Mediesefonds-lede dok miljarde op aan medikasie, dokters

Argieffoto (Foto: DarkoStojanovic, Pixabay)

Lede van mediese fondse het verlede jaar R32,9 miljard uit hul eie sak betaal vir mediese dienste. Hierdie bedrag het boonop toegeneem van R31,9 miljard in 2017 en is amper R9 miljard meer as die R24 miljard wat lede in 2014 self betaal het.

Só wys die Raad op Mediese Fondse se jaarverslag vir die 2018-’19-boekjaar, wat Vrydag bekendgemaak is. Hierdie bedrag is bereken deur die bedrag wat deur lede geëis is vir behandeling of medikasie af te trek van die bedrag wat uiteindelik uitbetaal is. “Die werklike uitgawes wat lede aangegaan het, is waarskynlik veel meer, aangesien daar nie vir alle mediese behandeling geëis word nie,” lui die verslag.

Argieffoto: Pixabay

Mediesefonds-lede bestee die meeste van hul eie geld aan medikasie (33%), algemene praktisyns (9,7%) en mediese en chirurgiese spesialiste (7,5%).

Die grootste persentasie van geld in pasiënte se mediese spaarrekening word ook bestee aan medikasie en algemene praktisyns. “Die hoë bedrag wat lede aan chirurgiese spesialiste betaal, is waarskynlik omdat dié spesialiste se tariewe gemiddeld hoër is as die skema se tariefkoers,” lui die verslag.

Mediese fondse het in 2018 altesaam R173,3 miljard aan ledevoordele uitbetaal, ʼn toename in 8% van die R160 miljard wat in 2017 uitbetaal is. Mediese fondse het gemiddeld R19 500 per begunstigde per jaar uitbetaal. Die meeste geld (37%) is vir hospitaaldienste uitbetaal, gevolg deur geld vir medikasie (15%).

Klagtes teen mediese fondse weens wanbetaling het ook die afgelope boekjaar toegeneem.

‘n Helikopter moes een van die mans na ‘n hospitaal neem. Foto: Verskaf

Volgens die verslag was daar in die vorige boekjaar ʼn toename in klagtes vanaf mediese praktisyns omdat mediese fondse in sekere gevalle besluit het om nie eise vir behandeling uit te betaal nie. In die meeste gevalle het die betrokke mediese fonds bykomende inligting aangevra met betrekking tot dokters se werksure, ligging van hul praktyk en die tyd wat aan ʼn betrokke pasiënt bestee is. Sommige dokters het egter geweier om hierdie vrae te beantwoord op grond van dokter-pasiënt-vertroulikheid, luidens die verslag.

Daar is wel in die vorige boekjaar meer gereeld ten gunste van klaers bevind (2 234 keer), eerder as ten gunste van mediese fondse of administrateurs teen wie die klag ingedien is (1 700 keer). Mediese fondse kon ook verlede jaar klagtes baie vinniger afhandel as vorige jare.

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

87 Kommentare

Poot ·

My oorlede pa het altyd gesê, “versekering is ñ goeie ding, jy moet net NOOIT eis nie”.
Tong in die kies.

Droë Perske ·

Die huidige bestel van mediese fondse is nie volhoubaar nie. Dit word al duurder en duurder, en dié wat dit kan volhou word al minder en minder. Dit is ‘n feit. Wanneer die ledetal afgeplat het (of selfs afneem), gaan dit waarskynik ineenstort. Ek weet nie wat die oplossing is nie, maar dit is beslis nié die NHI nie.

Carl Jordaan ·

Droë Perske,, jy is reg. Mense kan selfs nie meer mediese skemas bekostig nie. Dit plaas druk op die staat. Jy kan nie n besigheid bedryf waar jou kliênte nie jou dienste kan bekostig nie. Ja, dit is nie mediese dienste nie, dit is mediese besighede, en daar is n enorme probleem met die koste struktuur. Baie instansies is billik, maar daar is beslis ook uitbuiting en “Greed” wat die bedryf, seer maak.

Melanie ·

Wel ek moes gaan vir mantelvliesbreuk operasie 2maande terug en toe ek by hospitaal kom moes ek hoor daar moet oor die 16duisend rand neer gesit word.My man verdien nie ‘n groot salaris nie en nie almal het daai geld wat rond lê nie.Ek moes my operasie kanseleer en is op pille in die oggend en aand vir verligting.

