Media24 maak groot aankondiging

Esmaré Weideman. Foto: Media24

Media24 het Dinsdag die aftrede van sy uitvoerende hoof, Esmaré Weideman, ná ʼn medialoopbaan van meer as drie dekades aangekondig.

Sy word op 1 Oktober deur Ishmet Davidson, tans hoof van Media24 Drukmedia, opgevolg. Media24 het in ʼn verklaring gesê Weideman sal in ʼn raadgewende rol by die maatskappy betrokke bly.

Weideman staan reeds byna agt jaar aan die stuur van Media24 en is die maatskappy se langsdienende uitvoerende hoof. As hoofredakteur van Media24 se vlagskip-weektydskrifte Huisgenoot, YOU en DRUM is sy volgens die verklaring beskou as een van die beste redakteurs van haar geslag in Afrika.

“Met haar passie vir joernalistiek, tesame met haar sterk sakevernuf, het Weideman Media24 herskep tot ʼn digitalemediabesigheid en terselfdertyd die drukmediabedrywighede bevorder en meer doeltreffend gemaak. Ek is verheug dat sy ingestem het om in ’n raadgewende hoedanigheid aan te bly en wens haar alle sterkte toe,” het Bob van Dijk, Naspers se uitvoerende hoof, het gesê.

Oor Weideman se opvolger het hy bygevoeg: “Ek weet dat Media24 onder Davidson se leierskap volle munt sal slaan uit die toename in mobiele internettoegang oor die kontinent heen sowel as Suid-Afrika se groeiende aanlyn kleinhandelsektor.”

Die lede van die Media24-direksie het Weideman geloof as ʼn formidabele leier wat ʼn belangrike bydrae tot die medialandskap in Suid-Afrika en tot Media24 gelewer het.

Weideman het gesê sy is opgewonde om die leisels te oorhandig aan Davidson, met wie sy die afgelope ses jaar nou saamgewerk het. “Media24 sal aanhou floreer onder Ishmet se leierskap. Ek laat ’n besonder bekwame bestuurspan en van die beste redakteurs in die land agter, wat die besluit om af te tree soveel makliker gemaak het,” het sy gesê.

Davidson het in 2012 by Media24 aangesluit as hoof van gemeenskapskoerante. Hy is in 2014 as die hoof van die nuusafdeling aangestel, waarna die mediaverspreidingsmaatskappy On the Dot en Media24 se tydskrifafdeling by sy verantwoordelikhede gevoeg is. Hy het 16 jaar ervaring in die mediabedryf en sy kwalifikasies sluit ’n graad in handelswetenskappe sowel as ’n MBA van die Edinburg-sakeskool aan Skotland se Heriot Watt-universiteit in.

Davidson het gesê hy is nederig dankbaar dat die Media24-direksie die vertroue in hom het om hom aan te stel om die maatskappy te lei. “Ek sien daarna uit om op Esmaré se nalatenskap voort te bou. Ons bedryf trotseer talle uitdagings, maar ek weet dat Media24 steeds nuwe hoogtes sal bereik met die steun van ons uitsonderlike mense en die leierskap van ons uitstekende bestuurspan.”

Ishmet Davidson. Foto: Media24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

SjN ·

Amper gedink dit het weer iets met n koppie warm tee te doen.

ZAR ·

Ek wil graag namens al ons Afrikaners baie dankie sê aan Esmaré vir haar fantastiese politieke korrektheid en ANC-agenda gedrewe joernalistiek en ek glo en vertrou dat Ishmet met Media24 se tradisie sal voortgaan. Dankie.

Rupert Ashford ·

So mooi reggestel en ek neem aan jy is nie eers ‘n joernalis of skakelbeampte nie. Jy het ‘n wonderlike talent…?

Andre ·

@ZAR. Jou kommentaar is onverbeterlik. Presies wat ek ook wou sê.

Ellisras ·

Gee die man ‘n Bells. Gee die vrou lekker warm tee. Waar daar ‘n rokie trek is daar ‘n vuurtjie. Ek glo nie die Storie dat Steve 100% skuldig is nie.

Retha ·

Esmaré ek glo jy tree net uit en nie af nie. Ek hou jou loopbaan met belangstelling dop. Formidabele vrou!

Jan Els ·

Nee, ek dink sy kan nou haar volle aandag aan die ANC se koerant gee.

Lerato ·

As Jan Jan Joubert die waarheid skryf, word hy geslaan. As Esmarie die waarheid skryf, kry sy tee in haar gesig.

Jan Els ·

Die persoon wat hierdie snert geskryf het moet asb Maroela media verlaat en vir die sinkende Naspers gaan werk. Esmarie is die meester van fopnuus en sy het net hoogs liberale aktiviste aangestel om die Afrikaner te ondergrawe. Haar nuutste anti-Afrikaner propeganda masjien, Huffington Post, het misluk en dit is hoekom sy ontslaan is.

Anoniem ·

Shhh, ons mag nie daaroor praat nie. Ons moet blindelings die NWO georkestreerde geskrifte glo en ons kop onder die grond hou anders word ons gemerk as rebels en radikaal. Onthou jy nou? ;-)

Lerato ·

Jan Els
Sit jou leesbril op. Ek het nie van betaal gepraat nie. Ek het van barbaarse optrede gepraat om tee in n vrou se gesig te gooi.

N Lourens Reitz
Jy het seker in Filosofie 1A Geleer dat “waarheid” moeilik definieerbaar is. So kom ek stel myself reg en sê sy het feite geskryf.

TEE ·

JA N VROU MAG NIE TEE IN HAAR GESIG KRY NIE, SY MAG SE WAT SY WIL!

JWC ·

Ja…. Hy het mos die Harley uitgedink…. as ek nou reg onthou!!

LB S ·

Basjan, jy lees dit nie gratis as jy R99 betaal nie. Maar jy kan dan Saterdae aflewering van die koerant kry en al die tydskrifte ook op die webblad lees. Nogal ‘n winskopie vir iemand wat HuiLgenoot, Sarie, Weg, ens. ook wil lees.
Ek geniet die kommentare maar ongelukkig is daar soveel antichriste wat alewig die Christene takel dat mens dit nie meer wil lees nie. My subskripsie staak die 18de.
Ek is heel tevrede met Maroela Media. Het ook al ‘n donasie gegee hiervoor. :)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.