Medisyne dalk binnekort goedkoper danksy nuwe beleid

Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid (Foto: ANA)

Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, het Donderdag gesê ʼn nuwe beleid oor intellektuele-eiendomsregte sal ʼn beduidende impak hê op toegang tot medikasie vir siek Suid-Afrikaners.

Motsoaledi en Rob Davies, minister van handel en nywerheid, het verslaggewers toegespreek oor die Beleid oor Intellektuele Eiendom, wat onlangs deur die kabinet goedgekeur is.

Die doel van die beleid is om privaat regte met regte in die Suid-Afrikaanse Grondwet te balanseer. Die eerste fase van die beleid sal op die gesondheidsorgbedryf fokus.

Die beleid is die gevolg van die Doha-verklaring oor die TRIPS (handelsverwante aspekte van intellektuele-eiendomsregte) wat aan ledestate buigsaamheid bied om patenteregte te omseil en toegang tot noodsaaklike medikasie verseker.

Motsoaledi het gesê na verwagting sal die beleid tot goedkoper medikasie lei vir die publiek en die privaat gesondheidsorgbedryf in Suid-Afrika. “Toe daar ooreengekom is oor die TRIPS-buigsaamheid in Doha, is daar bepaal dat al die maatskappye, wat medikasie deur navorsing vervaardig, ʼn 20 jaar-patentregperiode daarop sal hê. Dit beteken dat, ná die 20 jaar, kan enigiemand wat die vaardighede het, die medikasie vervaardig en daardie medikasie sal dan as generiese medikasie beskou word.

“Die probleem is dat die 20 jaar teen ongeveer 2015 verstryk het. In plaas daarvan dat die generiese medikasie daarna gevolg het en die medikasie goedkoper beskikbaar sou wees, het die maatskappye die medisyne gevat, een molekule verander, en ʼn nuwe patent daarop bekom,” het hy verduidelik.

Davies het gesê een van die belangrikste aspekte van die nuwe beleid is dat dit ʼn “stelsel van omvattende ondersoek” op patente vereis, iets wat nie tans bestaan nie, omdat die Kommissie van Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC) nie vroeër die kapasiteit gehad het om dit te doen nie. “Een van die gevolge is dat ons dus lae gehalte patente registreer. Dié beleid lê die basis dat regulasies in plek gestel kan word en wette ingestel kan word om hervorming in intellektuele eiendom in die land teweeg te bring. Dit sal waarskynlik eers ná die 2019- algemene verkiesing plaasvind.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Johann ·

Whahhahahhahahahaahahhahaaaaaa… die ANC, veral die Minister, in dieselfde asem as “intellektueel”???????

Ok, miskien omdat daar “eiendom” ter sprake is in die kwessie? Iets om te VAT sonder VERGOEDING… ANC LEGACY!

Dafer ·

En waar gaan al hierdie goedkoper medisyne vandaan kom? India, waar anders? Dit is maar net ‘n slimmer Gupta streep.

Deloris ·

En as die generetiese medikasie nie vir n patient nie werk nie??

Cherokee ·

Dit is onwaarskynlik dat die generiese medisyne nie werk maar die oorspronklike wel, (dink ek) omdat die basis daarvan basies dieselfde is. Somtyds werk die generiese variasie selfs beter, is eie ervaring. Ek is nie ‘n medisyne-kenner maar praat soos dit vir my sin maak.

Vermeendes ·

Goedkoop medisyne sal welkom wees maar op n gesonde manier wat nie die beroep sal skade laat lei nie, my vooruitskouing is dat al hoe minder mense aptekerswese sal swott en ons sal genoop wees om met regstellinde aptekers en ook ingevoerde aptekers uit Kuba mee tevrede moet wees.

koos doppies ·

Klink soos die 2004 episode toe Dr Mantu Knoffel wins op medisyne weggeneem het. Honderde apteke het gesluit en die Mediese fondse lag heelpad bank toe. Kyk net hoe lyk Discovery se nuwe multi-miljard kampus in Sandton – dis JOU bloedgeld. Die mediese fondse werk soos ‘n mafia wat die gesondheidswerkers soos dokters, tandartse, aptekers, oogkundiges in die grond in uitroei “om die beste prys vir die klient te gee”, maar die leeuaandeel van die wins in eie sak steek.

