Mediese nalatigheid kos departement miljoene

verwaarloosde-hospitaal-bed

Argieffoto: Pixabay.com

Prokureurs wat namens slagoffers van mediese nalatigheid optree, het die Gautengse departement van gesondheid gedwing om die R310 miljoen wat hulle sedert 1 April aan dié kliënte skuld, te betaal. Dit is gedoen deur die departement se bankrekeninge ter insae aan te heg.

Die departement het dié onthulling Dinsdag in ’n voorlegging aan die gesondheidskomitee van die Gautengse wetgewer gemaak.

Luidens dié voorlegging hou die betalings verband met hofbevele wat gemaak is vir nalatigheid in Gauteng se staatshospitale. Die nalatigheid hou meestal verband met pasgebore babas wat breinskade opgedoen het.

Die departement erken dat sy bankrekeninge aangeheg word omdat hy versuim het om betalings te maak binne 30 dae nadat die hofuitspraak gelewer is.

Luidens die voorlegging beïnvloed die aanheg van die departement se rekening die departement se vermoë om dienste te lewer, diensverskaffers te betaal en pasiënte se fooie te verwerk, omdat hulle nou ʼn gebrek aan kontantvloei het.

Die departement sê hy verkies bemiddeling om sake van mediese nalatigheid te besleg aangesien dit nie net die proses sal bespoedig nie, maar ook regskoste sal verminder.

Volgens die departement het hy tot dusver ses sake deur bemiddeling besleg, met nog agt bemiddelings wat later vandeesmaand sal plaasvind.

Ander strategieë van die departement om die koste van mediese aanspreeklikheid te beperk, is om kliënte in staatsfasiliteite te behandel, eerder as om vir privaat behandeling te betaal. Dit kan egter net gebeur indien die hof oortuig is dat die kliënt behandeling van hoë gehalte sal ontvang in die einste hospitaal waar mediese nalatigheid in die eerste plek plaasgevind het.

Die departement sê hy hoop die provinsiale regering sal meer geld beskikbaar stel om mediese eise mee te vereffen, anders sal hospitaalbegrotings gebruik moet word. Dit kan tot verdere nalatigheid lei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Anel ·

En hulle wil nog steeds die nasionale gesondheid in stel!!! Seker.met Kubane aan die stuur. Behoede ons!!!!

Oujongvrou ·

Nes alles word daar nou bedekte dreigemente gemaak. Gee vir hulle geld om die nalatigheid te betaal of daars nog nalatigheid. Nee wat daai pipedream van nationale gesondheidsplan moet maar geskrap word.

henndrik ·

Die rede waaroor die rekening aangeheg is, is vir hofbevele wat reeds toegestaan is, beslegting het niks ddaarmee te doen nie. Die verskoning dra nie water nie

Leon ·

Hoekom wil ek teruggaan na die fasiliteit wat my in die eerste plek probeer doodmaak het.

Agge nee ·

En waar kom hierdie geld vandaan? Net uit ons, die belastingbetaler se sak. Die pateet wat swak diens lewer, voel dit nie aan eie beursie nie, dus sal die nalatigheid maar net voortduur.

Alet ·

Nou wonder ek of dit dalk te doen het met die feit dat studente vir medies word gekeur op grond van ras en nie prestasie nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.