Mediagroep-werknemer van poging tot moord aangekla

Argieffoto

Argieffoto

Independent Media het ʼn saak van poging tot moord teen een van sy werknemers aanhangig gemaak nadat hy glo ʼn kollega “wreed aangerand” het, het The Star Dinsdag berig.

“Ons weet nog nie wat die uitbarsting veroorsaak het nie, maar dit is irrelevant in die stadium. Daar is geen verskoning vir die afskuwelike gedrag nie,” het Zenariah Barends, hoof van Independent Media, aan die koerant gesê. “Daar is nie plek in ons maatskappy vir die tipe gedrag nie. Dit is onredelik en onaanvaarbaar.”

Volgens die berig is Damian Warner in ʼn kritieke toestand in Milpark-hospitaal in Johannesburg na die voorval wat Vrydagaand plaasgevind het. Warner is na bewering in die parkade langs Independent Media se gebou “omgestamp” voor sy aanvaller uit die motor geklim en gevlug het. Dit is nie duidelik of Warner aangerand is of met die motor omgery is nie.

Warner se sleutelbeen, gewrig en voet is gebreek. Hy het ook gebreekte ribbes, ʼn gat in sy long en ʼn fraktuur aan sy milt opgedoen.
Independent Media het Maandag ʼn saak van poging tot moord by die polisie aanhangig gemaak en met interne stappe teen die ander werknemer begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

john steyn ·

Waarom word die naam en kleur van die aanvaller nie genoem nie. Die wereld begin al glo dat die blankes die agressors is, dit is nonsens, kom uit met die kleur, onge-ag of hy die aanvaller of die aangevalde is

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.