VREES KOM NIE VAN GOD AF NIE.
2 Tim 1:7 sê: “Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie…”
God sê in die Bybel honderde kere vir ons om nie bang te wees nie, want Hy is by ons en sal ons help.
Job 3:25 (Nuwe vert.) “Wat ek gevrees het, het oor my gekom; waarvoor ek bang was, het my getref.”
Hou op bang wees vir als!
Lukas 17:33 “Elkeen wat sy lewe probeer red, sal dit verloor. En elkeen wat sy lewe verloor, sal dit behou”
Verklaar hardop in die Naam van Jesus die waarheid dat Hy by jou is en jou sal beskerm tot in Ewigheid. Trek sy wapenrusting aan (Efes 6) en glo dit wat jy verklaar.

WIEBO ·

Lize, my suster van N. Zeeland, Hannie Grobler is so hartseer oor jou en die kinders se verlies. Sy bid vir jou en die gesin sterkte toe en bid dat die Here julle sy bystaan. Baie baie sterkte vir julle.

Gert Midstream ·

Nog ‘n moord. Nog ‘n sinnelose daad. Nog ‘n emosionele omgewing wat negatief inwerk. Vanuit ‘n makro politieke regeringsbestel is daar niks om oor opgewonde te wees of enige verwagtinge te he nie. So word die menswees beperk. Sterkte aan die familie en ook die gemeenskap.

hercu ·

ek ken nie vir Gerhard de Boer of sy gesin nie, maar trane rol teen my wange af – trane van magtelose woede omdat ‘n man uit een gesin sommer net vermoor is deur iemand met geen geweete nie :-(

“slegte mense hou niks van die Here se kinders nie. Hulle probeer dié mense uit die weg ruim. Maar die Here lag vir hulle. Hy weet hulle tyd raak min! Hulle dag kom. Slegte mense wil hulpelose mense en arm mense en mense wat die regte pad loop, doodmaak, maar binnekort is hulle almal dood. Mense wat sonder God leef, sal deur hulle eie toedoen doodgaan. Al hulle wapens sal vernietig word. Onthou: slegte mense sal nie vir altyd baasspeel hier op aarde nie. Die Here weet wat in sy kinders se lewe aangaan. Hy help hulle” – Ps 37:12‭-‬15‭, ‬17 DB

baie sterkte aan die de Boer gesin en familie – ek dink aan -en bid vir julle!!
(veteraan moord & roof speurder)

Petri Oosthuizen ·

Lize, ons ken mekaar nie regtig nie, maar tog ook goed.
Woorde kan nie beskryf watse hartseer ek ook ervaar vanaf Saterdagaand toe ek van hierdie verskriklike ding hoor nie.
Nog minder kan woorde seker regtig troos bring.
Maar weet asseblief dat julle almal in ons almal se gedagtes is.
Petri, Mariza, Elzar, Jomar, Sev en Bea Oosthuizen.

Anneke ·

My liefste en jongste neef “kiekeboe”, ons het nie woorde vir hierdie aaklige daad nie. Sterkte Lize en kinders, oom Henk, tante Truus, Warrie en Truusje en jul gesinne

Jeremia ·

My innige meegevoel met die naasbestaandes van ‘n besondere man.
Mag julle hierdeur onse Vader gedra word.

Michelle ·

My innige meegevoel aan hierdie mooi familie in hul hartseer tyd mag God berusting bring. Ek wens in my hart dat God geregtigheid sal bring ongelukkig pla die wreede moorde die president en die minister van polisie nie anders sou ons nie agter tralies gewoon het nie.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.