Mediavryheid word bedreig as ANC die SAUK ondersteun, sê DA

Betoging buite die SAUK se kantoor op 1 Julie 2016 Foto: @DanniTwiet/Twitter

Betoging buite die SAUK se kantoor op 1 Julie 2016 Foto: @DanniTwiet/Twitter

Die Demokratiese Alliansie het gesê hy staan in eenheid met verslaggewers van die SAUK wat geskors is bloot omdat hulle hul werk gedoen het.

“Ons weet daar is hardwerkende joernaliste by die SAUK wat daagliks uitstekende joernalistiek praktiseer. Ons loof julle vir die werk wat julle vir Suid-Afrika doen,” het Phumzile Van Damme, DA-woordvoerder, gesê.

Van Damme het Zizi Kodwa, woordvoerder van die ANC, se “volskaalse aanval op die vreedsame betoging” veroordeel. “Sy aanval is skandelik en ʼn doelbewuste poging om mediavryheid te ondermyn. Dit maak my baie kwaad.”

Maroela Media het vroeër berig honderde mense het Vrydag by die SAUK se kantore in Johannesburg en Kaapstad byeengekom om mediavryheid te eis terwyl ses van die openbare uitsaaier se werknemers voor tugverhore verskyn het.

Sosialemediagebruikers het Kodwa aangehaal: “Ons struggle om die SAUK te beskerm moet gebaseer wees op beginsel, en nie een of ander beweerde waarde van mediavryheid nie” en “die persone wat buite die SAUK se kantoor betoog is ʼn bewys van die ware agenda om die uitsaaikorporasie oor te neem”.

Van Damme het gesê dit is nou vir almal duidelik dat die ANC Jacob Zuma se vriend, Hlaudi Motsoeneng, ondersteun. “Alhoewel dit ontstellend is om dié aanval te sien, is dit geen verrassing nie. Die waarheid is dat Hlaudi ontplooi is binne die SAUK om die ANC te bevoordeel. Die ANC sal altyd eerste gestel word en die konstitusionele regte, waarvoor so baie persone gesterf het, ʼn verre tweede.”

Sy het gesê dit is nou die tyd om die polities gemotiveerde aanval by die SAUK uiteindelik stop te sit. “Die DA het gevolglik vandeesweek die ANC-hoofsweep genader om ʼn dringende ongewone vergadering van die portefeuljekomitee vir kommunikasie te belê, kragtens reël 223 van die Nasionale Vergadering. Die parlement se voortgesette stilswye in dié verband maak hom aandadig aan die erosie van die openbare uitsaaier en [die parlement] kan nie sy verantwoordelikhede abdikeer om die SAUK aanspreeklik te hou tot sy verpligting om in openbare belang op te tree nie.”

Van Damme het gesê die DA maan die komitee om te vergader en dat Motsoeneng onmiddellik ontbied moet word om homself te verduidelik. “Die portefeuljekomitee kan nie toelaat dat hierdie verwoestende atmosfeer voortduur nie.”

Lees alle vorige berigte oor die SAUK op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Mielie ·

Waar is die EFF…..hulle trek saam teen alles Wat volgens hulle verdeeldheid veroorsaak….”strugle” hulle nie saam nie…..of kom hulle ware kleur nou uit. Welgedaan JM julle het sover niks vernietig en geintimendeer nie…..

Grap ·

Menseregte ook as die DA niks se oor rassisme teen wit mense met wette soos bee en af imitative action kwotas in sport ens

Theuns ·

Die ANC en Motsoneng se agenda is so deursigtig, dit kan vergelyk word met twee verliefde naak baaiers op n strand. Hulle is salig onbewus van die oe wat op hulle gefokus is en dit is nie omdat hulle mooi is nie maar so lelik is!

Rynhardt ·

DA, jou ouboet beheer die SABC vir 22jaar al! DA jul weet dit nie? DA, julle het elke keer SABC rade goedgekeur van Anc! Daardie raadslede het elke keer nie eens kwalifikasies gehad nie.DA, die min Afrikaans op tv is te danke aan jou en ouboet, die Anc! DA, stop die breinspoeling van publiek!!!

Ander Koos ·

Geen wesenlike verskil tussen DA en ANC, en DA lawaai net as hulle dink hulle kan voordeel trek uit die situasie., andersins is hulle doodstil. Regte klomp politieke opportuniste!!

Lida ·

Los die DA uit hul grootste uitdaging nou is om die ANC uit te kry ASB. Dit is die enigste party wat n 80% kans het om te wen! Stem dus vir hulle om van die gemors ontslae te raak!

Stan ·

Lida, jou lojaliteit aan die DA gaan jou verbrand. Die DA steun alle ras wette wat teen blankes gemik is. Kan jy my verkeerd bewys?

Grap ·

Lida hulle soek net jou stem as jy VF+ stem kan hulle nog die ANC uitkry deur ‘n koalisie met die VF+ te vorm en sodoende word hulle gedwing om af te sien van hulle diskriminasie teen wit kinders gebore na 1994

Ander Koos ·

“You wish”. Hulle voorganger, die progressiewe party van helen sussman en van zyl slabbert het hulle moeg gewerk om die gemors van vandag daar te stel. Hoe ironies!!

Anti DA ·

Ek stem saam die DA gaan julle uitverkoop soos kortbroek gedoen het na die verkiesing.

Lida ·

Hoekom is Maimane met n blanke vrou getroud as hy hulle kwansuis haat? Sy hele skoonfamilie is blank. Kom tog by. Hy spook nou om van JZ ontslae te raak. Ons moet ook nie dink ons witvelle is n paspoort hemel toe nie! Almal het reg op n sinvolle leefwyse maar JZ het so gesteel dat duisende mense vandag in plakkershutte sit sonder enige basiese geriewe.

John ·

Theuns, ek moet jou komplimenteer, dis of Amarula of Klipdrif.. of … jy’s ‘n gebore digter… Lida, is ek bevrees, het ‘n goue hart wat almal… amper almal… se doen en late vanuit ‘n positiewe perspektief beoordeel. Jou man kan homself gelukkig ag…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.