Voorspoed met goedkoper medisyne.

Sarel ·

Na 2019 se verkiesing? Nog ‘n ” intelektuele” belofte.

AG tog ·

O jimmel ja . nou gaan hulle alle GENERIESE gemors aan ons afsmeer en die Mediese Fondse gaan vir NIKS anders as die generiese gemors betaal nie . en as jy die oorspronklike produk wil he gaan jy SELF moet betaal .. Hulle is so voorspelbaar.

Ai Toggie ·

1 molekule verander??
So dit beteken die medisyne wat ons in 2015 gekoop het is nie dieselfde as wat ons nou kry nie!!
In my mening werk die mediese vondse en die medisyne maatskappye saam, dis belaglik.
En tandartse? Meeste mediese vondse betaal bitter min vir tandarts prosedures.
Ek moes tand en mond toe gaan vir my voortande wat agv ‘n geval gebreek het, hulle het “caps” opgesit waarvoor ek omtrent 3 maande moes wag vir ‘n afspraak, toe hou dit net omtrent 2 maande en nou sit ek van vooraf met die pyn en my mediese vonds waaraan ons der duisende rande per maand betaal weier om my by te staan.
Dis belaglik, plaas dat hulle kyk na mediese vondse en die medisyne vervaardigers uitlos sodat ons die “real deal” meds kan kry en verseker dat die mediese vondse ons betalings beter voordele bied.

neels ·

O ja en na 2019 verkiesing kan tradisionele geneesers hulle intulektuele eiendom as generiese medisyne verkoop , soos bv, boombas, slangvel, aapsterte en paddas gedroog en in pil vorm beskikbaar vir alle kwale en beskikbaar by alle apteke . Goeie vordering om medisyne goedkoper en meer beskikbaarte maak.

Jip Neels ·

Ook renosterhorings en gerasperde olifanttand en katnaels. Dan gaan jou medies NET daarvoor betaal.

Judge Dredd ·

Ons verruil 1 probleem vir nog ‘n groter probleem.
Goedkoop generiese medisyne wat wangebruik word -nie gebruik word soos dit moet nie – help super kieme(medisyne weerstand kieme) ontwikkel.
Antibiotika werk amper nie meer.
Ek het iewers gelees dat dit vat nagenoeg 7-9 jaar om ‘n nuwe antibiotika op die mark te kry. Terselfde tyd in swak gereguleerde markte vat dit slegs sowat 6 maande voordat kieme begin weerstand opbou teen die medisyne.

GM ·

Cherokee, hulle sê altyd die generiese produkte is presies dieselfde as ‘the real deal’, maar daar is BAIE gevalle waar die generiese produkte nie vir ‘n persoon werk nie. My pa byvoorbeeld, het al in die hospitaal opgeëindig vanweë medikasie wat so met generiese produkte vervang is. Party produkte veroorsaak tachycardia (‘hartkloppings’) ander het ‘n ‘asma aanval’ tot gevolg. Die mediese fonds wil nie altyd vir die oorspronklike produkte betaal nie. Nou moet hul maar self opdok, of kanse waag tot hul ‘n generiese produk vind wat werk. Ander kere werk generiese produkte weer beter as die oorspronklike. Ek dink hul sorg dat die hoofbestanddele dieselfde is as die oorspronklike produk s’n, en dan word die byprodukte vervang met goedkoper/ander stowwe. Of hul verander die konsentrasie van sekere produkte. Daar is natuurlik ook diegene wat nie besef dat ‘n nanogram ‘n verskil kan maak aan die tipe reaksie wat mens kan kry nie, en sodoende word als nie altyd reg afgemeet nie. Dis my opinie.

LEE ·

Plaas kry Dr A (vir slim) ? liewers eers die hospitale in orde, voor hy soos Dr Beetroot met medisyne wil peuter !!
Net soos Dr M ( vir Meesters in Onderwys) nou weer wil gaan peuter aan die verpligte geskiedenis-vak.
Ai tog – hier kom weer ‘n ding…;n Gemors-ding !!
Ek gee op

Johan v H ·

En wat gebeur as matskapeie nie meer hul produkte aan ons land wil verskaf omdat hul eiendomsreg nie beskerm word? Wonder maar net…

vissie ·

Ag ja, ons is nou so gewoond aan grappe ons lag nie eens meer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.