Medscheme herwin miljoene uit bedrog, vermorsing

medies behandeling dokter

Argieffoto (Foto; DarkoStojanovic, Pixabay)

Medscheme, Suid-Afrika se grootste bestuurder van mediese fondse, het R107 miljoen herwin uit vervalste eise en verkwisting en meer as R300 miljoen in verminderde eise deur forensies ondersoeke, het die maatskappy Sondag gesê.

“Medscheme kon deur sy analisestelsel eise identifiseer wat buite die gemiddelde patrone geval het,” het Anthony Pedersen, uitvoerende hoof van Medscheme, ʼn filiaal van AfroCentric Group, gesê. “Ondersoeke oor hierdie eise het bedrog en misbruik bevestig.”

Pedersen maan kliënte om hul state noukeurig na te gaan en presies te verstaan watter eise by hul mediese skemas ingedien word.

“Ons het meer as 1 500 oproepe van fluitjieblasers ontvang wat ons in kennis gestel het van moontlike bedrog, of verkwisting of misbruik teen mediese fondse. Dit is belangrik, want uiteindelik betaal die kliënt vir die bedrog, verkwisting of misbruik of enige verhogings in premies,” het Pedersen bygevoeg.

“Dis jammer dat, solank as wat die mediese fonds steeds bly betaal, pasiënte nooit die fisioterapeut of dieetkundige by die hospitaal vra of dit ʼn noodsaaklike uitgawe was, en of die apteker die generiese middel oorhandig maar vir die duurder oorspronklike medikasie geëis het, en of jou mediese skema dalk reeds die patologiefaktuur betaal het wat jy in die pos ontvang het nie,” het hy gesê.

Bedrog, verkwisting en misbruik is die doelbewuste misleiding of wanvoorstelling van ʼn persoon wat weet iets is vals, of om data só aan te bied dat die betaling verhoog word, of om betalings aan verskaffers te maak nadat pasiënte vir spesifieke dienste verwys is of wanneer verskaffers of pasiënte se identiteite gesteel is.

Volgens die Raad van Gesondheidsorgfondse, is na raming minstens 10% tot 15% van alle eise vervals, misbruik of verkwistend van aard, dit is ʼn noemenswaardige uitgawe in ʼn R150 miljard-bedryf.

Pedersen maan kliënte van mediesefondsskemas om seker te maak dat hulle nie slagoffers van bedrog word nie:
– Hanteer jou mediesefondsnommer soos ʼn kredietkaart; moet dit nooit oor die foon verskaf tensy jy die persoon gebel het nie. As die kaart verloor word of gesteel is, moet dit dadelik by die skema aangemeld word;
– Moenie gratis mediese dienste of -toerusting aanvaar in ruil vir ʼn mediesefondsnommer nie. Maatskappye of individue kan dié nommer onregmatig vir dienste of produkte gebruik wat jy nie ontvang het nie;
– Hersien jou state noukeuring en hou ʼn ogie op dienste wat betaal is, maar nooit ontvang is nie;
– As jy bedrog vermoed, meld dit dadelik aan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Piet Pompies ·

Mediese fondse self is glad nie so onskuldig. My vrou se hernuwing vir kroniese se medikasie vir Cholesterol is afgekeur omdat ‘n lipogram toets gedoen moet word. Ek het die mediese fonds laat weet dat die toets nie nou reg gaan wys aangesien my vrou alreeds 3 jaar cholesterol medikasie gebruik. Die toets is toe wel gedoen, R409 is van my savings verhaal en die chronisie aansoek is weer afgekeur. Na ‘n lang debat is die chroniese medikasie goedgekeur en die R409 word terug betaal. Foute gedurende 2017 is nou nog nie reg gestel.

ag asb ·

sonder enige groot bybetalings? dream on. as hulle skelm genoeg was om te eis vir diens, prosedure, toerusrinf of medisyne wat nie gelewer was nie, hoekom nie die bybetatigs ook nie? hulle wille nie kankerbehandeling, dialise of tandheelkunde betaal nie. vir brille kan jy n bybetaling van minstens r2000 verwag. maar aids behandeling, medisyne en doeke en les bes vitamien aanvullings word 100% gedek. wat vertel dit ons?

