Mediasie met regering gevra oor inperkingsregulasies

Nkosazana Dlamini-Zuma, die minister van samewerkende regering en tradisionele sake (Foto: National Cogta/Twitter)

Die sakeorganisasie Sakeliga het vandag sy reg tot mediasie met die regering oor die inperkingsregulasies uitgeoefen.

In ʼn brief aan die prokureur-generaal versoek Sakeliga sy fasilitering van mediasie met die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, ingevolge regulasie 13 van die Ramptoestandregulasies van 30 April 2020. Sowel die minister van handel, nywerheid en mededinging, Ebrahim Patel, as die minister van polisie, Bheki Cele, is ook by die brief ingesluit.

Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, het gesê die doel van die mediasie is om te probeer om tot ʼn spoedige vergelyk met die regering te kom oor vryheid van beweging en vryheid om te werk, as alternatief vir litigasie.

“Ons deel die heersende openbare sin vir dringendheid oor die huidige ekonomiese en ontvouende humanitêre krisisse, maar die realiteit is dat litigasie op sy vinnigste oor etlike weke eers ʼn uitslag kan oplewer. Dit hou ook bepaalde risiko’s in en verg verdere voorbereiding. Daarom benut ons intussen die geleentheid om te medieer.”

Sakeliga se beroep op mediasie fokus in besonder op die kwessie van permitte vir reis en vir sogenaamde “noodsaaklike” en “toegelate” dienste.

Volgens Le Roux skep die permitstelsel ʼn toestand waarin alles waarvoor daar nie toestemming verleen is nie, verbode is – ʼn konstitusioneel onbestaanbare situasie. Dit kan nie nagekom word nie en is onduidelik vir werkgewers, werknemers, die publiek, en wetstoepassers. Boonop word alle mag vir die interpretering van permitgeldigheid eensydig in die hande van wetstoepassers geplaas.

piet-le-roux

Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga. Foto: Morné Prinsloo

“Dit het reeds gelei tot en stel die publiek blywend bloot aan onregmatige vervolging en inbreuk op hul menswaardigheid en vryheid, met ekonomiese skade sonder enige gesondheidsvoordele. Dit is ook strydig met die konsepte van ʼn regsorde, legaliteit, skeiding van magte, en verskeie ander konstitusionele vereistes.”

Suid-Afrika is nou vir etlike weke in ʼn nuwe, hoogs komplekse, eensydige regsraamwerk vasgevang, meen Le Roux.

“Dit was veronderstel om tydelik te wees, maar die vooruitsig is nou dat dit maklik vir maande kan voortduur. Dit is daarom van kardinale belang dat die openbare geheue oor ʼn konstitusionele orde met skeiding van magte in stand gehou word.

“Ons loop die risiko dat dit vir die publiek en die staat normaal begin word dat sy uitvoerende gesag alle mag in homself kan sentraliseer, tot uitsluiting van sy regsprekende gesag en wetgewende gesag, sy provinsiale, plaaslike en tradisionele owerhede, sowel as van gemeenskapsinstellings soos kerke, sakegroepe en ander burgerlike organisasies.

“Dít sou die samelewing ondenkbare ekonomiese en maatskaplike skade berokken,” het Le Roux gesê.

In die brief versoek Sakeliga die prokureur-generaal se antwoord teen die einde van Maandag 4 Mei. ʼn Kopie van die brief is hier beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Anel ·

Hierdie regering is meer bekommerd oor ‘n paar mense wat aan ‘n virus kan doodgaan as aan miljoene wat aan hongersnood gaan omkom. En verder het hulle nou hul komunistiese idioligie op ons begin uitoefen.

Fedup ·

Well le Roux, i wish you all the best. zumsa and the mad hatter think they are above the law and everything else. Just one thing though, remind them that trying to win a power struggle is like trying to win a nuclear war. You may achieve your goal, but not without catastrophic casualties.

Oujongvrou ·

Daar gaan niks van kom nie. Ons is klaar verby n demokrasie, en beweeg al klaar na n totale komunistiese beleid. Net die regering se giere en geite tel. Mnr Cele geniet dit baie om gewone burgers te dreig.

Jannie van Niekerk ·

Afrika in sy geheel het nie ‘n benul wat die woord DEMOKRASIE beteken nie en allermins Suid Afrika se sogenaamde “vryheidsvegters” Hulle het in luuksheid in “exile” gewoon en is net hier vir eie finansiële gewin. Die hele spul. . Hulle het die woord “demokrasie” net gebruik om die wêreld ‘n rat voor die oë te draai. In ‘n demokrasie is daar nie wetgewing om jou te VERPLIG wie jy mag aanstel in jou familie besigheid nie.
In ‘n demokrasie het jy reg op vryheid van assosiasie en spraak en word nie aan bande gelê deur kastige regstellende wetgewing nie. In ‘n Demokrasie sal die MRK ALMAL se regte erken en nie net ‘n sekere groep nie. In ‘n Demokrasie kan ALMAL aanspraak maak op hulp van die staat se hulpfonds…selfs die Blankes.

marius ·

Die regering is totaal disfunksioneel . Ons is in diktatorskap . Sterkte .

Boerkind ·

Vir regdenkendes – mense met verstand, het die mislukte ANC homself baie duidelik in sy nuwe agenda ontbloot…. Solank hierdie despote bestaan, sal Suid Afrika net dieper sink. Maak klaar vir ‘n 2de “lockdown” as jy na hulle voorspellings en stats kyk… Hulle sal seker maak niks bly oor nie. Die SAL, SARS, Denel, ESKOM ens, ens, ens… was net toetslopies…

Mieke ·

Niemand het vooraf geweet van Covid en kon dit nie beplan nie… dus ek beskou die vorige ‘agendas’ soos Eskom ens., eenvoudig die resultaat van korrupsie en geldgierigheid.

Strandloper ·

Ai liewe heksie….ek gaan vanaand alweer nie kan slaap nie!

Rodger17 ·

Cyril moet sy oë oopmaak sy tyd as president is verby.Hierdie zuma gaan sy plek vat en dan kom jacob zuma terug in regering.Onthou net,magashule is n groot zuma aanhanger,dis hkm sy naam oral opduik by korrupsie en bedrog ondersoeke.Hy is n groot jz ondersteuner,hy werk cyril met n plan!Ndz werk haar paadjie ook oop na presidentskap van SA.Dan is hierdie land finaal gedoem want sy is n kommunis aanhanger!Sterkte Le Roux!

Willem ·

Piet le Roux sterkte sodra jy deur daai geweldige masker gekom het gaan sy jou eers teleurstel

Lila ·

Is die Regering gereed vir die talle skadevergoedingseise as gevolg van onregmatige vervolging? Waar gaan die geld vandasn kom?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.