Mediese spesialiste hef buitensporige bedrae

Argieffoto

Argieffoto

Mediese spesialiste hef soms tariewe van tot 300% hoër as die bedrae wat mediese fondse toelaat, het Rapport Sondag berig.

Dié aantyging is glo vervat in ʼn voorlegging wat die Raad op Gesondheidsfinansiers (RGF) binnekort by die Mededingingskommissie se ondersoek na die private gesondheidsindustrie, gaan indien.

In die voorlegging voer die RGF aan dat spesialiste soos ortopediese chirurge, hart- en longchirurge, narkotiseurs, onkoloë en patoloë se tariewe soms tot 300% hoër is as die tariewe van mediese fondse.

Die voorlegging, wat deur die koerant gesien is, sluit hospitaal- en spesialisrekeninge in wat wys dat pasiënte soms twee keer vir dieselfde prosedures betaal. Die RGF voer ook aan dat Life, Mediclinic en Netcare, die land se drie grootste private gesondheidsorggroepe, die mark in so mate oorheers dat daar nie ware mededinging in die sektor is nie.

“Een hospitaalgroep het ʼn mediese fonds met ʼn dubbelsyfer-verhoging gedreig indien die fonds nie die hospitaalgroep as sy voorkeur-diensverskaffer aanwys nie,” voer die RGF glo in sy voorlegging aan.

Die Netcare-groep het gesê sy voorlegging weerlê enige bewerings deur die RGF dat die maatskappy se pryse onredelik is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

marcia ·

Skandalig! Gn wonder d gewone man kan nie hospitalisasie bekostig nie en word gedwing om in pyn en ongemak te lewe

martie ·

Ek was by n internis vir n opvolg besoek en my medies het slegs R13 betaal van ver oor n R1000. As pensioenaris kan ek dit nie bekostig om weer te gaan nie.

estelle ·

Tandarts tariewe verskil ook radikaal. Beste om op mediese fonnds se webwerf te gaan kyk wie hul aanbeveel wat by tariewe hou.

Anna Marie Roos ·

Dit is vir my as boekhouer onverstaanbaar die fooie wat verwag word. Dan moet mens n uur of langer wag vir jou afspraak, hoekom kan ons nie die dokters ook fakture gee vir ons tyd nie? En sommer die tyd wat hulle op die foon besig is terwyl jy die tyd moet betaal. Ek moet se n onderfinding in n hospitaal het my hart gebreuk………laaste jaar studente se min respek vir n mens, hulle houding was regtig baie lelik, gemaak of hulle gode is.

Babs ·

Baie dokters wil nie die regte behandeling gee nie want dan jaag hy mos die melkkoei weg. As die pilletjies nie teen Dinsdag help nie kom Woensdag terug. As jy ‘n mediese fonds het gaan dit nog lekkerder. Dan skep hulle eers.

Renetha ·

Ek stel voor dat jy jou dokter se fooi vooraf met hom bespreek en as jy dit nie kan bybring nie of hy nie vir jou tegemoet kan kom nie, dan gebruik jy ‘n ander dokter. Die NHRPL tariewe wat deur sekere mediese fondse toegestaan word t.o.v. sekere ondersoeke is belaglik. Die chirurg se fooie is minder as ‘n algemene praktisyn. Ek verstaan almal se frustrasie en dis goed dat daar ondersoek ingestel word en dat die ‘culprits’ aan die bek geruk word – hetsy die dokters of die fondse.

Dink maar ·

Hier kerm kla ons alweer oor MEDIESE sorg en niemand lig die pen en kerm oor vervaardigers se hemel hoe pryse van suiwel bv kaas R69.00p/kg verhoog na R90.00 p/kg 30% botter R29.00 p/500gr verhoog na R42.00 p/500gr 45% melk R 16.00 p/2lverhoog na R22.00p/2L 37% en rapport SKITTER in sy afwesigheid van lig die publiek in.

Paul ·

En vir hoeveel jaar was dit op R70, R30 en R16? Een of ander tyd moet dit styg.
En het jy na alle soorte gekyk? Dit help nie jy let net op na die handelsmerk waarvan jy hou nie, wat van daardie “no name” melkie wat ook op die rak staan, nog steeds vir R16? Dis mos mededinging daardie – as almal net aanhou om die duur handelsmerke te koop, kan hulle nie tegelyk daaroor kla nie.

Ghost ·

Pail stem saam met jou. Dit is met alle produkte so. Indien ek n no name produk kry wat goedkoper is en selfde kwaliteit is, dan koop ek dit, maar ongelukkig is daar items wat die no name produk so swak gehalte is, dat dit nie die moeite werd is om te koop nie.

Gerard Vreeswijk ·

Stem saam met jou Dink maar. Roofpryse is aan die orde van die dag. Soos die petrol goedkoper word, gaan die pryse op. Vervaardigers en die middelman skep hier dat dit bars. Hulle sal vir jou ‘n elle lange verduideliking gee hoekom jy meer moet betaal. Hoë pryse is die wortel van alle kwaad en ja, daar word bittermin daaroor gesê. Kyk die prys van suiker, kaas en al die noodsaaklike middele.
Die regering help so graag die armes, hulle kan begin om prysbeheer uit te oefen.Koerante is so gemoeid met politiekkorrektheid, laat hulle liewer die winkels aanpak.

Paul ·

As jy leë winkelrakke wil sien, pas prysbeheer toe. Ja, die prys is laag, maar daar’s niks vir jou om te koop teen die lae prys nie – wat help dit?
Vra maar die Zimbabwiërs, Russe, Chinese en Kubane.

Elizabeth ·

Nou-ja, die berig is eintlik oor mediese kostes, nie verbruikersgoedere so ek sal my daarby hou : ). Dis vir my veral erg as ek lees van onkoloë in die berig. Iemand wat aan kanker ly gaan alreeds deur hel (nie dat ek dink ander siektes maak minder saak nie)en dis ‘n uitgerekte stryd wat verskriklik baie kos – sekerlik is dit dan onaanvaarbaar as onkoloë mense in so ‘n posisie hemelhoë tariewe vra en basies uitbuit. Vir my is dit onaanvaarbaar en ek hoop hierdie saak word sterk aangespreek.

Leeutjie ·

My seun was onlangs in ‘n kliniek opgeneem vir bipolere depressie. Die medikasie wat voorgeskryf is binne die kliniek het vir ‘n rukkie gewerk en daarna was daar newe effekte soos aggressie, selfmoordgedagtes en nog meer. Met die tydperk in die kliniek is die fonds getap deur die konsultasies asook die medikasie wat nou nie werk nie. Met sy hernude selfmoordgedagtes het ek die kliniek geskakel om self met die Psigiater te praat oor my seun se probleem. Die psigiater was geensins beskikbaar nie en ek wag nou nog vir hom om my terug te skakel. Die fonds is uitgeput en die Psigiater skitter in sy afwesigheid met telefoniese terugvoer…. my vraag is waar is die belangstelling nou? I rest my case!!!

Riana Malan ·

Waar, asb tog WAAR kan ek veel verkondigde Lys van Aangewese Diensverskaffers van die wonderbaarlike BESTMED te SIENE kry asb? Sit al meer as ‘n uur en soek en al wat ek kry is hulle brosjures.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.