Karolis ·

Vra jou dokter om vir jou Lanzor voor te skryf.
Een pil werk gemiddeld 5dae lank.

Eben ·

Ek het mantelflies operasie gehad en is baie spyt dat ek dit toegelaat het. Die ooerasie hou net vir so 5 jaar dan het jy dieseldde probleem. Tydens die operasiese word ook ander breuke gevorm a.g.v. die gaatjies wat gemaak word, om die operasie te doen. Moet nie sleg voel dat jou ma
n nie gegaan het vir die operasie nie. Vir my vas dit mors van geld. Dokter verdiodelik ook nooit dienagevolge van die operasie nie. Net gelukkige pasïente is beter af. Ek het ‘n groot nok gevat met die op.

Lynette ·

Spook op thaba, ek dink nie Melanie het n mediese fonds nie, of sy het n hospitaal gebruik wat nie in haar mediese plan is nie.

Eben ·

Mediesefondse is vir die gerief van dokters om vir hulle buitensporige hoë salarisse te betaal. Ek was een keer by ‘n oogspedialis vir 5 minute en dit het R1900 gekos. Teen daardie tarief verdien die dokter ver oor die R2miljoen per maand. Geen wonder dat hulle motors van oor die R2miljoen ry.

Sirkus ·

Mediese fonds is soos om vir ‘n bommelaar geld te gee by die stop straat. Moet dit nie terug verwag nie…

JohanR ·

Wonder nog altyd of ek daai R2412 wat ek elke maand aan Discovery gee, nie iewers moet bele sodat dit rente loop, en maar self al my medies betaal nie? Probleem kom waaneer jy skielik ‘n R100000 prosedure moet laat doen. Dink nie een van ons in SA het skielik daai soort geld nie? Soe bly maar op die Voyage Of Discovery.

koos ·

JohanR, jou bydrae is maar klein in vergelyking met andere, maar daar gelaat. Waardeer dit solank jy kan.
Ek wil jou skok, R100 000.00 is te min vir ‘n groot prosedure. Jy het teminste R350 000.00 nodig, en ook hoop so ‘n noodgeval gebeur net een keer.
Dis juis hierdeur dat al die mediese fondse kan maak wat hulle wil. Hulle weet baie goed in watter posisie hulle kliente (en sê dit spesifiek i.p.v. pasiente) is en nie die risiko wil loop nie.

Gert J ·

JohanR. Ek het n hart omlyning gekry in PE Green Ackers privaat hospitaal in Mei maand hierdie jaar. Ongelukkig was daar erenstige komplikasies in die teater gewees, maar die mediese span het my na n 7 uur operasie deurgehaal. Dank die Heer. Ek nou puik en gesond op 70 jaar n nuwe mens. My mediese fonds is Discovery met die Klassieke Spaarplan. Was as gevolg van die komplikasies 3 weke in hospitaal waarvan twee weke in I C U was. Ek het nie n sent vir niks inbetaal nie en alles saam was R750,000. Ek sou dit nie gehad het nie as ek dit moes gespaar het nie

Sputnik ·

Só het die vriendelike groet en verneem na my welstand elke oggend deur die fisioterapeut ná vier dae in ICU ‘n aardige en totaal onnodige totaal tot my hospitaalrekening bygevoeg.

Henda Myburgh ·

Ja dis die ding is daai groooot goed wat verkeerd kan gaan kyk wat kos hartoperasies ens dis wanneer die boksports begin ons ookal gedink bedank medies en spaar daai geldjies …. dan kom die motor ongeluk ICU hartaanval, dan betaal jy maar!

Johan ·

Ek betaal miskien ‘n hoë premie… Maar ek is by goeie dokters en ek het uitstekende behandeling in die hospitaal gekry. Met die blinknuwe plan van die Regering om die privaat mediese dienste te kaap, gaan ek dalk minder betaal maar swakker diens kry. Dis gewis!

