Media24, Huffington Post se paadjies gaan skei

HuffPost SA

Huffington Post SA (Foto: Facebook/HuffPost SA)

Media24 en Huffington Post het Maandag aangekondig dat hul paadjies gaan skei.

Media24 het in ʼn verklaring op sy webwerf gesê dat die twee maatskappye HuffPost South Africa in November 2016 in vennootskap van stapel gestuur het. Media24 het die nuuskantoor bestuur en die kommersiële sy van die vennootskap bedryf.

Esmaré Weideman, uitvoerende hoof van Media24, het gesê die maatskappy hersien gereeld sy portefeulje van handelsname. “HuffPost SA was ʼn belangrike nuwe stem in die Suid-Afrikaanse joernalistiek en het ʼn vars, nuwe gehoor gelok. Advertensie-inkomste vir HuffPost in Suid-Afrika het egter sy uitdagings gebied. As ʼn innoverende en verantwoordelike sakeonderneming sal ons aanhou om effektief op die mark se behoeftes te reageer en nuwe digitale moontlikhede te ondersoek.”

Effective Measure het in Junie HuffPost SA as die negende grootste nuuswebwerf gelys met ʼn lesersgetal van 1,63 miljoen unieke lesers.

Andreij Horn, uitvoerende hoof van 24.com, het gesê gesprek word gevoer met die personeel van die webwerf.

Jared Grusd, uitvoerende hoof van HuffPost, het gesê: “Ons is trots op die redaksionele werk en joernalistiek van die Suid-Afrikaanse uitgawe en het waardering vir die vermoë om in so ʼn kort tyd ʼn lojale leserskorps op te bou. Ons gaan voort om te belê in HuffPost se moontlikhede en die leserstal uit te brei – wêreldwyd sowel as op die vasteland van Afrika.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

23 Kommentare

jongste oudste gewildste
Karolis

Wat is ‘n “unieke leser?”

Erik Maré

HuffPost post is die propoganda arm van die linkse sosialiste. Propoganda masjien van die klomp wat met alle mag ons vanuit die Westerse Christelike Orde na ‘n Nuwe Wêreld Orde wil neem. En in hierdie nuwe orde is daar nie plek vir die Afrikaner nie, vandaar die absolute vyandigheid teenoor Afriforum en Solidariteit. Dit was die alter ego van Pieter Du Toit (en het dus sy liberale snert gepropageer) Die ‘unieke’ lesers is inderwaarheid net die Liberale Afrikaner ( Anti – Afrikaner clique) soos ons al mee te doen gekry het. Hopelik eindig HuffPost op in ‘oblivion’ waar dit hoort… Lees meer »

Nouja

… en vat die EFF saam met julle na die ashoop.

Pieter Grobbelaar

Huffington Post is verskriklik eensydig gesind met die liberale denkwyse. Sommige beskou HuffPo is nuus as onbetroubaar and slegs behep met die bevordering van die liberale agenda. Die maak uiteindelik vir my sin hoekom Netwerk24 so liberaal en gekant is teen enige konserwatiewe denkwyse. HuffPo en Netwerk24 bied absolute eensydige, nie-gebalanseerde nuus sleg om die liberale agenda te bevoordeel

marco polo

Geen skade. Huffpost was n swak, sensasiesoekende mediahuis wat hul bes gedoen het om verseeldheid te saai en blankes verdag te maak.