Mediese skemas: Soveel dok lede self op

medies behandeling dokter

Argieffoto (Foto; DarkoStojanovic, Pixabay)

Mediese skemas het die afgelope boekjaar meer as R160 miljard bestee aan gesondheidsorgvoordele terwyl lede van mediese skemas ʼn bykomende R31,8 miljard uit hul sak moes haal vir gesondheidsorg wat nie deur hul mediese fonds gedek is nie.

Dr. Sipho Kabane, waarnemende registrateur van mediese skemas, het met die bekendstelling van die Raad op Mediese Skemas se jaarverslag vir die boekjaar geëindig 31 Maart 2018 gesê die uitgawes van skemas aan gesondheidsorg het met 6,04% toegeneem in vergelyking met 2016.

Die getal geregistreerde mediese skemas het tot 80 afgeneem in 2017 van die 82 in 2016. Dr. Kabane het ook klem gelê op die voortslepende bedrog, vermorsing en misbruik weens die onetiese gedrag van sommige verskaffers, soms in samewerking met lede van mediese skemas. In sommige gevalle het verskaffers vir pasiënte gesê hulle het siektes wat in aanmerking kom vir betalings ingevolge voorgeskrewe minimum voordele al was dit nie die geval nie.

Volgens Kabane was nagenoeg 15% van alle eise in 2017 weens bedrog, vermorsing en misbruik. Hy het gesê dit dra ongelukkig by tot jaarlikse verhogings in ledegeld.

Mediese skemas se grootste uitgawes is steeds hospitaalkoste, spesialiste en medisyne. Mediese skemas het in 2017 meer as R58 miljard aan private hospitale betaal. Uitgawes vir spesialiste was R38,5 miljard in 2017 terwyl medisyne die mediese skemas sowat R25,8 miljard uit die sak gejaag het.

Mediese skemas het sowat R9,1 miljard aan algemene praktisyns uitbetaal terwyl uitgawes rakende voorgeskrewe minimum voordele sowat R79,2 miljard beloop het. Mediese skemas het altesaam R170 miljard in ledegeld in 2017 ontvang. Teen 31 Desember 2017 het mediese skemas reserwes van nagenoeg R59 miljard gehad.

Volgens Kabane was daar ʼn toename van meer as 220% in die getal klagtes wat ontvang is. Die getal geregistreerde voordele-opsies het van 331 in Maart 2017 tot 324 in Maart 2018 afgeneem. Die getal hooflede van mediese skemas het van 3,99 miljoen in 2016 toegeneem tot 4,01 miljoen in 2017. Die getal afhanklikes het egter afgeneem. Die algehele bevolking wat aan mediese skemas behoort, het met sowat 0,1% afgeneem.

Kabane het gesê die gemiddelde ouderdom vir begunstigdes van mediese skemas was 33,2 jaar in 2017. Die getal begunstigdes ouer as 65 jaar het van 7,9% in 2016 tot 8,4% in 2017 toegeneem.

“Die toename in ouer begunstigdes sal na verwagting ʼn invloed uitoefen op die benutting van gesondheidsorgdienste en tot ʼn toename in gesondheidsorguitgawes deur mediese fondse lei,” het Kabane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Daan Erasmus ·

Hierdie is ‘n reuse trein ongeluk wat besig is om in stadige aksie te gebeur. Net soos daar R150 duisend rand motors is en R1. 5 miljoen motors. Maar hier wil almal gemiddeld betaal en maksimum hê. Geen Checkers of Spar sal jou ‘n vaste bedrag laat betaal en dan het jy ‘n keuse om onbeperk goedere te vat.

Johann ·

Die mediese skemas word sterk aangeval oor korrupsie. Dis om die toekomstige gesondheidsprogram te PROBEER regverdig. Die feit is egter dat die staats hospitale skaars funksioneer weens die anptenare se korrupsie en onbekwaamheid. Ja, dit gaan beter in die privaat gesondheidsorg. Maar ons betaal daarvoor. Om dit oop te stel en onder staatsbeheer te plaas, gaan die HELE gesondheids-opset wanfunksioneel gemaak word.

Elna ·

Die mediese fondse maak baie meer geld as wat die belastingbetalers per jaar per betaal. Dis die rykste maatskappye in SA. Daar’s soveel korrupsie betrokke ook met die mediese fondse en die dokters spesialiste ens dit word net toegesmeer. Ek het self baie probleme ondervind met n mediese fonds. Daar is wel baie oplossings vir hierdie enorme probleem maar nie almal gaan wil in stem en saam staan nie. Mediese fondse, dokters, spesialiste, mediese professore ALMAL moet ondersoek word dan sal daar meer korrupsie oop gevlek word dalk sal dit help dat almal n mediese fonds dan sal kan bekostig.

Dries ·

Mediesefondse is net daar om geld te maak.. hulle se dit is n hospitaal plan maar as jy uitkom betaal hulle amper niks.. dan maak jy gebruik van die netwerk lys en dan behoort die hospitaal mos weet of toesteming kry vir sekere prosudures maar nee die pasient moet betaal..

Anoniem ·

Aan almal wat so kla oor mediese fondse : hierdie ondersoeke is die regering se voorbrand werk om weg te doen met privaat mediese dienste en dit te vervang met hul skrikwekkende NGV wat onderwerp sal wees aan geweldige korrupsie en ook soos kommunistiese plan lyk! Verkies eerder duur mediese planne bo rampspoedige NVG.

Petro v Zyl ·

Wanneer gaan die wet op geonheidsorg bietjie kyk na die bybetalings wat pasiente self moet dra?? My pensioenaris pa sy bybetaling op sy chroniese medikadie jaag hom elke maand n ekstra R1500 uit sy sak en sy medies kos hom alteeds R4400 waarvoor ek met luefde betaal maar is dit regverdig?? Dan vra dokters tot 300% meer as mediese tarief en dif moet ons ook self betaal!
Die tydvd jaar is sy akuut uitgeput en dan moet ons nog R1200 opdok as hy n noodgevalle pasient is……klink vir my die medies is nie meer wat dit was nie!

Anton ·

Die hele spul is skelm van die staat deur die dokters regdeur die mediese skemas tot by die pharmaceutical mmaatskappye. Dit is maar so hier in Rippoff South Africa. Volgens hulle moet jy jou bek hou en bly wees dat hulle jou net 300% en meer vir alles charge. Boererate moet werk en gaan net dokter toe as jy 5min van vrek af is.

Donderstorm ·

N mens betaal net meer en meer en jou voordele raak al minder mediese skemas stuig met se maar 10% en jou salarus met se maar 7% en hul is baie duurder as wat hul moet wees en privaat hispitale vra ook n baie hoe bedrag baie meer as nodig

Groenie ·

‘n Mediese skema is ‘n besigheid met ‘n winsmotief, (dan is daar ook nog korrupsie) en nie ‘n welwillendheids organisasie nie. Jy sal nooit wen om aan ‘n mediese skema te behoort nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.