Media24, Huffington Post se paadjies gaan skei

HuffPost SA

Huffington Post SA (Foto: Facebook/HuffPost SA)

Media24 en Huffington Post het Maandag aangekondig dat hul paadjies gaan skei.

Media24 het in ʼn verklaring op sy webwerf gesê dat die twee maatskappye HuffPost South Africa in November 2016 in vennootskap van stapel gestuur het. Media24 het die nuuskantoor bestuur en die kommersiële sy van die vennootskap bedryf.

Esmaré Weideman, uitvoerende hoof van Media24, het gesê die maatskappy hersien gereeld sy portefeulje van handelsname. “HuffPost SA was ʼn belangrike nuwe stem in die Suid-Afrikaanse joernalistiek en het ʼn vars, nuwe gehoor gelok. Advertensie-inkomste vir HuffPost in Suid-Afrika het egter sy uitdagings gebied. As ʼn innoverende en verantwoordelike sakeonderneming sal ons aanhou om effektief op die mark se behoeftes te reageer en nuwe digitale moontlikhede te ondersoek.”

Effective Measure het in Junie HuffPost SA as die negende grootste nuuswebwerf gelys met ʼn lesersgetal van 1,63 miljoen unieke lesers.

Andreij Horn, uitvoerende hoof van 24.com, het gesê gesprek word gevoer met die personeel van die webwerf.

Jared Grusd, uitvoerende hoof van HuffPost, het gesê: “Ons is trots op die redaksionele werk en joernalistiek van die Suid-Afrikaanse uitgawe en het waardering vir die vermoë om in so ʼn kort tyd ʼn lojale leserskorps op te bou. Ons gaan voort om te belê in HuffPost se moontlikhede en die leserstal uit te brei – wêreldwyd sowel as op die vasteland van Afrika.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

spook ·

wonder ek ook. maar wat ookal, glo ek nie dit gaan meebring dat ons ande Afrikaanse nuus gratis te lese gaan kry nie.

Karl ·

@Karolis, ek dink in HuffPost se geval is dit lesers wat alles wat hul uitsit, glo sonder iets te bevraagteken en dit net te share sonder om te verstaan.

Erik Maré ·

HuffPost post is die propoganda arm van die linkse sosialiste. Propoganda masjien van die klomp wat met alle mag ons vanuit die Westerse Christelike Orde na ‘n Nuwe Wêreld Orde wil neem. En in hierdie nuwe orde is daar nie plek vir die Afrikaner nie, vandaar die absolute vyandigheid teenoor Afriforum en Solidariteit. Dit was die alter ego van Pieter Du Toit (en het dus sy liberale snert gepropageer) Die ‘unieke’ lesers is inderwaarheid net die Liberale Afrikaner ( Anti – Afrikaner clique) soos ons al mee te doen gekry het. Hopelik eindig HuffPost op in ‘oblivion’ waar dit hoort tesame met die leuens wat dit so graag propageer en gepropageer het.

Natan ·

Stem saam. Wys Media24 se ware kleure, Koop nie hul publikasies nie.

Pieter Grobbelaar ·

Huffington Post is verskriklik eensydig gesind met die liberale denkwyse. Sommige beskou HuffPo is nuus as onbetroubaar and slegs behep met die bevordering van die liberale agenda. Die maak uiteindelik vir my sin hoekom Netwerk24 so liberaal en gekant is teen enige konserwatiewe denkwyse. HuffPo en Netwerk24 bied absolute eensydige, nie-gebalanseerde nuus sleg om die liberale agenda te bevoordeel

marco polo ·

Geen skade. Huffpost was n swak, sensasiesoekende mediahuis wat hul bes gedoen het om verseeldheid te saai en blankes verdag te maak.

Marius ·

Stem 100% saam. Baie gou opgehou om hulle “bleeding heart” anti-wit, liberale snert te lees.

Akademi Buktu ·

Huffpost se hoofredakteur is ver links van SA se bekende groep linkse Afrikaanssprekendes.

John ·

En vergeet ook maar dat RSG en KykNet & KN&K… en…. die Afrikaner op die hart dra… eintlik net in die geldsak. Ander mense met ander oogmerke neem oor. Selfs die sg taalfeeste kry ‘n ander gees met so ‘n knippie verslane Afrikaans by, Afrikaans word ‘n dodelike selfmoordwapen wat orals op straathoeke uitgedeel word en ons boere laaik mos van Afrikaans… ons sal vrek vir Afrikaans en duur vir haar begrafnis betaal met ‘n Ingelse kwasi-dominee wat mooi visioene by die begrafnis optower reg langs die begraafplaas se dam-van-trane. Die NWO het sy voet dwars in die opstal se ou deur?.. Nee, hy word deesdae ingenooi en getreat…

Eish ·

Dit is pragtig gestel minus die “window dressing”
“Advertensie inkomste vir Huffpost in Suid Afrika het egter sy uitdagings gebied.”
Eish!
Wat van die ” in rykdom en armoede” deel van die troubelofte?
Die tragiek van ons moderne samelewing, geld,soos John sê, vergestalt hom pragtig in die egskeiding.

Anton Senekal ·

Baie bly oor hierdie “egskeiding”…..hierdie “vreemde vrou” was nooit goeie “troumateriaal” nie.

Libbie ·

Ja kyk HUFFINGTON post is seker die mees liberale publikasie ooit, hulle het heeldag en aldag die blanke suid afrikaner aangeval en gekritiseer en verneder .. Nuus24 het ook ongelukkig by hulle aangesteek en saam geskinder, dalk gaan dit nou beter en berig hulle oor plaasmoorde soos hulle moet en wei nie saam met Huffington in een liberale kraal nie.

Charles ·

Ai, watter goeie nuus is dit nie!- “Puffington’s Ghost”,- nou moet die ander oneerlike en bedrieglike hsm bedrieers ook net soos kaarthuise val!

Die waarheid SAL seevier!

Henry ·

Wil nie al die goeie punte wat reeds in bogenoemde kommentare herhaal nie, behalwe om waardering en dank teenoor alle betrokkenes se bydraes uit te spreek.
Ongelukkig beteken dit nie die einde van du Toit se bekende en eensydige beswaddering van Afrikaners nie, aangesien hy waarskynlik ‘n sagte landing in N24 se PK arms gaan ervaar. Maar ons weet mos hoe om N24 se publikasies, Kyknet, RSG ens se vervelige pogings te hanteer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.