Lollie ·

Ek is baie bly hierdie kwessie word raakgesien!! Waarom betaal ons ń arm en ń been om aan ń fonds te behoort maar buiten jou maandelikse premie moet jy nog betaal? Waarom het elke dokter deesdae ń bybetaling? Jare terug was dit nie so nie. Waarom enigsins iets betaal vir hospitalisasie, operasies ens…. Lys is lank want almal wil net skep of jy dit kan bekostig of nie.
Deesdae se dokters en verpleegpersoneel sien jou liewer dood as jy nie kan betaal nie. Indien ń rower gewond word dan kry hy mediese sorg, alles verniet!
Hoekom kan alle dokters en spesialiste nie dieselfde vir konsultasies vra nie? Ek weet hy het jare geleer vir sy beroep maar so het ander mense ook en wil hy nou dat 1 persoon al sy leer aan hom terug betaal? Waar is die “liefde vir sy werk en medemens”? Duidelik het dit verander, dis nou ń ryk word werk.
Pensionarisse se pensioen gaan jaarliks op met ongeveer R200 dan gaan die medies ook op met R200. Waarom as jy ń histerektomie gehad het kry jy nog steeds dekking vir kraam? Jy betaal daarvoor

John Ferreira ·

Al wat my R 9261.00 vir drie van ons laat betaal is die vrees vir wat ek ervaar het in ‘n Staatshospitaal

Leon ·

Discovery betaal gewoonlik 5 maande te laat die mediese praktisyns. Gewoonlik waneer jy met die prokureurs brief by hulle aankom van die mediese praktisyn af.

Gert J ·

Leon jy lieg, om dit pront uit te stel ek het nog nooit met Discovery probleme gehad nie en ek is 40 jaar by hulle. Jy soek net geselskap

Basjan ·

Ai ou Gert J. lyk of daai driekwart miljoen hartomleiding jou nuwe woema gegee het!
Op sewentig, met ongeveer 20 jaar om te lewe (as jy gelukkig is), maar met geen ambisieuse bydrae tot ontwikkeling van enigiets nie wonder ek of dit die moeite werd was om jou teen R 37500 per jaar aan die lewe te hou.
Kon daardie geld nie beter aangewend wees om iemand deur universiteit te sit, om ‘n oplossing vir oorbevolking te vind. Daar is soveel verdienstelike gevalle wat ‘n verskil aan die wereld kan maak maar nou is R 750 000 in die sakke van ‘n paar kapitaliste vir eie gewin.
En jy gaan in elkgeval nie ad infinitum lewe nie.

Doris ·

Wat my siek maak van die Mediese fondse jy betaal elke maand n groot premie, dan stap jy by die Apteek in met n voorskrif dan word vir jou gesê die medies verkies jy moet generiese medikasie gebruik wat ek nou die dag vir die Apteker sê as U n voorskrif kry vir my of my man soek ek oorspronklike medikasie dit is hoekom ek n medies betaal.

JD ·

Dit is in hierdie huidige omstandighede vir ons almal ń groot probleem , ek wonder of afriforum nie hulle eie mediesefonds wil stig en vir ons almal makliker wil maak nie , maar net ń gedagte .

JohanR ·

Sal somer gou by ‘n Solidariteit of AfriForum mediese fonds aansluit as dit gaan werk. Weet darem my bydrae elke maand sal regverdig meer gewerk word.

Tina ·

Mediese fondse het deesdae ‘n noodsaaklike las geword. Betaal deur jou nek vir selfs net ‘n kernplan, om darem hospitalisasie en chirurgie te kan “bekostig”…. en selfs dan nog duisende se bybetalings. En selfs die koste van voorskrif medikasie, enige buite-die-hospitaal dokter, fisio, x-straal, bloed toetse ens, is besig om heeltemal buite die bekostigbaarheid van die gemiddelde mens te styg. Die hele besigheids-model waarvolgens privaat gesondheid bedryf word, is beslis nie “gesond” nie.

Anoniem ·

Mediese fondse help maar wat ek graag sal wil sien is dat daar van die voordele wat hulle bied weggevat kan word by ouer mense om sodoende kostes te bespaar soos bv. swangerskappe watter vrou word swanger in haar laat 50. Dit moet so gemaak word dat jy kan voordele kies.

annoniem ·

Ek stem 100% saam. Daar is byvoorbeeld ook HIV voordeel. Indien daar nie fondse meer beskikbaar is vir ‘n spesifieke prosedure ens nie, waarom kan ons nie ‘n keuse he om van die voordeel wat tot en met dan nog nie van gebruik is nie, oor te plaas na dit wat op daai stadium uiters noodsaaklik is. Alle voordele is ingesluit in jou maandelikse premium. Sou jy dit nie gebruik gedurende die huidige finansiele jaar nie, verbeur jy dit – dit word nie oorgedra na volgende jaar of na dekking wat vir jou van uiters belang is nie. Daarom is my mening dat jy ‘n keuse moet kan he om uit te oefen waar jy dit kan laat oorplaas vir nodige prosedures sonder dat daar enige bybetalings ens betrokke is.

