“Die universiteit se visekanselier prof. Mahlo Mokgalong het in oorleg met die uitvoerende bestuurskomitee besluit om die kampus te sluit en die studenteraad te ontbind,” het Kgalema Mohuba, woordvoerder van die universiteit, in ‘n verklaring gesê.
Studente is Woensdag beveel om die kampus te verlaat nadat die akademiese jaar onbepaald opgeskort is. Mohuba sê die besluit is geneem weens die hardkoppige gedrag van studente en die studenteraad.
Mohuba sê die universiteit het geduldig die studente geakkommodeer in ‘n poging om ‘n oplossing vir hul lys van eise te vind. “Ongelukkig het die studenteraad gewys hulle steur hulle nie aan die landswette nie. Die studente het hulle tot anargie en blatante kriminaliteit gewend, insluitend brandstigting,” het Mohuba bygevoeg.
Mohuba sê die studenteraad het tydens talle vergaderings dit duidelik gemaak dat hulle sou voortgaan met die betogings. Hy sê die studente het vir sowat twee weke betoog en het ‘n lys van eise aan die universiteit se bestuur oorhandig. “Ons het verskeie kere daarop geantwoord. Hulle eise het net bly toeneem.”
Daar is berig dat studente die kampus se hoofhek en motors aan die brand gesteek het.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
8 Kommentare
Dis nie n probleem nie more word daar weer een vir hulle gebou………………dis hoekom die tipe mense geen waarde heg aan iets nie want hulle kry alles verniet, wat kan dit wees wat hulle eis hulle is studente hulle is daar om te leer nie te eis nie!
En die is nou toekomstige dokters? Vader behoede ons!
“domkoppe” wil dom bly
Wat is die velkleur van die “studente”
Ja en nou sit die klomp op straat, nou wonder ek wat hulle nou gaan beplan, rewolusie? ander kampusse omverwerp? ek sal nie verbaas wees nie.