Media24 sluit talle tydskrifte

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Talle Media24-tydskrifte, waaronder die Afrikaanse tydskrif Lééf en die tydskrif topCar, gaan sluit.

Christine Ferreira, Lééf se redakteur, het die nuus Woensdag aan Maroela Media bevestig. Die span het glo enkele ure vantevore finale bevestiging gekry.

Calvin Fisher, topCar se redakteur, het ook dié nuus op Facebook bevestig. Dié tydskrif is vanjaar 23 jaar oud terwyl Lééf vanjaar 11 jaar oud is.

Die laaste uitgawes van dié tydskrifte sal glo in Januarie 2017 op die rak wees.

Ferreira het in ʼn onderhoud met Maroela Media vertel Lééf gaan sy deure sluit weens “finansiële beweegredes”. “Die sirkulasie het ook maar gedaal en die advertensie-inkomste het verminder. Dit is ʼn baie hartseer dag,” het sy gesê.

Al die werknemers het glo Woensdag e-posse ontvang waarin alternatiewe poste vir hulle uitgelê word. “Daarin is moontlike posisies waarvoor hulle kan aansoek doen, maar dit is nie te sê dat hulle die werk gaan kry nie. Sover ek verstaan is daar ook pakkette.”

Ferreira sê hoewel die span vanaand met seer harte gaan slaap, glo hulle daar is ʼn groter doel. “Dit bly egter baie hartseer.”

Drie ander tydskrifte in die Media24-stal gaan glo ook binnekort hul deure sluit. Maroela Media kon nie onmiddellik kommentaar in dié verband kry nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Maddox ·

Sluit sommer alle publikasies van Media24, wie steur hulle nog aan die anti-blanke propaganda wat hulle so lustig verkondig. Nee wat danksy die internet kry ons die ware nuus en nie die polities korrekte sienswyses van ‘n klomp verlinkste joernaliste nie. En boonop is dit verniet. Wie betaal nog in vandag se tyd om nuus te lees?

Koos ·

Ai, Martus Martelgat vervolgingswaansinige. Sukkel jy met jou wit vel in SA?

LB S ·

Maddox, dit is effe van ‘n “cheek” om sommerso te aanvaar dat jy lekker alles verniet kan lees. Besef jy hoeveel mense verloor hulle werk? En glo my, die dag kom al nader dat ons almal gaan betaal om nuus, ens. op die internet ook te kan lees. Soos reeds die geval met Netwerk24.
Buitendien het almal nie die opsie om alles op internet te kan lees nie, almal is nie rekenaarfundies nie.

Kaufman ·

Media24 is so anti ons, en die sluiting van hulle laaste waardevolle tydskrifte bied n gaping in die mark vir ons om self te publiseer.

Tania ·

Dit is hartseer. Die Leef het inspirerende artikels gehad. Was ten minste van die min tydskrifte wat jou siel gevoed het.

Maddox ·

En moet nie vergeet van Landbou weekblad nie, sy redakteur noem mos blankes white trash, dus nou die wat ou Steve ondersteun.
Die artikel was mos nou die dag hier op Maroela ook gewees.
So nog een om te boikot!

Tania ·

Leef is werklik van die min tydskrifte wat ‘n Christen se siel voed. Dit is ‘n verlies

Koos ·

Hoe so? Daar sterf elke dag sowat 25000 kindertjies onder 5 van honger en ellende, maar jy dink jou God moet Leef red?

Antjie ·

Ag nee ek is baie hartseer oor die Leef….behou leef en sluit eerder Huisgenoot. Ek koop elke maand die Leef as n geskenk aan myself.

Stellie ·

Die dag toe hulle gese het ons boikot gaan niks help nie, het hulle beslis nie aan hierdie dag gedink nie…..

Basson ·

Nie veel met ‘n boikot te doen, maar meer met die feit dat gedrukte media se sakemodel (ook internasionaal) onder baie druk is.

Ronelle ·

Wat n hartseer dag dat Leef sluit. Nog n aanslag van satan teen God se kinders. Dit is voorwaar n tydskrif vol sielskos.

P ·

Kan iemand anders hulle nie oor koop nie? Het dit nie ook met Tuis gebeur nie? Sal so hartseer wees om Leef te verloor. Kan Solidariteit of Afriforum nie die publikasie oorneem nie? Mense sal dit ondersteun

miv ·

Tydskrifte het te duur geword. Voor ek ‘n tydskrif koop, koop ek liewer kos.

Johannes Meintjes ·

Die groter gewaarwording dat die liberale media ons stadig maar seker breinspoel en soms volgens Trump, blatant lieg of baie eensydig berig op die subtiele maar sistematiese pad na die NWO, is bevrydend. Na mening is daar ruimte vir ‘n groei in tersaaklike konserwatiewe en Christen media.

Dewald ·

Ai wat n jammerte Topcar gaan sluit. Dit was nou n tydskrif wat ek elke maand vreeslik geniet het.

E.K. ·

Jammerte. Twee Afrikaanse tydskrifte dus ‘n hou vir Afrikaans. Mense dis hoekom ek nog altyd sê as mens wil hê Afrikaans moet groei en voortbestaan – KOOP Afrikaanse boeke en tydskrifte. Ek weet dis duur maar hene, mens kan planmaak. Ek sny baie dinge voor ek ophou tydskrifte en boeke koop.

Johanna ·

Jammer want ek het van die Leef tydskrif gehou alhoewel reeds geruime tyd kon ek dit nie meer bekosting nie. die tydskrif het baie duur geword. beslis agv die puik gehalte papier en fotografie. so kom alle dinge tot n einde.

Pietman ·

Wanneer sluit Beeld en die Burger? daai dag gaan ek darem partytjie hou!

Koos ·

Ons wat dit koop en lees wil dit nie gesluit hê nie. Klim in jou ossewa en gaan soek moeilikheid elders.

Veronica ·

Ek join jou Pietman!!!!
Sluit Beeld, Burger & Son . . . . KOOS klim van jou fiets af en stap . . . lolll

Manna ·

Dat mense nie meer tydskrifte kan koop wys jou hoe verarm die blankes geword het onder swart kommunistiese regering.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.