GN ·

@ John Ferreira. Met reg! Ek het insae in derduisende neuro-sielkundige verslae die afgelope klompie jare gehad na padongelukke en ander trauma plaas gevind het. Dit is om van siek te word as jy lees van hoe meeste mense sekondere trauma beleef wat in staatshospitale was na ongelukke of ander trauma. As die staat Nasionale Gesondheid nie eers suksesvol kon deurvoer nie, hoeveel te meer gaan die Nasionale Gesondheids Versekering nie `n absolute mislukking wees nie?
Die probleem is, privaat mediese sorg is ontoereikend vir meeste mense en onbekostigbaar.

Chemoné ·

Hoekom het ‘n mens ‘n mediese fonds? Ek moet vir ‘n skouer operasie gaan en moet
R12 000 vir die dokter en R10 000 vir die Narkotiseur inbetaal wat my fonds nie betaal nie.

Dis belaglik hulle buit mens net uit!

Gert J ·

Nee Chemone, laat hulle jou net inboek in een van hulle netwerk hospitale (dis almal privaat hospitale) Jy sal nie n sent inbetaal nie. As jy magtiging aanvra by jou mediese fonds vra watter hospitaal en hulle sal jou vervys.

Netso ·

Ons medies is R12000 pm. Ek het altyd daaroor gekerm. My man het in 2017 en 2018 twee knievervangings gehad. Ek het in 2019 ook ‘n knievervanging gehad. Sandton Medicity Geen sent hiervoor betaal nie. Nogsteeds het ek gemor. Junie word my man siek, angiogram, 5 are word omlyn. 6 dae in intensief, dieetkundige, fisio, Unitas Hospitaal, geen sent om te betaal nie. Glo oor die R400000 se operasie. In September maak ek my voet seer by my werk (eie besigheid) MRI skandering, ortopeet, fisio, ens, volg. Geen sent word van ons gevra nie. In een jaar word die ekwivalent van 4 jaar se paaiemente aan ons bestee. Solank ek kan, sal ek dit betaal. Ek gaan ook nie weer mor nie.

Michael Bouwer ·

Sjoe, ek wens die meederheid van ons het R12000 n maand beskikbaar om vir n mediesefonds te betaal.

Gert J ·

Netso, ja dis netso, het hart omlyning in Mei gekry alles saam is nou R750,000.

Db ·

Die ergste is as jy by die tandarts of oogarts kom. Die astronomiese bedrae wat self betaal moet word is belaglik. Elke maand se bydrae gaan waarheen? Ek wil weet wat doen hulle met al die geld as jy liewers maar selfmedikasie toedien en sover as moontlik van enige dokter wegbly oor die geweldige bybetalings. Kan niemand iets aan hierdie fondse doen om uit te vind wie se beursie is die volste

Petro ·

Bou fancy geboue in Sandton dat die elite lekker gemaklik kan werk en lewe… Met baie koffiewinkels en lekker sagte stoele….

Gert J ·

Wel Petro, Jy is vry om daar by die staats hospitaal in daai stinkende ry van 60 voor jou te gaan sit en wag. Dan daarna deur ongekalifiseerde Kubaanse dokters gesien te word wat nie eers jou taal verstaan nie, Dit kos jou ook niks nie. Die mediese fonds se nie jy moet aan hull behoort nie. In jou geval dink net teen R3000 per maand vir 30 jaar hoeveel kon jy spaar(Hoe ouer jy word hoe sieker en hoe meer dokter het jy nodig. Voorspoed vir jou in daai stink sale as jy daar opgeneem word.) Moet nie kla nie

Slimdom ·

Solank die dokters groot karre ry en huise het en lekker leef, sal dit so gaan.
ALMAL WIL MOS miljoene rand inbring en soos konings leef.
Dit geld vir die mediese fondse ook, almal wil oornag ryk word en die res moet suffer!
R400 000 se operasie? follow my eyes…regtig??

