Mediahuis vra Ramos om verskoning

Maria Ramos. (Foto: Simphiwe Mbokazi/ANA)

Independent Media het die voormalige uitvoerende hoof van Absa, Maria Ramos, Saterdag om verskoning gevra vir ’n berig waarin vals en lasterlike stellings oor Ramos verlede jaar gemaak is.

Dít volg nadat Ramos dié mediahuis hof toe gesleep en die Johannesburgse hooggeregshof Vrydag in haar guns in die lastersaak beslis het.

Daar is onder meer in die berig, wat op 9 Desember verlede jaar in onder meer The Star gepubliseer is, beweer dat Ramos die rand gemanipuleer het en dat sy haar skuldig gemaak het aan oortredings wat strafregtelike aanklagte van verraad of korrupsie regverdig.

Sy is ook daarvan beskuldig dat sy onbehoorlike quid pro quo-transaksies (iets vir iets) aangegaan het.

News24 berig regter May Keightley het Vrydag in die Suid-Gautengse hooggeregshof bevind dat die berig lasterlik was.

Keightley het Independent Media beveel om die berig van al sy platforms te verwyder en binne 24 uur ’n verskoning aan Ramos te publiseer. Die verskoning moet ook in die volgende gedrukte uitgawe van The Star verskyn.

“Independent Media trek hierdie vals en lasterlike stellings onvoorwaardelik terug en vra onvoorwaardelik om verskoning vir enige skade wat me. Ramos aangerig is,” lui die mediahuis se verskoning.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Johan ·

Hoekom verskoning vra vir die waarheid kyk net wat het sy by Transnet gedoen. Ek dink dit is die rede hoekom ons paaie nou oorheers word deur trokke. Sy het vrou-alleen Afrika se beste treinstelsel grond toe gevat.

Daleen ·

Ek stem nie saam met jou nie Johan sy het op ‘n sinkende skip (Transnet) geklim en gedink sy kan dit red net soos de Reyter op die sinkende skip (Eskom) geklim het. Die skade was klaar daar en te groot en NIKS sou dit kon red nie. Ongelukkig vir hulle sal hulle onthou word vir die “onsuksesvolle reddingspogings” eerder as die feit dat hulle ‘n positiewe bydrae wou lewer. Ongelukkig was die taak te groot vir een persoon “she was set up to fail”……

Delene ·

Sy het Transnet net vir ‘n wyle uit die rooi gehaal, terwyl sy daar werksaam was. Sy het Transnet se bates verkoop om Transnet se boeke te laat klop!

Stofdonkie ·

Korrek, Dis hoe sy mense geflous het om te dink dat sy Transnet uit die rooi gehad het, maar intussen baie bates vervreem en besnoeiings gedoen aan kapitale onderhoud. Ongelukkig toe sy weg is toe is daar ‘n baie groot agterstand met die kapitale onderhoud tot so mate dat transnet dit nooit weer kon inhaal nie. Sy het dieselfde met SAL gedoen. Snaaks sy kon dit nie regkry om ABSA ook heeltemal te breek nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.