Die gesogte ATKV-Mediaveertjies is Vrydagaand by die Lyric-teater by Gold Reef City in Johannesburg uitgedeel.
Gaste is op luisterryke wyse deur Bennie Fourie en Lynelle Kenned, onderskeidelik gasheer en gasvrou vir die aand, vermaak. Hulle is bygestaan deur Charl du Plessis Trio en soliste.
Japie Gouws, besturende direkteur van die ATKV, het die media bedank vir die rol wat hulle speel en die wyse waarop hulle hul beiteltjies (met verwysing na NP van Wyk Louw se bekende gedig) met verantwoordelikheid hanteer.
Volgens Gouws is die media se taak groter as om net na sirkulasiesyfers, na luister- of kykergetalle te kyk en ook groter as om net in te lig, op te voed en te vermaak.
Só lyk die wenners:
In die kategorie luister
Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n joernaalprogram
Martelize Brink – Oggend op RSG: “Yolande Korkie” – RSG
Beste insetsel in ’n joernaalprogram
Johan van Lill – RSG Kunstefeesoggend: “Die Luxurama” – RSG
Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n nuus- of aktualiteitsprogram
Ivor Price & Anita Visser – Monitor – RSG
Beste insetsel in ’n nuus- of aktualiteitsprogram
Izak du Plessis & Melissa Tighy – Monitor & Spektrum: “Lambertsbaai se vissers” – RSG
Beste joernaalprogram
Martelize Brink – Seks en jy – RSG
Beste nuus- of aktualiteitsprogram
Suzanne Paxton – Monitor: “Aardklopgespreksreeks Alzheimers” – RSG
Beste dokumentêre program of programreeks
Christelle van Tonder – Jonk, swart & Afrikaans – RSG
Beste insetsel in ’n opvoedkundige program
Johan van Lill – Ons en die onderwys: “Tegnologie in die klaskamer” – RSG
Beste teks vir ’n radiodrama of -teater
Martyn le Roux – Dagboek van ’n wurm – RSG
Beste regisseur van ’n radiodrama of -teater
Renske Jacobs – Dagboek van ’n wurm – RSG
Beste aktrise in ’n radiodrama of -teater
June van Merch – Sarah Baartman – RSG
Beste akteur in ’n radiodrama of -teater
Paul Lückhoff – Dagboek van ’n wurm – RSG
Beste aanbieder by ’n gemeenskapsradiostasie
Su-an Müller-Marais – Su-an en so aan – GROOTfm 90.5
Beste aanbieder by ’n kampusradiostasie
Charonike Nel – Rooiwynsondag – PUKfm 93.6
In die kategorie lees
Beste in-diepte artikel
Willem van der Berg – “Laat jou ysterwiele rol (en rol)” – Weg
Beste ondersoekende joernalistiek
Suzanne Venter – “Gestremdes-skandaal” – Rapport
Beste persoonlikheidsprofiel
Hanlie Retief – “Apartheid was ’n familiekwaal” – Rapport
Beste kunste-artikel
Hanlie Retief – “Die vrou in die storie is sy” – Rapport
Beste leefstyl-storie
Willem van der Berg – “Niemandsland het reënt gekry” – Wegry
Beste essay, rubriek of opiniestuk
Ivor Price – “16 Junie 1990: Vakansie in sepia” – Beeld, Die Burger & Volksblad
Beste sportartikel
Sophia van Taak – “Ruiters van die windjie” – Weg
Beste gemeenskaps- of plaaslike koerant
Die Pos/The Post – Redakteur: Keina Swart
Beste kampuskoerant
Die Matie – Redakteur: Eugenie Gregan
Opkomende joernalis van die jaar
Cyril Blackburn – Maroela Media
In die kategorie kyk
Verhalende genres
Beste draaiboek vir ’n dramareeks of enkeldrama
Louis Pretorius – Die Boekklub
Beste regisseur vir ’n dramareeks of enkeldrama
Quentin Krog – Die Boekklub
Beste dramareeks of enkeldrama
Louis Pretorius & Albert Snyman – Die Boekklub
Beste akteur in ’n dramareeks of enkeldrama
Gérard Rudolf – Vryslag
Beste aktrise in ’n dramareeks of enkeldrama
June van Merch – Die Boekklub
Aktueel
Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n joernaalprogram
Nina Swart – Jou storie met Nina – Via
Beste insetsel in ’n joernaalprogram
Hein Scholtz – Kwêla: “Illustreerder Leon se storiemuis” – kykNET
Beste joernaalprogram
Leroux Botha & Nina Swart – Flori & Koelsoem se kosse – Via
Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n nuus- of aktualiteitsprogram
Waldimar Pelser – KN Verslag in gesprek – kykNET
Beste insetsel in ’n aktualiteitsprogram
Alet Wright – Fokus: “Amor van der Westhuyzen – Joey Haarhoff se dogter” – SABC 2
Beste nuusinsetsel
Ulrich Hendriks – SABC Nuus: “Antieke Taal” – SABC 2
Beste nuus- of aktualiteitsprogram
Wynand Dreyer & Christelle Parrott – Megaboere: “Abraham van Rooyen” – kykNET
Beste dokumentêre program of programreeks
Doreen Morris – Driekuns – Via
Beste vermaaklikheidsprogram
Jaco Spies – Raai wat is toegedraai – Via
Beste aanbieder van ’n vermaaklikheidsprogram
Sean-Marco Vorster – Pasella – SABC 2