Vragie ·

WIE BEPAAL DIE TARIEWE?
niemand vra daai vraag nie….
klomp skelms

Dankie daarvoor ·

As dit nie daarvoor was nie! Baie baie dankie. Ek is nog hier.

Bietjie baie ·

Die grootste deel van mediese fonds uitgawes gaan aan hospitale. privaat hospitale word besit deur n paar privaat dokters wat almal aandeelhouers is. Hulle moes eintlik sakemanne geword het.

Discovery Mediese Fonds spandeer ons lede geld op n Discovery versekering, Discovery Bank, ens.
Tandheelkunde en Oogkunde word word nie betaal nie. Gehoorapparate word nie betaal nie, Bloedtoetse moet self betaal word.
Dis n GEKKE spul.

Ann ·

Daar is n ortopeed in Pretoria wat gemiddeld 400% meer vra as wat die mediese fonds toelaat. Ons het maar iemand anders gekry want ons sou moes R27000 inbetaal het op sy rekening.

Sê maar net ·

Jaaa Ann, weet ook van daardie ortopeed….Sy pryse is buitensporig…Betaal net vir sy naam soos mens deur jou ore betaal vir die Toyota naam.

AndrewL ·

Hulle hou ook maar kroniese medikasie aan die gang. Na sowat 18 jaar se gebruik is nie een van die kwale genees nie. Maar kyk gerus na die hoofkantore van die nie-winsgewende organisasies, min hotelle lyk so.

Gert J ·

AndrewL. Kroniese medikasie beteken kronies, gaan kyk dit op. Dis vir kroniese siektes en kroniese siekte beteken daar is geen geneesing daarvoor nie net verligting en hulle hou jou aan die lewe, So jou idee van dat jy nie genees is bietjie dom.

Chemoné ·

Kan iemand asb vir my ‘n ortopeed se naam en nommer gee wat 100% mediese fonds tariewe vra.

Ek sal dit waardeer want mens kan nie tussen 217% en 400% betaal nie, dis belaglik.

Gert J ·

Vra jou mediese fonds, hulle sal weet want hulle moet by jou mediese fonds registreer

Anoniem ·

Mediese fondse het nog altyd gewerk vir ons maar ek het net een problem en dit is dat daar voordele is wat nie meer betrekking het op ouer vroue en selfs vroue wat historektomies gehad het. Hoekom kan hulle swangerskap voordele nie wegvat waar dit nie meer van toepassing is en dan eerder n goedkoper fonds aanbied of dit by tandarts of oog problem voeg.

erika ·

Gaan 2 keer dokter toe. 1 keer oogkundige toe dan is jou fondse uitgeput.
Of jy moet gaan vir jou oë of vir jou tande per jaar, maar vir beide is daar net nooit geld by discovery nie. Kry maar pille oor die toonbank by die apteek..

Gert J ·

Blameer jou dokter daarvoor want hulle dwing mediese fondse deur die mediese raad om daai hoe tariewe te betaal dis hoekom privaat pasiente goedkoper betaal, dokters maak jou fonds leeg

Amptenaar ·

By GEMS (staatsdiensmedies) is daar ook skaars geld vir die tandarts. Hoe lyk die staatsdienswerkers se tande? Jy betaal elke maand, maar jy kan nie eers op jou tande kners nie.

Willem Grobler ·

Mediese fonds is duur – dis ‘n feit. Ek betaal elke maand aan Discovery maar as dit nie vir hulle was nie, was ek lankal in my graf. Hulle behandel my baie goed en betaal my hospitaal- en doktersrekeninge soos klokslag en die probleempies is slegs by hoogste uitsondering.

Kosie Kramer ·

Discovery is glo `n mediese fonds, maar verlede jaar het hulle `n “leiersberaad” gehou, en toe die smerige Hillary en Bill Clinton, teen miloene dollar, ingebring. Dan borg hulle nog sportgeleenthede. En hulle sieklike lede moet hoes…

Neels ·

Ek moes verlede week R600 betaal vir die velspesialis . Sy het twee weke tevore n biopsie gedoen , moes toe verlede week teruggaan net dat sy vir my kan verwys na n chirurg toe . Kon sy my nie telefonies laat weet het nie . Nee want anders het sy daai konsultasie geld verloor . Lekker geldmaak so .

