Lede van die media is Dinsdag toegang verbied by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Gauteng, het die SAUK berig.
Die media is uitgenooi om die Staatsdienskommissie te vergesel om ondersoek in te stel by die hospitaal na bewerings van swak dienslewering.
Sandile Mfenyane, uitvoerende hoof van die hospitaal, het aan die SAUK gesê hy volg slegs die instruksies wat hy van die departement van gesondheid ontvang het. “Ek dink, as ʼn hospitaal, erken en respekteer ons die behoefte wat julle as media het om saam met die lede van die kommissie te gaan, maar ons moet ongelukkig versoek dat julle ons sal verdra,” het Mfenyane gesê. “Dit gaan hoofsaaklik oor die waardigheid en privaatheid van ons pasiënte. Julle moet verstaan dat ons baie mense hier het wat in ʼn vernederende posisie is.”
Maroela Media het vroeër berig vier personeellede is by die hospitaal geskors nadat hulle die liggaam van ʼn 18-jarige meisie gelos het om te ontbind. Klik hier om meer te lees.
Lees alle vorige berigte oor Chris Hani Baragwanath op Maroela Media.
Dit wil voorkom of daar n kokkerot in die drinkwater is
daar is meer as kokkerotte wat daar rondloop was eenkeer by die kalafong hospitaal en daar word jy absoluut behandel soos ‘n “kokkerot ” veral as jy nog blank ook is – en dit stink verskriklik
Moenie vir my se die barbare raak nou selfbewus oor die agterlikheid wat daar aangaan nie, maar moenie asem ophou nie.
Om toegang te verbied is mos n duidelike teken dat daar drasties groot fout is, viva anc
Hul skors verpleegsters, om die wat bo is te beskerm, net soos die Anc dinge doen, doen almal dit.