ʼn 17-jarige is vermoedelik deur medeskoliere vermoor by ʼn hoërskool in KwaMashu, Durban.
Willies Mchunu, KwaZulu-Natalse LUR vir gemeenskapsveiligheid, het gesê hy veroordeel ten sterkste die moord op Nhlakanipho Msizi Ncanana (17) by KweSethu High School.
“Leerlinge van die informele nedersetting en koshuisleerlinge het glo met mekaar baklei,” het Mchunu verduidelik. “Die verdagte, wat Ncanana met ʼn skerp voorwerp doodgesteek is, se naam is bekend aan die polisie en hulle is op soek na hom.”
Hy het gesê lukrake soektogte sal in die oggende gedoen word deur vrywilligers van die misdaadbekampingsprojek, veterane vereniging en die Suid-Afrikaanse Polisiediens “om seker te maak skoliere is veilig”.
Mchunu het gesê ʼn spesiale vergadering is met die skoolbeheerliggaam, onderwysers, polisie, onderwysdepartement en departement vir gemeenskapsveiligheid belê om moontlike oplossings te vind.
© RDM News Wire
Nee regtig waar! Wat te erg is is te erg! Die einde van die wêreld kan nou maar gebeur want ons land bestaan deesdae net uit mense wat roof en moor en alles hulle way wil he! Geregtigheid sal geskied die dag wanneer hulle daarbo voor die Regter moet staan. Daar gaan niemand tot hulle redding kom nie want daar is nie ‘n korrupte regstelsel en Regering nie! En die Rassisme kaartjie kan nie gespeel word nie!