René ·

Ons seuntjie se mangels moes verwyder word. Ons het n goeie mediese skema en n goeie pakket. Die 1ste mond en keel spesialis het onmiddelik gevra of ons n “gap” plan bykomend het, net daar en dan besluit gaan n ander spesialis sien, moes ook n bybetaling doen maar nie soveel soos die ander spesialis. Dit is belaglik wat spesialiste en dokters vra.

Poppie ·

Ek was by die tandarts saterdag.. rekening beloop oor die R2000 en steeds moet ek R1200-00 inbetaal? Nee regtig!

Mel ·

Julle sal geskok wees om te besef hoeveel die dokters se versekering-kostes beloop. Ons lewe mos in ‘n wereld van dagvaar vir elke dit en dat. Dis nie die dokters alleen se skuld dat hulle so duur is nie. Daar is baie faktore wat bydra. Ek sal minder eet ‘n maand, maar my medies sal ek betaal. Ek raak skoon moedeloos met elke week iemand nuut wat geld insamel vir ‘n kind of jongmens wat hulle ouers nie medies het nie en dan het die ondenkbare gebeur. Dis so hartseer…
Maar terug by die artikel en kommentaar. Jyself is verantwoordelik om seker te maak jou medies dek dit wat jy voor wil eis. Medies beteken nie net ‘free for all’ nie.
Medies is vir my nie ‘n noodsaak vir day to day nie – maar in ‘n mediese noodgeval wat hospitalisasie verg – onbetwisbaar noodsaaklik!!
Daar is baie fondse wat nie swangerskap voordele het nie – maar wel voordele vir bril en tandheelkunde. Ek het nogal goeie waarde en diens by Medshield gekry. Sonder te veel bybetalings en die voordeel van verskillende voordeel-poele.
Ek sidder om te dink aan die NHI idee!!!!

Anoniem ·

Heel beste kommentaar hier!!!
Stem saam en ek waardeer die dokters wat goeie werk doen.
Mediese koste is ‘n groot uitgawe in alle lande ter wereld en die menslike hulpbronne is bitter skaars, dis die ekonomiese wet van pryse wat hoog is as diens of produk skaars is en die aanvraag hoog. Dit gaan nie verander nie.

Hannes De Beer ·

‘n Groot euwel is die situasie ten opsigte van sterwende persone wat einde-van-lewe palliatiewe sorg nodig het.

Dokters en spesialiste klim steeds viervoet in en probeer met bitter duur nodelose prosedures nog die laaste bietjie geld uit die sterwende se familie en mediese fonds te mergel.

Kolle ·

Hannes de Beer jy praat waar. Soos iemand hier bo gesê het party dokters moes sakemanne gewees het, veral daai praktyke wat ‘n paar van hulle as vennote het.
Dit klink wel of party kommentare hier spog met die premies wat hulle betaal…

Bokkie ·

Ek was vroeër die jaar in ‘n private hospitaal in Centurion met my kind vir ‘n hele week met ‘n vreeslike siekte!!! EKT NIE EEN SENT BETAAL NIE! Medies het definitief sy voordele! Ding is, mense lees nie al die fynskrif en goed van mediese fondse nie, dokters en skemas moet hulself baie mooi beskerm teen lede wat vir ‘n seer toon of iets almal altyd dagvaar! Dus, neem verantwoordelikheid en maak seker jy is ingelig oor al die fynskrif en goedjies as dit kom by eise en as hul webblad niks sê nie, tel die foon op en bel, al moet jy aanhou en na panfluit musiek luister!! Jou gesondheid is ook jou verantwoordelikheid!

Johann cb ·

As ‘n relatief klein deel van die bevolking sóveel bestee aan gesondheidsorg, dink net hoeveel ons sal moet opdok vir Nasionale Gesondheidsorg se bevondsing! Skrikwekkende gedagte!

Ongelukkig. ·

Die vinnigste manier om bankrot verklaar te word is om aan ‘n mediese fonds te behoort en baie siek te word.

Mariaan ·

Die probleem is die dokters! Nie die mediese fondse nie..dokters tap die fondse leeg en word skatryk..!! Of jy nou oorleef of nie…maak hulle hul geld…EN MEER!!