Gemaskerde Sopbeen ·

Daar by ons geliefde uitsaaiertjie het hulle so wyle terug ‘n paar eise opgespoor waarvan die fondse gebruik is om ‘n ou voertuigie of twee mee aan te skaf. Suid Afrikaners is so kreatief…

piper ·

ek is in die bedryf. die mense gebruik hulle siekefondskaarte asof dit n krediedkaart is. hulle kry medisynes vir hulle oumas oupas ooms tantes honde katte en wat ook al. mediese fondse kan net hul maandelikse premies verlaag en aan alle oor die toonbank eise vir medisyne net 50% betaal. dit sal n groot besparing bring.

CHRISTA ·

Discovery, wat my ma se mediesefonds was het GEWEIER om haar medikasie vir dementia te betaal!! Sy moes ELKE MAAND amper R1000 uit haar eie sak betaal en sy was ‘n pensioenaris!! Daarom wil Discovery nou hulle eie bank stig -hulle weet nie WAT om met al die geld in hulle kas te maak nie!!!

SjN ·

By POLMED word gesondheids kastrolle geboek deur sekere apteker s teen n fooi, korrupte spul

spekkies ·

dit betaal hulle natuurlik ook 100%. dan gaan druk die speurders by hospitale en klinieke in en eis om dadelik gehelp te word. wat my laat wonder waarvoorwordhulle (polmed) mediesefondse gebruik. nou weet ek.

Koos ·

Ek stem saam met Christa, my vrou het die selfde siekte (Dimentia) en Discovery weier ook haar medikasie. Alhoewel ons ook pensioenarisse is, kos dit n enorme bedrag maandeliks.

Francois ·

Die mediese fondse in die land is net daarop uit om soveel geld as moontlik te maak en so min as moontlik uit te betaal. Dit is hoekom hulle kort kort nuwe truuks uitdink soos spaarplanne, bankdienste, motor versekering, bonus punte en n klomp ander twak om mense te vang. Hulle maak die heeltyd of hulle kliente die skelms is en gebruik dit as n verskoning om weer jou maandelikse betalings op te stoot. Vergelyk hulle maar met medical insurance in regte lande en jy kan duidelik sien hoe jy uitgevreet word. Ek kan nie glo dat mense in die land daarvoor elke keer val nie.

Potlood ·

Ek lees al die kommentare en sien almal is ontevrede met hulle fondse. Stem saam, dis ‘n “las” betaling as ek dit so kan stel. Baie geld net vir ongerief. What if!!! Dis ook moker ingewikkeld…
vir die ouer garde dink bietjie terug na die 90s rond. ek onthou dat dinge darem makliker was toe…
Maar soos met alles in ons liewe land het die regering in getree… Dit is gebreek. Tariewe word nie behoorlik gereguleer nie (was in 2007 laas). Dr’s vra net wat hulle wil. Dan is daar PMB wat soos ‘n oop tjek is en medies moet net betaal… Moet nie eers praat van bedrog nie… Dit is micro management en dit kos vrek baie geld…
al ooit gaan kyk wat kos mediese behandeling deesdae? wat kos een dag in ICU? Hoeveel mense is elke dag in Hospitaal in ICU? Wat van geweld in ons land, en siektes. dan worry julle oor tand en toon pyne…
gaan doen bietjie moeite en lees julle fonde se annual reporting… Ek praat van VREK baie Miljoene wat betaal word. Maar ja, ek voel ook so oor medies betaal…
PS dan wil hulle nou nog NHI ook in bring om dinge Verder te…

marous ·

Waarom ondersoek die mediese fondse nie die korrupte geneeshere en hospitale nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.