Medelye stroom steeds in vir leraar wat selfmoord pleeg

André Myburgh Foto: Communio Church, Facebook

André Myburgh Foto: Communio Church, Facebook

Medelye stroom steeds in nadat André Myburgh, die pastoor van Communio Church in Nelspruit, Vrydagoggend sy eie lewe op die kerk se perseel geneem het.

Maroela Media het Vrydag berig Myburgh se liggaam is omstreeks 11:30 deur twee van sy personeellede in die badkamer van die kerk opgespoor. Hy het homself glo gehang.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie in Mpumalanga, het aan Maroela Media bevestig die ondersoek duur voort, maar geen gemene spel word vermoed nie.

Rapport het Sondag berig Myburgh het selfmoord gepleeg glo weens die stres van ’n ondersoek teen hom, onbewus daarvan dat hy reeds vrygespreek is. Klik hier om meer te lees.

Die gemeente het Sondagoggend ʼn stil diens gehou vir enigiemand wat eer wou betoon. Dr. Isak Burger, president van die AGS, sal sy begrafnisdiens in die komende week waarneem.

Lees ook:
Nelspruit geskok deur bekende leraar se afsterwe

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.