Eleni M ·

@Ongelukkig, dink net as jy baie siek word en jy het geen mediese versekering nie! Ons kla oor bybetalings. Dis steeds beter as die volle rekening – of dalk die staatshospitaal!

Christa ·

Mediese fondse is net n geld Maak stelsel. Discovery is van die duurste fondse. Elke Jaar Gaan die premises net op. Hospitale Wil jou nie meer behandel as jy nie mediesefonds het nie.

Andrea ·

Ek is al vir 30 jaar n lid van Bestmed. Dit is volgens my die beste mediese fonds. My twee volwasse kinders het elkeen n basiese plan by hulle wat doktersbesoeke en hospitalisasie insluit . Vroeër vanjaar moes my dogter n nood blindederm operasie kry. Ek’t my hart vasgehou en gewonder wat sy (ons) gaan moes inbetaal siende dat haar versekering net n basiese plan is. Nie n sent hoef in te betaal nie. Sy was n ekstra dag in die hospitaal en selfs dit is gedek. Ek sal werklik minder eet of in n goedkoper huis bly, maar sonder mediese dekking kan ek nie.

Zombie ·

Stem saam met Andrea. Het van Discovery na BestMed geskuif. Ek betaal duisende rande minder en vandat ek by BestMed is, was die fonds nog nooit uitgeput nie.
Was daar nie sprake dat Discovery-aandele slegs vir sekere Suid-Afrikaners beskikbaar is nie?

Chris Ws ·

Na ons motorongeluk (iemand het van agter af in ons vasgejaag) en my vrou se gevolglike derdeparty eis,het die POF na hulle haar bedrag toegstaan het R970,000 (1/3) van HAAR geld terug betaal aan ons mediese fonds.Ek voel dis verregaande!Ons betaal vir daai mediese voordele ELKE maand.Ek het deur hierdie proses agtergekom HOE skelm dokters regtig is.Almal dink prokureers is skelm wag tot jy in ons skoene was dan praat ons weer!EKdink streng regulering van die hele medies bedryf in die land is noodsaaklik.

NEELS ·

Een probleem. Jy betaal vir 40 jaar en eis omtrent niks. Ek weet jy gaan se ek was gelukkig! ja dit is so dankie. Noudat jy en jou vrou lekker oud word begin jy bietjie eis en oral word bybetalings ge eis. Soos versekering word nie-eisers altyd benadeel.

Quintus ·

Let bietjie op die tariewe van medikasie as jy medies het. Sodra medikasie deur ‘n mediese skema betall word is dieselfde item se prys sommer duurder ! Hoe werk dit ? Die item bly dieselfde.

bjsmit ·

Ek moet se dit is nie al die dokters wat so is nie die dokter wat my die afgelope 7 jaar
behandel vir kanker se tarief is minder as my gp sin en die medies dek alles asook die hospitaal kostes word gedek ek gaan net na hulle goed gekeerde hospitale toe ek betaal daai mediseskema geld eerder as n staats hospitaal. So terloops het 2 jaar terug 3 hart aanvalle gehad was een week in intensief en daar na 4 hart omleidings gehad als was gedek die kostes was by die 500 000.00 rand gewees en ek is n pensionaris so almal is nie net winsjagters nie

Gert J ·

he he he he ja, hoor ons staats mense het nou n shop soos biblioteek, jy kan tande gaan omruil

Jan du Toit ·

Eben
Ek vat my skoonma na n oog spesialis (sy is 86 ) en hy vra my R360.00 vir die ondersoek. En hy is n baie goeie dokter

Slim jan ·

n Welaf familielid het sy somme gemaak en sy eie medisefonds gestig en teen die tyd dat hy siek word was die fonds etlike honderde duisende Rande sterk. Hy het vergeet dat “waar die doodsbeendere le daar vergader die aasvoels.” Teen die tyd dat hy dood was moes hulle sy boedel uitverkoop om al die kostes te betaal. So betaal maar jou medies jou erfgename kan net baat. Want, n ou mens met n goeie mediseskema is n dokter se droom.

Trol ·

Vir soveel jare nou is doe medieseluo toegelaat on pryse vas te stel nes julle wil. Apteke ook. Kla jy by jou mediesefonds oor hulle altyd kleinerwordende betaling op jou kroniese medikasie dan is hulle verweer altyd “hulle betaal volgens staatsbeleid. Hoekom word die dokters, spesialiste en apteke nie in die bek gerum bir die prysvastelling nie? Sovat 35% van my mediesefonds betalings gaan in die medieaefonds spaarrekening in. Alles,gp’s tandarts ooglundiges voorskrifte word daaruit betaal. Wat word van die res van my betaling,? Ek was noe die acgelope tien jaar gehospitaliseer of geopereer noe. Was ook te bang om tamdarts toe te gaan. Met n tandarts besoek kan ek oor die bybetaling nie my huispaaiement bekostig nie.

Boer ·

My kommentare word gewoonlik gestop maar dalk is moderator my die keer genadig. Ek was vir 30 haar praktiserende dokter en het 90 uur werk weke gehad. My kinders het grootgeword sonder om my te ken. Ek stem 100% saamdat mediese fondse lede almal uitbuit maar lede wat dokters so sleg se is nie regverdig nie. Gaan eet 1 keer uit met 6 mense of koop 4 bande vir jou bakkie en kyk wat dit kos. Ek red n kind se lewe na n amper verdrinking en my rekening is R2500 na 4 ure se KPR en dan kla ouers ek is duur. Dit maak seer as jou kind se dokter minder ge ag word as 1 band vir n bakkie!!

Boer ·

Net om by te las. Bogenoemde kind was 3 weke in icu by n privaat hospitaal en daai koste was R 787000.00. Dit word toe deur ouers toe sommer aangeneem dat dit ook my fooi is!!! Desnieteenstaande is die kind nou n gesonde jong woelwater!!! Dan wil ek nie eers versekering en regsfooie oor kla nie. Dis gesprek vir n ander dag. Al wat ek vra is dat mense net dink wat sal gebeur as alle dokters skielik sou emmigreer? Wat gaan dan van jou word wat nou dokter ‘bashing’ doen. My eie kids is reeds nie meer hier nie omdat hulle gesien het watter ondankbare beroep hierdie is. Lekker slaap almal en bid jy kry nie more jou fonds of dokter nodug nie.

Schalk ·

Klip in die bos dink bietjie julle raak baie dinge kwyt waar is Vader in die situasie as Yah die heler of het medies dit oorgevat.My vrou het kroniese medisyne oa bloeddruk en diabetes pille gedrink vandag genees.Die woord sê goelary grieks daarvoor is pharmakya dink bietjie.As jy godsdienstig is los maar.

khat ·

Nou wil ek vra as die gemidelde bedrag geies R19 500 per begunstigde betaal word wil ek weet nou wat van die ander geld wat oorbly as ek vat ek betaal R3500 net vir my, as ek somme maak het ek R42000 per jaar betaal en ek weet ek het nie daai R19 500.00 gebruik nie wat word van die verskul ek weet mense in diens moet betaal word maar daar is nie 20 000 mense in diens nie nou wat nou

A Mac ·

Ons het ‘n hospitaalplan en gedink dit sal maklik gaan as jy skielik nood het en moet hospitaal toe. Toe nie so nie. Mos ongeveer drie weke lank sukkel om magtiging te kry met een verskoning op die ander. Intussen loop ek met ‘n arm wat ek niks mee kon doen. Uiteindelik magtiging gekry, operasie gedoen, alles betaal, nou kom narkotiseur se rekening, volle rekening nie betaal. Sal maar weer eens met fonds moet onderhandel om te hoor wat die probleem is.

Sanna ·

Eendag sal ek daarvan hou om ‘n hospitaalplan te kan uitneem.

Gerhard ·

Kk het onlangs erge hart krampe gekry en is met spoed na Pta Oos hospitaal( naaste aan my huis). Omdat die hospitaal nie op Discovery se lys is, moes ek R9000 dadelik betaal.. MAAR na 5 dae in hospitaal, elke moontlike toets(MRI, CT scan, bloed toeste ens) . R80 000 later( wat Discovery betaal het) is ek huis toe. Daardie 5 dae se kostes was hele jaar se premie. Dankbaar dat ek by Discovery is. Dankbaar dat ek die premie kan bekostig.

Attie. ·

As almal wat so kla bymekaar kom en hul eie fonds begin …… maar waar gaan almal dan kla….vra maar net. Ons is lief vir kla en om oor jou siektes te kla is nog lekkerder. Die enigste manier om die dokters by te kom is om die veearts te gaan sien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.